SlideShare a Scribd company logo
1 of 6
Download to read offline
CHRISTELIKE AFHANKLIKHEIDSBEDIENING OMSENDBRIEF TWEEDE KWARTAAL
2019
Liewe CAB maats!
Sjoe, die eerste kwartaal het omtrent gevlieg! Nog net gister het ons die Kersfees versierings
afgehaal, en nou is dit alweer tyd om die Here Jesus Christus se kruisiging te herdenk. Ek
vertrou dat al ons takke mooi op dreef is, en besig is om die verskil in lewens te maak. En dat
u op verskeie maniere help met die gebrokkenheid van middelafhanklikheid in ons
gemeenskappe. Van ons takke was omtrent besig soos ons kan sien deur onderstaande fotos.
U word hartlik uitgenooi om u CAB aktiwiteite aan ons te stuur.
CAB Ocean view by Night shelter CAB Wesfleur vier hul verjaarsdag
CAB Van Rhynsdorp Streek 6 Streeksbestuursvergadering
CAB Oceanview met Mayor Dan Plato Uitenhage Support Group
CAB Bella Visa tydens hul CAB Sondag
Baie geluk aan die volgende CAB takke wat hul verjaarsdae gevier het in die eerste kwartaal :
Oceanview, Bloemfontein, Eersterivier Suid, en Atlantis. Indien ons nie u tak se naam
genoem het nie, vra ons omverskoning. Hierdie is die takke wat ons in kennis gestel het van
hul verjaarsdae. Ons nooi u graag uit om ons bewus te maak van u verjaarsdag of enige ander
spesiale geleenthede wat u vier.
SKOONMAAKPROJEK
Op Saterdag, 17 Februarie het ons ‘n skoonmaak dag gehad by die kantoor. Groot dank aan
CAB Atlantis wat die motorhuis so pragtig skoon gemaak het en wat beloof het dat dit hul
projek gaan word om self verder skoon te maak en aan te werk.
Ons wil ook baie baie dankie sê aan ‘n gemeente wat anoniem wil bly wat R25 000 geskenk
het vir ons verf projek!! Mag die seën van die Here rus op u goedhartigheid. Ons sal
binnekort begin werk aan die kantoor.
DANKBETUIGINGS
Ons wil aan elke tak en lid wat hul heffings en ledegelde betaal het, baie dankie sê. Sonder u
bydraes kan ons nie funksioneer nie. Ons maak staat op u bydraes ook in 2019-2020. Ons moet
egter uitsondering gee aan die volgende persone wat gereeld pledges gee :
Br J Salie, Br B Storm, Br M Swartz, Br J Martin en Sr M Vaaltyn. Ons waardeer u bydraes.
Groot dank ook aan die volgende gemeentes, CVB takke en CAB takke wat tot op hede so
goedgunstig reageer het op ons skrywes :
VGK Franschoek : R1464.00
VGK Worcester – Sondagskool se Oesfees : R2498.00
CVB Concordia : R1000.00
CVB Darling : R500.00
CVB Wesfleur :R500.00
CAB Bloemfontein :R400.00
Anonieme gemeente :R25 000.00
Graag vra ons takke, indien u gelde inbetaal, dat u sal aandui of dit heffing gelde is of ‘n
donasie.
FONDSINSAMELING
By ons Kongres te Tulbugh, was die idee dat ons ‘n voltydse Direkteur aanstel. Op hierdie
staduim is die CAB nie finansieël in staat om dit te doen nie. Dit beteken dat ek ongelukkig in
‘n tentmaker posisie moet wees. Dit gaan beteken dat ek ten minste twee Sondae in die maand
in die gemeente moet wees, en dit beteken dat ek nie so gereeld CAB takke se eredienste kan
behartig nie. Indien ek nie beskikbaar is nie, is takke meer as welkom om vir Ds Van Rooy te
vra of enige van die Hoofbestuurslede om die diens waar te neem.
Die Dagbestuur het goedgekeur dat ons die opsie ondersoek van 100 mense wat elke maand
R200 sal bydrae vir die volgende 5 jaar sodat ons ‘n voltydse direkteur kan aanstel. Hierdie sal
tydens die Gebiedskongres verder bespreek word met die CAB lede.
WELKOM AAN ONS NUWE TAKKE
Dis met groot blydskap dat ons die nuwe takke verwelkom
• CAB Grabouw
• CAB Van Rhynsdorp
Inligtingsessies was ook gehou by VGK Beacon Valley en Belhar Oos met die oog om
binnekort CAB takke te stig.
GEBIEDSKONGRES
Al die datums is ontvang vir ons gebiedskongresse. Dit sien as volg uit :
• 29-30 Junie : Streke 1, 21 te Riebeek Wes
• 02-04 Augustus : Streke 14,17,22 te Kimberley
• 06-08 September : Streke 5,15 en 20 te Boontjies rivier
• 21-22 September : Streke 2,3,4,16 . Plek sal nog bevestig word.
