SlideShare a Scribd company logo
1 of 39
Download to read offline
Operasie Savannah in Koerante, circa 1975-1976:
’n Vergelykende Studie tussen Die Burger, The Cape Times en die
Rand Daily Mail.
deur
Angelique Cronjé
Oktober 2015
Studie Leier: Prof. A Grundlingh
I
VERKLARING
Deur hierdie opstel in te lewer, verklaar ek, Angelique Cronjé, dat die geheel van die werk
hierin vervat, my eie, oorspronklike werk is, dat ek die outeursreg eienaar daarvan is
(behalwe tot die mate uitdruklik anders aangedui) en dat ek dit nie vantevore, in die geheel of
gedeeltelik, ter verkryging van enige kwalifikasie aangebied het nie.
A. Cronjé
Datum: 30 Oktober 2015
Kopiereg © 2015 Stellenbosch Universiteit.
Alle regte voorbehou.
II
ABSTRAK
Tydens die Grensoorlog - en meer spesifiek Operasie Savannah wat plaasgevind het in 1975
en 1976 - het die Suid-Afrikaanse troepe hulself vir die eerste keer diep in Angola bevind.
Gedurende hierdie Operasie was die Suid-Afrikaanse media verbied om enige inligting te
publiseer oor die land se rol in die oorlog. Die Verdedigingswet van 1957 en die Wet op
Publikasies van 1974 was twee wette wat bevestig het dat enige inligting oor die Suid-
Afrikaanse Weermag troepe of hul planne nie sonder die toestemming van die minister van
Verdediging gepubliseer word nie. Dit het uiteraard ’n groot impak gehad op die Suid-
Afrikaanse publiek. Inligting oor die troepe, insluitende inligting oor sterfte getalle, vordering
in die oorlog en waar die jong manne hulle self bevind is gereeld van die publiek in Suid-
Afrika weerhou. Hierdie studie wys hoe media en meer spesifiek Suid-Afrikaanse koerante
beïnvloed is deur die regering oor wat hul gedurende Operasie Savannah mag publiseer het.
Daar word gekyk na drie verskillende koerante naamlik Die Burger, The Cape Times en die
Rand Daily Mail en hoe die inligting wat in die verskillende koerante gepubliseer is, verskil
het. Dit blyk duidelik uit navorsing dat die bogenoemde koerante verskillende perspektiewe
het oor wat hul gepoog het om te publiseer. Die koerante se politieke standpunt het ’n verskil
gemaak in die inligting wat hulle met die Suid-Afrikaanse publiek gedeel het. Gereeld word
verkeerde inligting gepubliseer, partykeer met opset en ander kere per ongeluk en die publiek
is nie altyd bewus van die werklikheid en realiteit nie. Die uitkoms van die navorsing gedoen
vir hierdie studie sal bydra tot die verstaan oor die impak van die media op die publiek,
omdat die publiek in die verlede en vandag nog hul vertroue in koerante sit en glo wat
gepubliseer word.
III
INHOUDSOPGAWE
Bladsy
1. Inleiding 1
2. Historiografie 3
3. “Die Sade van Opstand is Gesaai en Gemaai”: Grensoorlog Oorsprong
en Agtergrond 5
4. “Reëls en Regulasies”: Die Verdedigingswet 44 van 1957 en Die Wet op
Publikasies 42 van 1974 10
5. “Operasie Savannah Beriggewing”:
5.1 Die Eerste Maande: Julie tot Oktober 1975 13
5.2 Hoogtepunt: November en Desember 1975 18
5.3 Afloop: Januarie tot Maart 1975 22
6. “Die Pers as Opposisie”: Gevolgtrekkings 24
7. “Picture this”: Die Rol van Spotprente In Koerante 27
8. Slot 32
Bibliografie 33
IV
LYS VAN ILLUSTRASIES
Figuur 1: “Angola: The Truth” deur Abe Berry
Figuur 2: “Angola” deur Fred Mouton
1
1. Inleiding
Op 23 Oktober 1975 het die Suid Afrikaanse Weermag (SAW) se Taakmag; naamlik, Zulu,
Angola binnegedring. Hierdie aanval, bekend as Operasie Savannah, is nie aan Suid
Afrikaanse publiek verkondig nie. Dit beteken dat géén Suid-Afrikaners, insluitend die
familie en vriende van die troepe, geweet het hoe diep in Angola die SAW hulself bevind het
nie. Alhoewel nuus oor Suid-Afrika in Angola wyd in internasionale media verskyn het, het
Eerste minister BJ Vorster enige nuus oor die troepe, insluitende inligting oor sterfte getalle,
vordering in die oorlog en waar die jong manne hulle self bevind van die Suid-Afrikaanse
publiek weerhou.
