Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...
Wetenskaplike verslag
1.
2. Waaruit bestaan ‘n wetenskaplike
verslag?
1. Doelwit
2. Ondersoek vraag
3. Veranderlikes:
a) Onafhanklike veranderlike
b) Afhanklike veranderlike
c) Gekontroleerde veranderlike
3. 4. Hipotese
5. Apparaat
6. Metode
7. Observasie en resultate
8. Analiese en Interpretasie
9. Gevolgtrekking
10.Evaluasie
4. Wat is ‘n:
• Doelwit:
Die doelwit is die rede vir die eksperiment.
Hoekom doen ons dit?
• Ondersoek vraag:
In die vraag moet jy die verwantskap
tussen die afhanklike en onafhanklike
veranderlikes duidelik maak.
NB! Beide veranderlikes moet teenwoordig
wees en daar MOET ‘n vraagteken wees.
5. • Veranderlikes:
a) Onafhanklike veranderlike:
Dit is wat ONS verander
b) Afhanklike veranderlike:
Wat gaan ons MEET?
c) Gekontroleerde Veranderlike:
Die een wat DIESELFDE bly
* Die onafhanklike veranderlike verander altyd
wanneer die afhanklike veranderlike verander!
6. • Hipotese:
Dit is ‘n stelling wat die verwantskap aandui tussen die
twee veranderlikes. M.a.w. dit is wat jy dink gaan
gebeur. Hierdie stelling kan reg of verkeerd wees.
• Apparaat:
Jy moet die apparaat skets wat gebruik is vir die
eksperiment en lys soos volg:
Gereedskap Chemikalieë
7. • Metode:
Die metode is ‘n stap vir stap verduideliking van hoe
jy die eksperiment uitvoer. Dit moet jou
veranderlikes en hul verhouding met mekaar insluit.
• Waarneming en resultate:
Waarneming: Gedurende die eksperiment het ek
gesien, gehoor, het ek gevoel, het ek gehoor het ek
geruik
Resultate: Moet aangeteken word in n table. Skryf ‘n
opskrif vir die table wat die veranderlikes insluit.
8. • Analiseer en Interpreteer:
Wanneer jy analiseer moet jy ‘n grafiek skets
indien moontlik. Jou Onafhanklike veranderlike is
op jou X-as (Onder) en jou Afhanklike
veranderlike op jou Y-as.
• Interpretasie: lei die verhouding af tussen die
onafhanklike en afhanklike veranderlike deur na die
grafiek te kyk. Doen die nodige berekeninge indien
moontlik. Ondersteun jou resultate deur gebruik te
maak van toepaslike teorie (reëls, wette ens.)
9. • Gevolgtrekking:
Lei ‘n algemene verband af en sê of jou
hipotese reg of verkeerd was.
• Evaluering:
Evalueer die eksperiment en dui aan hoe jy
die ekseriment beter sou kon uitvoer, en wat
verkeerd geloop het. Sê ook waarna jy moet
oplet tydens die experiment .