• 28-29 September : Streke 10,11,13,18,19,24 te Lekkeroord
• 05-06 Oktober : Streke 6,7,8 en 9 te Springbok
Ons vra dat iewers gedurende die Saterdag na middag tyd ingeruim word dat ‘n paar
besluite en die pad vorentoe aan die lede deurgegee word.
Onthou ook van die Gebiedskongres dankoffer wat die Sondag opgeneem sal word tydens die
Erediens.
AKTIWITEITE APRIL-JUNIE
Ons doen weereens ‘n beroep op u as takke, dat indien u wil hê ek moet optree of werkswinkels
of Eredienste hou, moet u ons so spoedig moontlik bel by die kantoor of op my sell nommer.
Die volgende aktiwteite vind plaas in die Tweede kwartaal :
• 6 April : Strategiese beplanning streek 6
• 07 April : CAB Streek 6 Diens te CAB Van Rhynsdorp
• 13 April : Opleiding CAB Newton
• 28 April : CAB diens te CAB Wellington
• 05 Mei : Streek 5 Erediens en streeksvergadering
• 05 Mei : CAB diens te Worcester-Suid
• 23 Junie : Dwelmvrye Sondag te CAB Franschoek
• 29-30 Junie : Gebiedskongres streke 1 &21 te Riebeek Wes.
Weereens, hierdie is datums van takke en streke wat ons in kennis gestel het.
Ons herinner takke daaraan indien u een van die Hoofbestuurslede insluitend Direkteur of
vorige Direkteur nooi vir opleidings of om eredienste te behartig,beloop die onkoste R3.50 per
km. Ons besef hierdie is veral baie vir ons takke wat bietjie ver is. In sulke gevalle, kan u ons
gerus skakel, en ons kan plan maak. Moet egter nie laat dit u verhinder om ons te nooi nie. In
gevalle van Streekopleidings en Gebiedskongresse word die onkoste van die Direkteur deur
die Hoofbestuur gedra.
Kom ons bly biddend vir mekaar wanneer ons geleenthede het.
IN MEMORUIM
Me Lenie Pierce het die Avian Horizon Kids gedurende 2007 in die lewe geroep om drank en
dwelmmisbruik in hierdie bende geteisterde woonbuurt in Worcester te bestry. Uit ‘n klein
kerngroepe het hierdie organisasie sterk gegroei sodat dit aan die einde van 2018 uit ruim 160
jongmense en hul leiers bestaan het. Lenie was verskriklik trots op wat hierdie jongmense, wat
dikwels uit baie moeilike huislike omstandighede gekom het, vermag het. Sy het haar groepie
aan die einde van elke jaar op ‘n uitstappie see toe geneem en aan hulle die geleentheid gebied
om op die manier ook hulle omstandighede vir ‘n wyle te vergeet. Ons betreur haar heengaan
op 19 Februarie 2019 en bid haar kinders en familie God’s rykste vertroosting toe.
Die waarde van die CAB
GEDAGTE VIR DIE MAAND
Ek het een Donderdagaand Ramot aande bygewoon. Ramot is ‘n rehabiltasie sentrum in Parow.
Die ou pasiënte wat die aande bywoon, kon nie genoeg benadruk die belangrikheid van
ondersteuninggroepe na rehabilitasie nie. Daar was baie jongmense wat die sessie bygewoon
het, jongmense van regoor Suid-Afrika. En die een se vraag was: waar kry hy ‘n
ondersteuninggroep na rehabilitasie want dit is te ver om elke keer Ramot toe te ry. En die
antwoord vir my was maklik: Christelike Afhanklikheidsbediening. Ons is werksaam in die
hele Suid-Afrika. En daarom is dit so belangrik dat ons byeenkomste vrugtevol en voedsaam
sal wees. Dat beide die middelafhanklike en diegene wat nie afhanklik is van chemiese
middele, bevredig word. Ons moet toesien dat ons byeenkomste ‘n plek van veiligheid is vir
almal en ‘n plek is wat genesing kan bied vir die pyn wat afhanklikheid veroorsaak.
Ek herinner u net weer aan die gevaarpunte om te help dat CAB byeenkomste nie struikel nie:
• Persone wat nog nooit probleme met dwelms ondervind het, mag nie die byeenkomste
oorheers nie
• Moenie die byeenkoms met sederpreke oorlaai nie
• Aanvaar mekaar op gelyke voet
• Laat veral die dwelmafhanklikes toe om die tempo van byeenkoms/ontwikkeling van
die CAB aan te dui
• Moet nie laat die byeenkomste ‘n debat word oor watter tipe funksie gehou moet word
nie
• Laat Jesus Christus altyd in die midde wees en vermy menslike weldoenery
CAB Groete
Ds Williams