Die Suid-Afrikaanse publiek het gedurende Operasie Savannah na koerante gedraai om
inligting oor die SAW te kry. Televisie was ook gedurende dieselfde tydperk nie werklik
beskikbaar vir die alledaagse persoon op straat nie en dus was koerante die grootste bron van
inligting vir die Suid-Afrikaanse publiek. Families, vriende en belangstellendes het dit wat in
die media gepubliseer is, geglo en vertrou. Twee wette wat ’n groot impak gehad het op
watter inligting oor Suid-Afrika se inval in Angola met die publiek gedeel het, was die
Verdedigingswet van 1957 en die Wet op Publikasies van 1974. Die invloed van hierdie
wette op koerante het uiteraard ’n groot impak op die Suid-Afrikaanse publiek gehad.
Drie van die bekendste koerante van daardie tyd is Die Burger, The Cape Times en Die Rand
Daily Mail. Hierdie drie koerante sal vergelyk word op grond van wat hulle oor sekere
gebeurtenisse voor, tydens en na Operasie Savannah gepubliseer het.
Tesame met die berigte wat in die verskillende koerante gepubliseer is, word daar ook in
hierdie studie gekyk na spotprente. Spotprente, wat ook gereeld in koerante gepubliseer word,
gee aan die leser ’n opsomming van die belangrikste nuus op ’n humoristiese wyse. Die
boodskap in die spotprente wat tydens Operasie Savannah in Suid-Afrikaanse koerante
verskyn het, kan ook hulp verleen om duidelikheid te gee oor wat verskillende koerante se
perspektiewe was oor nuus van SAW in Angola.
Vir die eerste keer in die nuwer geskiedenis van Suid-Afrika was daar ’n totale “nuus
verduistering” wat in koerante plaasgevind het. Voorheen, in ander oorloë waarin Suid-
Afrika betrokke was, is sekere inligting van die Suid-Afrikaanse publiek weerhou en redes vir
hierdie weerhouding van inligting is aan die publiek voorsien. Met Operasie Savannah is daar
nie eers bevestig dat Suid-Afrika wel in ’n oorlog deelneem nie, maar tog is die nuus hanteer
asof Suid-Afrika hulself in ’n oorlog bevind het.
2
Beriggewing oor Operasie Savannah is uiteraard uniek. Suid-Afrikaanse koerante het
verskillend gereageer op die sensuur wat op publikasies geplaas is, asook die regering se
betrokkenheid by die inligting wat oor die SAW-troepe beskikbaar was. Die doel van hierdie
studie is om ondersoek in te stel oor wat verskillende Suid-Afrikaanse koerante gepoog het
om te publiseer oor Operasie Savannah vir die tydperk vanaf Julie 1975 tot en met Maart
1976. Die studie plaas Operasie Savannah in die breër konteks van die Grensoorlog vanaf ’n
Suid-Afrikaanse perspektief en bespreek ook die wette wat deur die regering geïmplementeer
is. Gevolgtrekkings sal dan ook gemaak word, waar die Engels pers as die “opposisie” gesien
word deur die Suid Afrikaanse regering.
