SlideShare a Scribd company logo
1 of 1
Download to read offline
8 BLOEMNUUS, VRYDAG 7 MAART 2014
Waar woon julle? In Bolshoye
Ozera (wat groot meer beteken) so
350 km suidwes van Krasnoyarsk in
Siberië. Dit is so 4 000 km oos van
Moskou. Die eerste ses jaar was ek
in St. Petersburg.
Was dit ’n groot aanpassing? Aan
die begin was dit ’n groot avon-
tuur. Ek was 21 en het vir enigiets
kans gesien. Later het dit begin pla
dat ek ver van die huis af is. Dit is
natuurlik baie kouer – die koudste
wat ek al beleef het, was -53 °C en
dit was nie die aanvoelbaarheids-
temperatuur nie.
Die weer was egter nie die
grootste aanpassing nie, maar
eerder die leefwyse en die morele
verval hier.
As plaasseun is ek nooit aan die
goed blootgestel waarmee ek
daagliks hier gekonfronteer word
nie, soos straatkinders wat in
rioolpype bly en wie se ledemate
afvrot.
Is die kommunikasie maklik? ’n
Russiese vriend wat in Amerika
gewoon het, het gesê die verskil in
vriendskap tussen Amerikaners en
Russe is soos ’n perske. Om met ’n
Amerikaner vriende te maak is
soos die vleis van die perske. Jy
kom maklik in, maar die vriend-
skap is nie diep nie. Vriendskap
met Russe is soos die pit. Jy kom
baie moeilik in, maar as jy eers in
is, dring jy tot die kern deur en
word soos familie. Dit het ek beleef.
Op die oog af is hulle nors (wie sal
buitendien staan en glimlag as dit
-30 °C is?). As hulle jou egter eers
vertrou, is hulle gasvry en sal hulle
hul laaste stukkie kos met jou deel.
Hoe het jy by die weer aangepas?
Dit is een van die goed waarvoor
ek die bangste was. Toe ons die
eerste keer in St. Petersburg
aangekom het, was dit somer.
Ons klomp Suid-Afrikaners het
in die trein met ons warm winter-
baadjies gestaan en koud gekry.
Deur die venster sien ek toe ’n
klomp seuns swem – poedelnakend
in ’n poel. Dié dag het ek gedink ek
sal geen winter hier oorleef as die
somer so koud is nie, maar 20 jaar
later hanteer ek nie die warm
Suid-Afrikaanse somers so goed
nie.
Wat my egter onkant betrap het,
is die min sonskyn – die son skyn
Seënwense uit SiberiëERNST TOERIEN is in 1994 ná
sy studie aan die Universiteit
van Stellenbosch (US) saam
met ’n groep sendelinge na
St. Petersburg in Rusland. In
1998 het ’n studentevriend hom
aan die Langenhovenpark-ge-
meente in Bloemfontein be-
kend gestel en sedertdien be-
soek Ernst dié gemeente ge-
reeld. “Nadat ek tot bekering
gekom het, wou ek graag sen-
dingwerk doen, maar my on-
derwysers het my aangemoe-
dig om eers te studeer. In my fi-
nale jaar het ek daaraan gedink
om ’n tentmakersendeling in
die een of ander Arabiese land
te word, maar die Heer het my
na Rusland geroep.”
Wel en wee
S Senda Edeling het Chris
Chameleon se CD Herleef op
www.bloemnuus.co.za gewen.
Malie Beukes, Gerda Fourie, S.
Kotze en Sue Pienaar is boeke
ryker.
S Jan Vermeulen van Vermeu-
len-gas het dié winkel op 28
Februarie gesluit, “omdat die
ouderdom hom inhaal”. Die
sakeperseel is aan Morris Turner
Tool Hire verkoop.
S Dié werknemers van EY in
Bloemfontein het hul openbare
praktykeksamen geslaag: Chris
Akers, Estiaan Badenhorst,
Gerhard Botha, Natalie de
Freitas, Luciah Masiu, Melise
van Dyk, Karin van Rensburg
en Kobus Zeeman.
S Dean Elgar, ’n Protea-kolwer,
sal sy krieketloopbaan by die
Titans voortsit. Dié hotklou-kol-
wer het die Knights Maandag van
sy voorneme verwittig.
S Dié Bloemfonteiners is oorlede:
Johanna Magdalena Malan
(1961), Heavies Botha (1928),