More Related Content

Featured

Product Design Trends in 2024 | Teenage Engineerings
Product Design Trends in 2024 | Teenage EngineeringsProduct Design Trends in 2024 | Teenage Engineerings
Product Design Trends in 2024 | Teenage EngineeringsPixeldarts
 
How Race, Age and Gender Shape Attitudes Towards Mental Health
How Race, Age and Gender Shape Attitudes Towards Mental HealthHow Race, Age and Gender Shape Attitudes Towards Mental Health
How Race, Age and Gender Shape Attitudes Towards Mental HealthThinkNow
 
AI Trends in Creative Operations 2024 by Artwork Flow.pdf
AI Trends in Creative Operations 2024 by Artwork Flow.pdfAI Trends in Creative Operations 2024 by Artwork Flow.pdf
AI Trends in Creative Operations 2024 by Artwork Flow.pdfmarketingartwork
 
PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024
PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024
PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024Neil Kimberley
 
Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)
Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)
Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)contently
 
How to Prepare For a Successful Job Search for 2024
How to Prepare For a Successful Job Search for 2024How to Prepare For a Successful Job Search for 2024
How to Prepare For a Successful Job Search for 2024Albert Qian
 
Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie Insights
Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie InsightsSocial Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie Insights
Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie InsightsKurio // The Social Media Age(ncy)
 
Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024
Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024
Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024Search Engine Journal
 
5 Public speaking tips from TED - Visualized summary
5 Public speaking tips from TED - Visualized summary5 Public speaking tips from TED - Visualized summary
5 Public speaking tips from TED - Visualized summarySpeakerHub
 
ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd
ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd
ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd Clark Boyd
 
Getting into the tech field. what next
Getting into the tech field. what next Getting into the tech field. what next
Getting into the tech field. what next Tessa Mero
 
Google's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search Intent
Google's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search IntentGoogle's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search Intent
Google's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search IntentLily Ray
 
Time Management & Productivity - Best Practices
Time Management & Productivity -  Best PracticesTime Management & Productivity -  Best Practices
Time Management & Productivity - Best PracticesVit Horky
 
The six step guide to practical project management
The six step guide to practical project managementThe six step guide to practical project management
The six step guide to practical project managementMindGenius
 
Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...
Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...
Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...RachelPearson36
 
Unlocking the Power of ChatGPT and AI in Testing - A Real-World Look, present...
Unlocking the Power of ChatGPT and AI in Testing - A Real-World Look, present...Unlocking the Power of ChatGPT and AI in Testing - A Real-World Look, present...
Unlocking the Power of ChatGPT and AI in Testing - A Real-World Look, present...Applitools
 
12 Ways to Increase Your Influence at Work
12 Ways to Increase Your Influence at Work12 Ways to Increase Your Influence at Work
12 Ways to Increase Your Influence at WorkGetSmarter
 