3
2. Historiografie
Die Grensoorlog en Suid-Afrika se betrokkenheid is al in verskeie publikasies baie deeglik
bespreek. Soos byvoorbeeld in Magnus Malan se boek, My lewe saam met die SA Weermag,
en David Williams se boek, Aan die grens: Wit mans se militêre ervaring, 1965 – 1990. Die
publikasies oor die Grensoorlog sluit onder andere in name en inligting oor troepe, die redes
vir Suid-Afrika se betrokkenheid in die Grensoorlog, die ervarings van die verskillende mans
wat in die Grensoorlog deelgeneem het asook inligting oor die gevolge vir die Suid-
Afrikaanse regering en inligting oor die verskillende militêre operasies waarin die troepe oor
23 jaar geveg het. Operasie Savannah, ’n voorbeeld van ’n militêre grens operasie word ook
in baie van die publikasies bespreek, maar daar is nie veel publikasies oor Operasie Savannah
self nie.
Prof. FJ du Toit Spies en Sophia J. Du Preez se boek Operasie Savannah, Angola 1975-1976
is ’n goeie bron wat vir akademiese doeleindes gebruik kan word. Dit bevat ʼn
deurslaggewende narratief oor die operasie waarin die SAW homself diep in Angola bevind
het. Hierdie stuk wat spruit uit ’n SAW-Argief projek, bevat deurslaggewende inligting oor
Operasie Savannah en die mense wat betrokke was. Prof. Spies het toegang gekry tot die
argief van die SAW en kon met hulp van Du Preez en ander navorsers ’n goeie rekening gee
van wat tydens Operasie Savannah plaasgevind het.
Leopold Scholtz is, onder andere, ook een van die historici wat oor die Grensoorlog geskryf
het. In sy onlangs gepubliseerde boek, Die SAW in die Grensoorlog: 1966-1989, bied Scholtz
vars perspektiewe op die strydpunte wat oor 23 jaar plaasgevind het. Hy fokus op die
doelwitte van die oorlog en of hierdie doelwitte eintlik bereik is. Scholtz het sy opinie oor
sekere kwessies rondom die Grensoorlog ook al in verskeie artikels gedeel en daar kan dus
konkrete inligting oor die agtergrond van die Grensoorlog en oor Operasie Savannah uit sy
navorsing verkry word. Daar is tot op hede nie volledige inligting oor die werklike getalle
van sterftes en beseerdes tydens Operasie Savannah nie. Geen offisiële dokumente of
publikasies gee syfers oor die SAW-troepe wat beseer is tydens Operasie Savannah nie. Vir
hierdie rede kan daar nie ’n goeie vergelyking getrek word tussen wat berig is oor Operasie
Savannah en die werklikheid nie.
Vir hierdie studie word daar ook uit twee verskillende MA proefskrifte inligting getrek.
Graeme Addison het in 1982 ’n tesis geskryf oor Censorship of the press in South Africa
during the Angolan War: a case study of news manipulation and suppression. In hierdie
4
proefskrif van Addison, bespreek hy die sensuur wat op Suid-Afrikaanse koerante gedurende
die oorlog in Angola geplaas is. Die fokus van sy studie argumenteer dat die regering die
Verdedigingswet gebruik het om toe te laat dat sekere inligting, wat die regering se politieke
objektiewe en vooruitsigte beklemtoon, gepubliseer word. Addison bespreek propaganda en
hoe die koerant industrie deur blanke dominansie beïnvloed is.
John Nerys het in 2002 aan die Universiteit van Kaapstad sy MA proefskrif; naamlik, South
African Intervention in the Angolan Civil War, 1975-1976: Motivations and Implications
voltooi. In hierdie proefskrif bepreek Nerys die redes hoekom Suid-Afrika in Angola
betrokke geraak het, wat gelei het tot Operasie Savannah, asook die implikasies wat dit vir
Suid-Afrika ingehou het. Hoofstuk twee van Nerys se proefskrif behandel ’n klein gedeelte
oor die plaaslike reaksie op die oorlog deur te kyk na wat die pers gepoog het om oor die
Grensoorlog te skryf. Hierdie hoofstuk in Nerys se proefskrif bevat nie volledige navorsing
oor Suid-Afrikaanse koerante nie.