Dennis Reade (1931), Ria van
der Walt (1935), Catharina
Johanna Hattingh (1931) en
Betty Zietzman (1962).
S Die bekende prokureurspraktyk
Vermaak en Dennis Ing. het ná
37 jaar besluit om homself in die
Vrystaatse hooggeregshof voorlo-
pig te laat likwideer. Die keerda-
tum van die voorlopige bevel is
10 April.
S Colin Sorour, bestuurder van
die Bloemfontein-gholfklub, gaan
ná 11 jaar die leisels van die klub
oorgee.
Hy het ’n werkaanbod elders
aanvaar.
S Daleen van Wyk en Rider
Haggard het Saterdag ewige trou
aan mekaar in die winkel Red
Claw Comics in die Loch Logan-
waterfront belowe. Die winkel-
eienaar, Karl-Franz Johnson, was
verheug dat die troue in sy
winkel gehou is.
S Graeme Smith (33) het sy
uittrede uit alle internasionale
krieket aangekondig. Graeme het
in 2003 die Proteas se kaptein
geword ná Shaun Pollock se
bedanking en is die eerste kaptein
in wêreldkrieket wat sy land in
meer as 100 toetse gelei het.
S Hillary Spears (80), oudhoof
van die Hoërskool Brebner, is
oorlede. Hillary word oorleef deur
sy vrou, Maurine, sy dogter,
Mary, twee seuns, Timothy en
Peter, asook vyf kleinkinders. ’n
Gedenkdiens word Dinsdag om
17:00 by Brebner vir hom gehou.
S Stuur bydraes vir Wel en Wee
na jens.friis@media24.com.
Ernst Toerien en sy vrou, Betsie, op die Rooiplein voor die St. Basil­kerk. Foto: Verskaf
omtrent net 60 dae ’n jaar. In
Siberië skyn die son darem meer.
Die Siberiërs het ’n sêding: ’n
Siberiër is nie ’n ou wat koud kry
nie, maar ’n ou wat baie klere
aantrek. Hulle sê dit gewoonlik vir
my, want ek hou nie daarvan om
so baie lae klere aan te trek nie.
Vreemde gebruike? Die Russe is
erg bygelowig en het snaakse
gebruike. Daar is die gewones en
dan is daar die vreemdes soos jy
mag nie ’n gelyke getal blomme of
enigiets vir iemand gee nie (dit
beteken jy wens hom dood); as
iemand op jou voet trap, moet jy op
sy voet trap, fluit is uit – as jy
fluit, gaan jy al jou geld verloor en
niemand buiten die ouers mag ’n
pasgebore baba die eerste ses
maande ná sy of haar geboorte sien
nie.
Vreemde sêgoed? ’n Skrywer en
diplomaat het eeue gelede gesê:
“Rossija oemom ne ponjat, v Rossii
tolko mosjes verit.” Jy kan Rusland
nie met jou brein verstaan nie, jy
moet daarin glo. Nog een is “V
rossii net dorogh, tolko napravleni-
je”. In Rusland is daar geen paaie
nie, net rigting.
Hoe verskil Rusland van Suid-
Afrika? Die twee is amper onver-
gelykbaar. Die Russe eet min vleis
(duur) en baie sop en drink
natuurlik baie vodka, veral wat
hulle self stook (al is dit onwettig).
Die meeste Russe bly in woonstelle
en net die superrykes kan ordentli-
ke huise bekostig.
In die dorpies bly die armes ook
in huise, maar dit is klein en
sonder watertoevoer. Hulle het net
krag, so as jy ’n huis met ’n toilet
binne het, beteken dit meestal jy is
ryk en ook maar skelm.
Die burokrasie is erg en korrup-
sie is endemies – van klein tot
groot.
Hoe hanteer die inwoners die
oorgang van kommunisme na
kapitalisme? Stem dit ooreen
met wat in Suid-Afrika gebeur?
Die ou mense het in die 1990’s na
kommunisme teruggehunker, veral
omdat daar volgens hulle meer
stabiliteit was en jy darem een
keer ’n jaar ’n gratis vakansie
gekry het.
Deesdae het ons stabiliteit, maar
beslis geen gratis vakansie nie. Ek
het wel nie onder kommunisme
geleef nie, maar ek kan my indink
dat lewe in Poetin se Rusland baie
soos destyds is. Die land word deur
een man geregeer en enigeen wat