Featured (20)

Product Design Trends in 2024 | Teenage Engineerings
Product Design Trends in 2024 | Teenage EngineeringsProduct Design Trends in 2024 | Teenage Engineerings
Product Design Trends in 2024 | Teenage Engineerings
 
How Race, Age and Gender Shape Attitudes Towards Mental Health
How Race, Age and Gender Shape Attitudes Towards Mental HealthHow Race, Age and Gender Shape Attitudes Towards Mental Health
How Race, Age and Gender Shape Attitudes Towards Mental Health
 
AI Trends in Creative Operations 2024 by Artwork Flow.pdf
AI Trends in Creative Operations 2024 by Artwork Flow.pdfAI Trends in Creative Operations 2024 by Artwork Flow.pdf
AI Trends in Creative Operations 2024 by Artwork Flow.pdf
 
Skeleton Culture Code
Skeleton Culture CodeSkeleton Culture Code
Skeleton Culture Code
 
PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024
PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024
PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024
 
Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)
Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)
Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)
 
How to Prepare For a Successful Job Search for 2024
How to Prepare For a Successful Job Search for 2024How to Prepare For a Successful Job Search for 2024
How to Prepare For a Successful Job Search for 2024
 
Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie Insights
Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie InsightsSocial Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie Insights
Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie Insights
 
Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024
Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024
Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024
 
5 Public speaking tips from TED - Visualized summary
5 Public speaking tips from TED - Visualized summary5 Public speaking tips from TED - Visualized summary
5 Public speaking tips from TED - Visualized summary
 
ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd
ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd
ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd
 
Getting into the tech field. what next
Getting into the tech field. what next Getting into the tech field. what next
Getting into the tech field. what next
 
Google's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search Intent
Google's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search IntentGoogle's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search Intent
Google's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search Intent
 
How to have difficult conversations
How to have difficult conversations How to have difficult conversations
How to have difficult conversations
 
Introduction to Data Science
Introduction to Data ScienceIntroduction to Data Science
Introduction to Data Science
 
Time Management & Productivity - Best Practices
Time Management & Productivity -  Best PracticesTime Management & Productivity -  Best Practices
Time Management & Productivity - Best Practices
 
The six step guide to practical project management
The six step guide to practical project managementThe six step guide to practical project management
The six step guide to practical project management
 
Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...
Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...
Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...
 
Unlocking the Power of ChatGPT and AI in Testing - A Real-World Look, present...
Unlocking the Power of ChatGPT and AI in Testing - A Real-World Look, present...Unlocking the Power of ChatGPT and AI in Testing - A Real-World Look, present...
Unlocking the Power of ChatGPT and AI in Testing - A Real-World Look, present...
 
12 Ways to Increase Your Influence at Work
12 Ways to Increase Your Influence at Work12 Ways to Increase Your Influence at Work
12 Ways to Increase Your Influence at Work
 

