Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...
2013 aansoek & reels
1. UITSTALLERS
AANSOEKVORM
21 Maart 2013
BESONDERHEDE VAN UITSTALLERS:
NAAM VAN MAATSKAPPY/UITSTALLER: ______________________________________________
KONTAK PERSOON: __________________________________________________________
TEL NO: _________________________ FAKS NO: _________________________
E-POS ADRES: __________________________________________________________
PRODUKTE WAT UITGESTAL OF VERKOOP WORD: ______________________________________
____________________________________________________________________________
KRAG BENODIGHEDE: (bo 5 amp moet verklaar word en sal addisionele fooi gehef word)
____________________________________________________________________________
Die organiseerders behou die reg voor om te besluit welke produkte uitgestal mag word en om enige aansoek binne
uitsluitlike diskressie af te keur. Terme en voorwaardes geld. Met ondertekening van enige aansoek word die reëls en
regulasies en die voorwaardes aanvaar. In geval van suksesvolle aansoek betree die applikant die terrein op eie risiko en
onderhewig aan sodanige reëls, regulasies en voorwaardes soos bepaal deur die organiseerders.
SPASIE VERLANG: (merk asb met X in blokkie) KATEGORIE: (merk asb met X in blokkie)
3m x 3m R 300.00 Kos en drinkgoed (geen alkohol)
3m x 6m R 500.00 Arts en Crafts (handewerk)
5m x 5m R1 000.00 Klere
5m x 8m R1 500.00 Gesondheid/skoonheid/oefening
5m x 10m R1 800.00 Besighede
10m x 10m R2 500.00 Motor Expo (motors/bybehore)
Parkering R 100.00 Kuns (skilderye, beeldhou ens)*
Stokperdjies
Groen Stalletjies
Ander
__________________ ______________________
DATUM HANDTEKENING
2. Terme en Voorwaardes:
1. Die Jolliejik Fees vind plaas op donderdag 21 Maart (vakansiedag) vanaf 09h00 tot 22h00
2. Die Fees vind plaas by Jim Fouche Hoërskool, Bloemfontein
3. Die Aansoekvorm moet volledig voltooi word en ge-epos word na blackwhite@mweb.co.za vir goedkeuring
4. ‘n AFskrif van die ID dokument van die kontakpersoon/uitstaller moet die aansoekvorm vergesel
5. Die Organiseerders behou die reg voor om enige aansoek af te keur
6. Aansoeke vir uitstalruimtes sluit op 23 Februarie 2013
7. Aansoeke sal werk op ‘n “first come, first served” basis
8. Met goedkeuring van u aansoek sal die uitleg, besprekingsvorms en bankbesonderhede aan u ge e-pos word
9. Die volle bedrag is onmiddellik betaalbaar met die bespreking van u stalletjie nr
10. Geen besprekings en betalings sal aanvaar word na 1 Maart 2013 nie
11. Geen kansellasie fooi is terugbetaalbaar nie
12. Dit is die verantwoordelikheid van die uitstaller om enige logo’s in j-peg formaat aan te stuur vir plasing op die
webtuiste
13. Kos stalletjies moet aan gesondheidsregulasies en wetgewing voldoen en moet hul eie brandblussers voorsien
14. Kos stalletjies moet ten alle tye ‘n hoë standaard handhaaf en kan deur die organiseerders versoek word om die
terrein te verlaat sou daar nie voldoen word aan die vereistes nie
15. Die Organiseerders neem geen verantwoordelikheid vir enige onvoorsiene omstandighede soos reën, wind, storms,
geweld, diefstal en enige ander omstandighede buite die beheer van die organiseerders nie
16. Geen fooie is terugbetaalbaar sou die fees om enige rede nie plaasvind nie soos uiteengesit in punt 13
17. Alle uitstallers kan die oggend tussen 06h00 en 06h30 registreer op die feesterrein en die nodige permitte afhaal
18. Elke uitstaller sal ‘n permit ontvang om die terrein met hul motor te betree – slegs 2 insittendes per motor sal
toegelaat word wat beteken dat elke uitstaller 2 gratis kaartjies ontvang om die fees te betree
19. Enige addisionele kaartjies kan by die hekke aangekoop word @ R70 per kaartjie vir volwassene, R30 per kind onder
12. Kinders onder 5 sal gratis toegelaat word.
20. Uitstallers mag vanaf 06h30 tot 08h00 op 21 Maart 2013 hul stalletjies gereed kry
21. Alle motors moet teen 08h00 verwyder wees
22. Spesiale parkering sal vir uitstallers gereel word @ R100 per parkeerplek vir die dag binne die skool terrein
23. Buite uitstallers moet hul eie Gazebo, tafels en stoele verskaf
24. Alle uitstallers moet teen 08h00 gereed wees vir die Organiseerders om seker te maak dat alle uitstallers aan die
vereistes voldoen
25. Alle stalletjies moet ten alle tye netjies wees
26. Alle stalletjies moet ten alle tye beman word
27. Geen uitstaller sal toegelaat word om voor 22h00 die aand op te pak nie
28. Geen voertuie sal deur die dag of aand voor 22h00 toegelaat word nie
29. Elke uitstaller moet sy uitstalruimte behoorlik opruim tydens afslaan
3. 30. Uitstallers word toegelaat om advertensieborde en bemarkingsmateriaal binne u uitstalruimte te vertoon en uit te
deel met die voorwaarde dat dit nie die stalletjie aan u weerskante se sig belemmer nie
31. Geen klanksisteme sal toegelaat word sonder skriftelike versoek en voorafgoedkeuring van die organiseerders nie
32. Geen aankondigings mag deur uitstallers self gedoen word nie
33. Jolliejik Fees verskaf sekuriteit maar sal geen verantwoordelikheid aanvaar vir enige verliese of skade nie en sal die
uitstalruimte insluitende alle items, produkte ens ten alle tye die uitstaller se verantwoordelikheid bly
34. Geen uitstaller word toegelaat om pamflette op die fees terrein uit te deel behalwe binne u uitstalruimte nie
35. Uitstallers is verantwoordelik vir hul eie reis- en verblyfreelings
36. Geen wangedrag, geweld, bakleiery en swak taal sal geduld word nie en is dit die Organiseerders se reg om enige
uitstaller te verwyder van die Feesterrein sou die uitstaller hom/haar skuldig maak aan enige vorm van wangedrag
37. Die uitstaller sal versoek word om die terrein te verlaat as dit onder die aandag van die Organiseerders kom dat enige
produkte verkoop word deur die uitstaller wat nie op die aansoekvorm gemeld is nie
38. Die aansoeker/uitstaller betree die Jollie Jik Fees op eie risiko en onderworpe aan die Terme en Voorwaardes
uiteengesit deur die Organiseerders. Die Organiseerders, borge, bestuur, werkers en enige ander persoon betrokke
by die fees aanvaar gee aanspreeklikheid vir enige verliese of skade, dood of beserings van enige aard nie.
HIermee aanvaar ek ______________________________ as aansoeker met ID _______________________
bogemelde Terme en Voorwaardes en onderneem om te alle tye daarby te hou.
Geteken te ______________________ op hierdie ______dag van _____________ 20___.
_________________ _______________________________
DATUM HANDTEKENING