1. Werknemers is nie besittings nie.
Alhoewel werk soek ‘n werk opsig self is, en mens in die ekonomiese klimaat van vandag moet vashou
aan ‘n werk as jy een het, is dit ook waar dat die verkeerde pos ‘n lewenslange uitwerking op jou geluk
en gesondheid kan hê. Talle mense kom oor ons drumpel en is op depressie medikasie of een of ander
vorm van medikasie om spanning teen te werk. Uit al die verhale kan ek dus die gevolgtrekking maak
dat werk nie net iets is om brood op die tafel te sit nie, maar ook kardinaal is vir self verwesenlikking.
Graag deel ek dan ook met werkgewers dat daar nie net ‘n morele implikasie is ten opsigte van die
bestuur van jou span nie, maar ook ‘n wetlikke implikasie. Volgens die arbeidswet staan werkgewer en
werknemer in ‘n ekonomiese kontrak met mekaar waar die werkgewer die werknemer vergoed vir
dienste gelewer. Hier is waar die moeilikheid ontstaan. Dit is altyd nodig om seker te maak dat die
dienste wat jy verlang billik, en wettig is.
Daar is talle gevalle waar werkgewers ook emosionele druk
uitoefen op werknemers bv: “ Ek is baie teleurgesteld in jou
omdat jy my nie kom help trek nie” – “ Omdat jy nie in jou vrye
tyd saam met ons wil kuier nie gaan ons jou ook nie by die werk
ondersteun nie”. Hierdie tipe manupilasie van werkgewers is ‘n
werklikheid en baie gevaarlik. Onbilikke arbeidspraktyk is nie ‘n
saak wat jou by die CCMA gaan laat opeindig nie, maar in die
Arbeidshof, hier gaan jy vir talle kostes moet pa staan terwyl die
werknemer nie sent hoef te betaal nie.
Studies dui ook daarop dat 90% van Suid Afrikaners negatief is by die werk, dit wil se 9 uit 10 mense wat
vir jou werk is nie daar omdat hulle daar wil wees nie, en ook nie omdat dit vir hulle lekker is nie.
Verdere studies toon dat 31% van werknemers konstant by die werk geboelie word, en die gevolge
hiervan is fisies en geestelik. Van die gevolge sluit in: Slapeloosheid, eet versteurings, hoofpyne, maag
pyne en vele meer(Martin & Martin, 2010; Vessey, Demarco, Gaffney & Budin, 2009). Buiten die fisiese
simptome is daar ‘n direkte verband met sielkundige letsles soos paniek aanvalle, depressie, angs,
verlaagde selfbeeld en stres (Cowie, Naylor, Rivers, Smith & Pereira, 2002; Vessy, et al., 2009).
Om dinge te vergemaklik is dit in belang van beide werkgewer en werknemer om te alle tye
professioneel op te tree. Dit is nie nodig om werknemers in jou persoonlikke ruimte toe te laat nie, dit is
immers gevaarlik. As werknemer is dit jou plig om ‘n gesonde afstand van politiek en en jou seniors te
hou. Verhouding sonder die wet is moeilik, gelukkig het ons in die arbeidsmark ‘n riglyn om te gebruik.
Dit is die taak van werkgewers om verantwoordelik op te tree, en van baas na leier te beweeg. Wees die
leier wat bou en groei, nie die een wat manupileer en afbreek nie. Om ‘n werkgewer te wees is nie net
‘n titel nie, maar ‘n reuse verantwoordelikhied.
Waarvoor wil jy eendag onthou word?