CAB Omsendbrief 2de kwartaal 2019

  • 1. CHRISTELIKE AFHANKLIKHEIDSBEDIENING OMSENDBRIEF TWEEDE KWARTAAL 2019 Liewe CAB maats! Sjoe, die eerste kwartaal het omtrent gevlieg! Nog net gister het ons die Kersfees versierings afgehaal, en nou is dit alweer tyd om die Here Jesus Christus se kruisiging te herdenk. Ek vertrou dat al ons takke mooi op dreef is, en besig is om die verskil in lewens te maak. En dat u op verskeie maniere help met die gebrokkenheid van middelafhanklikheid in ons gemeenskappe. Van ons takke was omtrent besig soos ons kan sien deur onderstaande fotos. U word hartlik uitgenooi om u CAB aktiwiteite aan ons te stuur. CAB Ocean view by Night shelter CAB Wesfleur vier hul verjaarsdag CAB Van Rhynsdorp Streek 6 Streeksbestuursvergadering
  • 2. CAB Oceanview met Mayor Dan Plato Uitenhage Support Group CAB Bella Visa tydens hul CAB Sondag Baie geluk aan die volgende CAB takke wat hul verjaarsdae gevier het in die eerste kwartaal : Oceanview, Bloemfontein, Eersterivier Suid, en Atlantis. Indien ons nie u tak se naam genoem het nie, vra ons omverskoning. Hierdie is die takke wat ons in kennis gestel het van hul verjaarsdae. Ons nooi u graag uit om ons bewus te maak van u verjaarsdag of enige ander spesiale geleenthede wat u vier. SKOONMAAKPROJEK Op Saterdag, 17 Februarie het ons ‘n skoonmaak dag gehad by die kantoor. Groot dank aan CAB Atlantis wat die motorhuis so pragtig skoon gemaak het en wat beloof het dat dit hul projek gaan word om self verder skoon te maak en aan te werk. Ons wil ook baie baie dankie sê aan ‘n gemeente wat anoniem wil bly wat R25 000 geskenk het vir ons verf projek!! Mag die seën van die Here rus op u goedhartigheid. Ons sal binnekort begin werk aan die kantoor.
  • 3. DANKBETUIGINGS Ons wil aan elke tak en lid wat hul heffings en ledegelde betaal het, baie dankie sê. Sonder u bydraes kan ons nie funksioneer nie. Ons maak staat op u bydraes ook in 2019-2020. Ons moet egter uitsondering gee aan die volgende persone wat gereeld pledges gee : Br J Salie, Br B Storm, Br M Swartz, Br J Martin en Sr M Vaaltyn. Ons waardeer u bydraes. Groot dank ook aan die volgende gemeentes, CVB takke en CAB takke wat tot op hede so goedgunstig reageer het op ons skrywes : VGK Franschoek : R1464.00 VGK Worcester – Sondagskool se Oesfees : R2498.00 CVB Concordia : R1000.00 CVB Darling : R500.00 CVB Wesfleur :R500.00 CAB Bloemfontein :R400.00 Anonieme gemeente :R25 000.00
  • 4. Graag vra ons takke, indien u gelde inbetaal, dat u sal aandui of dit heffing gelde is of ‘n donasie. FONDSINSAMELING By ons Kongres te Tulbugh, was die idee dat ons ‘n voltydse Direkteur aanstel. Op hierdie staduim is die CAB nie finansieël in staat om dit te doen nie. Dit beteken dat ek ongelukkig in ‘n tentmaker posisie moet wees. Dit gaan beteken dat ek ten minste twee Sondae in die maand in die gemeente moet wees, en dit beteken dat ek nie so gereeld CAB takke se eredienste kan behartig nie. Indien ek nie beskikbaar is nie, is takke meer as welkom om vir Ds Van Rooy te vra of enige van die Hoofbestuurslede om die diens waar te neem. Die Dagbestuur het goedgekeur dat ons die opsie ondersoek van 100 mense wat elke maand R200 sal bydrae vir die volgende 5 jaar sodat ons ‘n voltydse direkteur kan aanstel. Hierdie sal tydens die Gebiedskongres verder bespreek word met die CAB lede. WELKOM AAN ONS NUWE TAKKE Dis met groot blydskap dat ons die nuwe takke verwelkom • CAB Grabouw • CAB Van Rhynsdorp Inligtingsessies was ook gehou by VGK Beacon Valley en Belhar Oos met die oog om binnekort CAB takke te stig. GEBIEDSKONGRES Al die datums is ontvang vir ons gebiedskongresse. Dit sien as volg uit : • 29-30 Junie : Streke 1, 21 te Riebeek Wes • 02-04 Augustus : Streke 14,17,22 te Kimberley • 06-08 September : Streke 5,15 en 20 te Boontjies rivier • 21-22 September : Streke 2,3,4,16 . Plek sal nog bevestig word. • 28-29 September : Streke 10,11,13,18,19,24 te Lekkeroord • 05-06 Oktober : Streke 6,7,8 en 9 te Springbok Ons vra dat iewers gedurende die Saterdag na middag tyd ingeruim word dat ‘n paar besluite en die pad vorentoe aan die lede deurgegee word. Onthou ook van die Gebiedskongres dankoffer wat die Sondag opgeneem sal word tydens die Erediens.