vir hom ’n bedreiging is, word in
die tronk gestop.
Politiek en moreel is die land
vrot van binne, maar wat aan die
wêreld getoon word, is goed, soos
Sotsji se Winterspele.
Ek sou nie sê dit is ’n kapitalis-
tiese land nie – daar is ’n soge-
naamde vryemarkstelsel, maar die
groot ouens beheer alles. Daar is
jaarliks ’n paar dae ’n tekort aan
brandstof.
Die antimonopolisasiekomitee
ondersoek die redes en bevind dat
die verskaffers saamgespan het om
die tekort te skep sodat hulle pryse
kan opstoot. Hulle kry dan ’n klein
boete wat hulle aan die regering
moet betaal (die staat besit die
meeste van die verskaffers), maar
petrolpryse word nooit laer nie.
Om ’n kleinhandelsaak te begin
is moeilik. Jy moet die regte mense
ken en weet hoeveel omkoopgeld
om aan wie te gee.
Ons mense in
die vreemde
Rusland is eerder ’n sosialistiese
as ’n kapitalistiese land. Die mense
maak egter maar vrede daarmee,
bly stil en maak natuurlik grappies
daaroor. Dit is moeilik om te sê of
’n mens dit met Suid-Afrika kan
vergelyk. Sekere mense is hier en
daar dieselfde.
Watter vreemde kos eet hulle?
Niks vreemds nie; hulle is wel lief
vir salo (skoon, gesoute varkvet) en
maak soms slaai en sop met
brandnetels en eet jong varingblare
voordat die blaar oopgaan.
Wat behels jul bediening? Ons
bied Christelike humanitêre kampe
vir kinders uit minder bevoorregte
gesinne en wees- en straatkinders
aan. Die kampe word in die
vakansie by ons huis aangebied.
Dit duur so twee weke en ons
ontvang soms tot 50 kinders. Omdat
die kinders nie kan betaal nie, is
die kampe gratis, maar ’n deel van
die program behels dat die kinders
’n uur ’n dag in die tuin moet werk
om my met die verbouing van
groente te help wat ons dan op die
kamp eet.
Die res van die jaar bly van die
kinders ook by ons as dit vir hulle
te moeilik raak by hul “huise” (die
meeste het nie pa’s nie en soms
verdwyn die ma’s ook).
Hoe ontvanklik is die mense vir
die Woord? In die 1990’s was die
mense baie ontvanklik vir die
Woord, maar deesdae beslis nie.
Mense is skepties en omdat hulle
deesdae dag ná dag vertel word dat
alle Russe Russies-Ortodokse
Christene is en dat enigeen wat nie
Ortodoks is nie, sektante is en die
Russiese kultuur probeer afbreek,
maak dit dit soveel moeiliker om
die Woord aan mense te bring. Ons
is mos die vyand.
Dit sluit ook Russe in wat
lidmate van die Protestantse kerke
is. Hulle glo Protestantse Russe is
landsverraaiers.
Wat is jou gunsteling-Bybelvers?
Psalm 119:9: Hoe kan ’n jong mens
sy lewe skoon hou? Deur hom te hou
aan U Woord! My ma het my dié
vers geleer toe ek skool toe is.
Watter belangrike les het jy daar
geleer? God is oral en mense is
maar almal dieselfde, al verskil
kulture. Die wêreld het ’n behoefte
aan God, so moenie net vir jouself
lewe nie. Sien die nood om jou
raak en doen iets daaraan. As jy
net een kind kan help . . . As die
2 miljard mense wat hulself
Christene noem net 2,5 ander help,
sal daar nie meer iemand in nood
wees nie.
Watter raad het jy vir ander
mense wat sendingwerk wil
doen? Jy moet baie seker wees van
jou roeping – veral die waarheen-
deel. Alle Christene is geroepe,
maar nie almal om so ver soos ons
te gaan nie. Indien jy dink God het
jou geroep, moet jy seker wees dit
is Sy roeping en nie jou avontuur-
gees nie. Dit is harde werk en
verander jou heeltemal.
) Lees meer oor die bediening
by http://www.big-lakes.com/ en
http://www.givengain.com/cau-
se/1364/