  • 5. AKTIWITEITE APRIL-JUNIE Ons doen weereens ‘n beroep op u as takke, dat indien u wil hê ek moet optree of werkswinkels of Eredienste hou, moet u ons so spoedig moontlik bel by die kantoor of op my sell nommer. Die volgende aktiwteite vind plaas in die Tweede kwartaal : • 6 April : Strategiese beplanning streek 6 • 07 April : CAB Streek 6 Diens te CAB Van Rhynsdorp • 13 April : Opleiding CAB Newton • 28 April : CAB diens te CAB Wellington • 05 Mei : Streek 5 Erediens en streeksvergadering • 05 Mei : CAB diens te Worcester-Suid • 23 Junie : Dwelmvrye Sondag te CAB Franschoek • 29-30 Junie : Gebiedskongres streke 1 &21 te Riebeek Wes. Weereens, hierdie is datums van takke en streke wat ons in kennis gestel het. Ons herinner takke daaraan indien u een van die Hoofbestuurslede insluitend Direkteur of vorige Direkteur nooi vir opleidings of om eredienste te behartig,beloop die onkoste R3.50 per km. Ons besef hierdie is veral baie vir ons takke wat bietjie ver is. In sulke gevalle, kan u ons gerus skakel, en ons kan plan maak. Moet egter nie laat dit u verhinder om ons te nooi nie. In gevalle van Streekopleidings en Gebiedskongresse word die onkoste van die Direkteur deur die Hoofbestuur gedra. Kom ons bly biddend vir mekaar wanneer ons geleenthede het. IN MEMORUIM Me Lenie Pierce het die Avian Horizon Kids gedurende 2007 in die lewe geroep om drank en dwelmmisbruik in hierdie bende geteisterde woonbuurt in Worcester te bestry. Uit ‘n klein kerngroepe het hierdie organisasie sterk gegroei sodat dit aan die einde van 2018 uit ruim 160 jongmense en hul leiers bestaan het. Lenie was verskriklik trots op wat hierdie jongmense, wat dikwels uit baie moeilike huislike omstandighede gekom het, vermag het. Sy het haar groepie aan die einde van elke jaar op ‘n uitstappie see toe geneem en aan hulle die geleentheid gebied om op die manier ook hulle omstandighede vir ‘n wyle te vergeet. Ons betreur haar heengaan op 19 Februarie 2019 en bid haar kinders en familie God’s rykste vertroosting toe.
  • 6. Die waarde van die CAB GEDAGTE VIR DIE MAAND Ek het een Donderdagaand Ramot aande bygewoon. Ramot is ‘n rehabiltasie sentrum in Parow. Die ou pasiënte wat die aande bywoon, kon nie genoeg benadruk die belangrikheid van ondersteuninggroepe na rehabilitasie nie. Daar was baie jongmense wat die sessie bygewoon het, jongmense van regoor Suid-Afrika. En die een se vraag was: waar kry hy ‘n ondersteuninggroep na rehabilitasie want dit is te ver om elke keer Ramot toe te ry. En die antwoord vir my was maklik: Christelike Afhanklikheidsbediening. Ons is werksaam in die hele Suid-Afrika. En daarom is dit so belangrik dat ons byeenkomste vrugtevol en voedsaam sal wees. Dat beide die middelafhanklike en diegene wat nie afhanklik is van chemiese middele, bevredig word. Ons moet toesien dat ons byeenkomste ‘n plek van veiligheid is vir almal en ‘n plek is wat genesing kan bied vir die pyn wat afhanklikheid veroorsaak. Ek herinner u net weer aan die gevaarpunte om te help dat CAB byeenkomste nie struikel nie: • Persone wat nog nooit probleme met dwelms ondervind het, mag nie die byeenkomste oorheers nie • Moenie die byeenkoms met sederpreke oorlaai nie • Aanvaar mekaar op gelyke voet • Laat veral die dwelmafhanklikes toe om die tempo van byeenkoms/ontwikkeling van die CAB aan te dui • Moet nie laat die byeenkomste ‘n debat word oor watter tipe funksie gehou moet word nie • Laat Jesus Christus altyd in die midde wees en vermy menslike weldoenery CAB Groete Ds Williams