More Related Content

Viewers also liked (11)

E business models
E business modelsE business models
E business models
 
Defrezze
DefrezzeDefrezze
Defrezze
 
Masaje+infantil+0
Masaje+infantil+0Masaje+infantil+0
Masaje+infantil+0
 
Grammar focus
Grammar focusGrammar focus
Grammar focus
 
Nombramientos 5 de junio 2012
Nombramientos 5 de junio 2012Nombramientos 5 de junio 2012
Nombramientos 5 de junio 2012
 
Verso janv2008
Verso janv2008Verso janv2008
Verso janv2008
 
Uso clínico del cannabis y sus efectos sobre la salud mental
Uso clínico del cannabis y sus efectos sobre la salud mentalUso clínico del cannabis y sus efectos sobre la salud mental
Uso clínico del cannabis y sus efectos sobre la salud mental
 
Bark & co recent cases
Bark & co recent casesBark & co recent cases
Bark & co recent cases
 
Resistencia en paralelo
Resistencia en paraleloResistencia en paralelo
Resistencia en paralelo
 
Ua2
Ua2Ua2
Ua2
 
Entre o crime e a impunidade
Entre o crime e a impunidadeEntre o crime e a impunidade
Entre o crime e a impunidade
 

BloemNuus-BL-BloemNuus-8

  • 1. 8 BLOEMNUUS, VRYDAG 7 MAART 2014 Waar woon julle? In Bolshoye Ozera (wat groot meer beteken) so 350 km suidwes van Krasnoyarsk in Siberië. Dit is so 4 000 km oos van Moskou. Die eerste ses jaar was ek in St. Petersburg. Was dit ’n groot aanpassing? Aan die begin was dit ’n groot avon- tuur. Ek was 21 en het vir enigiets kans gesien. Later het dit begin pla dat ek ver van die huis af is. Dit is natuurlik baie kouer – die koudste wat ek al beleef het, was -53 °C en dit was nie die aanvoelbaarheids- temperatuur nie. Die weer was egter nie die grootste aanpassing nie, maar eerder die leefwyse en die morele verval hier. As plaasseun is ek nooit aan die goed blootgestel waarmee ek daagliks hier gekonfronteer word nie, soos straatkinders wat in rioolpype bly en wie se ledemate afvrot. Is die kommunikasie maklik? ’n Russiese vriend wat in Amerika gewoon het, het gesê die verskil in vriendskap tussen Amerikaners en Russe is soos ’n perske. Om met ’n Amerikaner vriende te maak is soos die vleis van die perske. Jy kom maklik in, maar die vriend- skap is nie diep nie. Vriendskap met Russe is soos die pit. Jy kom baie moeilik in, maar as jy eers in is, dring jy tot die kern deur en word soos familie. Dit het ek beleef. Op die oog af is hulle nors (wie sal buitendien staan en glimlag as dit -30 °C is?). As hulle jou egter eers vertrou, is hulle gasvry en sal hulle hul laaste stukkie kos met jou deel. Hoe het jy by die weer aangepas? Dit is een van die goed waarvoor ek die bangste was. Toe ons die eerste keer in St. Petersburg aangekom het, was dit somer. Ons klomp Suid-Afrikaners het in die trein met ons warm winter- baadjies gestaan en koud gekry. Deur die venster sien ek toe ’n klomp seuns swem – poedelnakend in ’n poel. Dié dag het ek gedink ek sal geen winter hier oorleef as die somer so koud is nie, maar 20 jaar later hanteer ek nie die warm Suid-Afrikaanse somers so goed nie. Wat my egter onkant betrap het, is die min sonskyn – die son skyn Seënwense uit SiberiëERNST TOERIEN is in 1994 ná sy studie aan die Universiteit van Stellenbosch (US) saam met ’n groep sendelinge na St. Petersburg in Rusland. In 1998 het ’n studentevriend hom aan die Langenhovenpark-ge- meente in Bloemfontein be- kend gestel en sedertdien be- soek Ernst dié gemeente ge- reeld. “Nadat ek tot bekering gekom het, wou ek graag sen- dingwerk doen, maar my on- derwysers het my aangemoe- dig om eers te studeer. In my fi- nale jaar het ek daaraan gedink om ’n tentmakersendeling in die een of ander Arabiese land te word, maar die Heer het my na Rusland geroep.” Wel en wee S Senda Edeling het Chris Chameleon se CD Herleef op www.bloemnuus.co.za gewen. Malie Beukes, Gerda Fourie, S. Kotze en Sue Pienaar is boeke ryker. S Jan Vermeulen van Vermeu- len-gas het dié winkel op 28 Februarie gesluit, “omdat die ouderdom hom inhaal”. Die sakeperseel is aan Morris Turner Tool Hire verkoop. S Dié werknemers van EY in Bloemfontein het hul openbare praktykeksamen geslaag: Chris Akers, Estiaan Badenhorst, Gerhard Botha, Natalie de Freitas, Luciah Masiu, Melise van Dyk, Karin van Rensburg en Kobus Zeeman. S Dean Elgar, ’n Protea-kolwer, sal sy krieketloopbaan by die Titans voortsit. Dié hotklou-kol- wer het die Knights Maandag van sy voorneme verwittig. S Dié Bloemfonteiners is oorlede: Johanna Magdalena Malan (1961), Heavies Botha (1928), Dennis Reade (1931), Ria van der Walt (1935), Catharina Johanna Hattingh (1931) en Betty Zietzman (1962). S Die bekende prokureurspraktyk Vermaak en Dennis Ing. het ná 37 jaar besluit om homself in die Vrystaatse hooggeregshof voorlo- pig te laat likwideer. Die keerda- tum van die voorlopige bevel is 10 April. S Colin Sorour, bestuurder van die Bloemfontein-gholfklub, gaan ná 11 jaar die leisels van die klub oorgee. Hy het ’n werkaanbod elders aanvaar. S Daleen van Wyk en Rider Haggard het Saterdag ewige trou aan mekaar in die winkel Red Claw Comics in die Loch Logan- waterfront belowe. Die winkel- eienaar, Karl-Franz Johnson, was verheug dat die troue in sy winkel gehou is. S Graeme Smith (33) het sy uittrede uit alle internasionale krieket aangekondig. Graeme het in 2003 die Proteas se kaptein geword ná Shaun Pollock se bedanking en is die eerste kaptein in wêreldkrieket wat sy land in meer as 100 toetse gelei het. S Hillary Spears (80), oudhoof van die Hoërskool Brebner, is oorlede. Hillary word oorleef deur sy vrou, Maurine, sy dogter, Mary, twee seuns, Timothy en Peter, asook vyf kleinkinders. ’n Gedenkdiens word Dinsdag om 17:00 by Brebner vir hom gehou. S Stuur bydraes vir Wel en Wee na jens.friis@media24.com. Ernst Toerien en sy vrou, Betsie, op die Rooiplein voor die St. Basil­kerk. Foto: Verskaf omtrent net 60 dae ’n jaar. In Siberië skyn die son darem meer. Die Siberiërs het ’n sêding: ’n Siberiër is nie ’n ou wat koud kry nie, maar ’n ou wat baie klere aantrek. Hulle sê dit gewoonlik vir my, want ek hou nie daarvan om so baie lae klere aan te trek nie. Vreemde gebruike? Die Russe is erg bygelowig en het snaakse gebruike. Daar is die gewones en dan is daar die vreemdes soos jy mag nie ’n gelyke getal blomme of enigiets vir iemand gee nie (dit beteken jy wens hom dood); as iemand op jou voet trap, moet jy op sy voet trap, fluit is uit – as jy fluit, gaan jy al jou geld verloor en niemand buiten die ouers mag ’n pasgebore baba die eerste ses maande ná sy of haar geboorte sien nie. Vreemde sêgoed? ’n Skrywer en diplomaat het eeue gelede gesê: “Rossija oemom ne ponjat, v Rossii tolko mosjes verit.” Jy kan Rusland nie met jou brein verstaan nie, jy moet daarin glo. Nog een is “V rossii net dorogh, tolko napravleni- je”. In Rusland is daar geen paaie nie, net rigting. Hoe verskil Rusland van Suid- Afrika? Die twee is amper onver- gelykbaar. Die Russe eet min vleis (duur) en baie sop en drink natuurlik baie vodka, veral wat hulle self stook (al is dit onwettig). Die meeste Russe bly in woonstelle en net die superrykes kan ordentli- ke huise bekostig. In die dorpies bly die armes ook in huise, maar dit is klein en sonder watertoevoer. Hulle het net krag, so as jy ’n huis met ’n toilet binne het, beteken dit meestal jy is ryk en ook maar skelm. Die burokrasie is erg en korrup- sie is endemies – van klein tot groot. Hoe hanteer die inwoners die oorgang van kommunisme na kapitalisme? Stem dit ooreen met wat in Suid-Afrika gebeur? Die ou mense het in die 1990’s na kommunisme teruggehunker, veral omdat daar volgens hulle meer stabiliteit was en jy darem een keer ’n jaar ’n gratis vakansie gekry het. Deesdae het ons stabiliteit, maar beslis geen gratis vakansie nie. Ek het wel nie onder kommunisme geleef nie, maar ek kan my indink dat lewe in Poetin se Rusland baie soos destyds is. Die land word deur een man geregeer en enigeen wat vir hom ’n bedreiging is, word in die tronk gestop. Politiek en moreel is die land vrot van binne, maar wat aan die wêreld getoon word, is goed, soos Sotsji se Winterspele. Ek sou nie sê dit is ’n kapitalis- tiese land nie – daar is ’n soge- naamde vryemarkstelsel, maar die groot ouens beheer alles. Daar is jaarliks ’n paar dae ’n tekort aan brandstof. Die antimonopolisasiekomitee ondersoek die redes en bevind dat die verskaffers saamgespan het om die tekort te skep sodat hulle pryse kan opstoot. Hulle kry dan ’n klein boete wat hulle aan die regering moet betaal (die staat besit die meeste van die verskaffers), maar petrolpryse word nooit laer nie. Om ’n kleinhandelsaak te begin is moeilik. Jy moet die regte mense ken en weet hoeveel omkoopgeld om aan wie te gee. Ons mense in die vreemde Rusland is eerder ’n sosialistiese as ’n kapitalistiese land. Die mense maak egter maar vrede daarmee, bly stil en maak natuurlik grappies daaroor. Dit is moeilik om te sê of ’n mens dit met Suid-Afrika kan vergelyk. Sekere mense is hier en daar dieselfde. Watter vreemde kos eet hulle? Niks vreemds nie; hulle is wel lief vir salo (skoon, gesoute varkvet) en maak soms slaai en sop met brandnetels en eet jong varingblare voordat die blaar oopgaan. Wat behels jul bediening? Ons bied Christelike humanitêre kampe vir kinders uit minder bevoorregte gesinne en wees- en straatkinders aan. Die kampe word in die vakansie by ons huis aangebied. Dit duur so twee weke en ons ontvang soms tot 50 kinders. Omdat die kinders nie kan betaal nie, is die kampe gratis, maar ’n deel van die program behels dat die kinders ’n uur ’n dag in die tuin moet werk om my met die verbouing van groente te help wat ons dan op die kamp eet. Die res van die jaar bly van die kinders ook by ons as dit vir hulle te moeilik raak by hul “huise” (die meeste het nie pa’s nie en soms verdwyn die ma’s ook). Hoe ontvanklik is die mense vir die Woord? In die 1990’s was die mense baie ontvanklik vir die Woord, maar deesdae beslis nie. Mense is skepties en omdat hulle deesdae dag ná dag vertel word dat alle Russe Russies-Ortodokse Christene is en dat enigeen wat nie Ortodoks is nie, sektante is en die Russiese kultuur probeer afbreek, maak dit dit soveel moeiliker om die Woord aan mense te bring. Ons is mos die vyand. Dit sluit ook Russe in wat lidmate van die Protestantse kerke is. Hulle glo Protestantse Russe is landsverraaiers. Wat is jou gunsteling-Bybelvers? Psalm 119:9: Hoe kan ’n jong mens sy lewe skoon hou? Deur hom te hou aan U Woord! My ma het my dié vers geleer toe ek skool toe is. Watter belangrike les het jy daar geleer? God is oral en mense is maar almal dieselfde, al verskil kulture. Die wêreld het ’n behoefte aan God, so moenie net vir jouself lewe nie. Sien die nood om jou raak en doen iets daaraan. As jy net een kind kan help . . . As die 2 miljard mense wat hulself Christene noem net 2,5 ander help, sal daar nie meer iemand in nood wees nie. Watter raad het jy vir ander mense wat sendingwerk wil doen? Jy moet baie seker wees van jou roeping – veral die waarheen- deel. Alle Christene is geroepe, maar nie almal om so ver soos ons te gaan nie. Indien jy dink God het jou geroep, moet jy seker wees dit is Sy roeping en nie jou avontuur- gees nie. Dit is harde werk en verander jou heeltemal. ) Lees meer oor die bediening by http://www.big-lakes.com/ en http://www.givengain.com/cau- se/1364/