Al is daar oor die Grensoorlog, Operasie Savannah en oor die sensuur van die regering
geskryf, is daar nog nie ’n omvattende publikasie oor wat die verskillende Suid-Afrikaanse
koerante voor, tydens en na Operasie Savannah gepubliseer het nie. Daar word in verskeie
akademiese artikels genoem dat daar wel sensuur plaasgevind het en dat sekere koerante
gepoog het om tog met die publiek inligting oor die SAW se posisie in Angola te deel, maar
daar is tot op hede niks volledig met voorbeelde uit koerante bespreek nie.
Vir hierdie studie word daar op drie Suid-Afrikaanse koerante gefokus; naamlik, Die Burger,
The Cape Times en die Rand Daily Mail. Om ’n in diepte vergelyking tussen die koerante te
trek, is daar besluit om net drie koerante te bestudeer. Die gebruik van die bogenoemde
koerante sluit in die volgende eenvoudige redes: Die Rand Daily Mail is vir lank beskryf as
’n koerant wat nie inligting of stories probeer van die publiek weerhou het nie. The Cape
Times is ook as ’n onafhanklike koerant beskryf, maar tog meer liberaal. Die derde koerant,
Die Burger, is aan die ander kant ’n Afrikaanse koerant, en was gedurende Operasie
Savannah deur die regering beïnvloed. Deur hierdie drie verskillende Suid-Afrikaanse
koerante te gebruik, kan daar dus duidelike verskille gesien word wat goeie bewyse aan die
studie gee. Alhoewel ’n tydperk van agt maande nagevors is, bevat hierdie studie nie elke
artikel wat in die bogenoemde koerante gepubliseer is nie. Artikels wat as voorbeelde gebruik
word het die narratief oor Operasie Savannah die beste verduidelik.
5
3. Grensoorlog Oorsprong en Agtergrond
Die Grensoorlog verwys na die uitgerekte oorlog vanaf 1966 tot en met 1989 plaasgevind
het.1
Dit was moontlik vir vaders en hul seuns om in dieselfde oorlog te veg, omdat die
oorlog so lank geduur het. Die Grensoorlog het ʼn huishoudelike term geword oor die 23 jaar
wat dit plaasgevind het.
Die “grens” beskryf die “lyn wat ’n sy of die omtrek van ’n gebied bepaal of die omtrek van
die gebied van ’n ander daarnaas geleë skei”.2
Dit verwys na die lyn wat die grondgebied van
Angola en Suidwes-Afrika (vandag beter bekend as Namibië) skei. Hierdie grenslyn volg die
Kunene-rivier vir omtrent 350 km ooswaarts vanaf die Atlantiese oseaan. Die grens verander
in ’n reguit lyn en loop vir omtrent nog 450 km parallel met die ewenaar.3
Dit volg dan die
loop van die Okavango-rivier vir omtrent nog 350 km terug na die koloniale reguit lyn. Die
grens verwys na ’n afstand van ongeveer 1600 km.4
Suid van hierdie belangrike grens in die
Ovamboland provinsie, lê vele van die plekke wat as basisse bekend geraak het. Dit is waar
baie SAW-troepe gestasioneer was insluitende Ruacana, Oshivello, Katimo en die Caprivi-
strook.5
Noord van die grens, in Angola self, was daar ander stasies waar die SAW hulself
tuisgemaak het. Dit sluit in die Lomba-rivier, die Benguela-spoorlyn en Cuito Cuanavale.
Williams het voorgestel dat die term “grens” in Grensoorlog doelbewus deur die staat gebruik
is. Redes hiervoor sluit in dat grens nie na ’n spesifieke area of plek verwys waar die troepe
hulself bevind het nie. Ook dat die SAW aan die grens is “om dit te beskerm” tog meer
geloofwaardig voorgekom het as om te sê dat hul ander vreemde grondgebiede ingeval het en
hulself daar verstewig het.6
Dit is duidelik dat die grens vêr van die huis vir baie Suid-Afrikaanse troepe, logisties en
sielkundig was. Hierdie onbekende grond was vreemd vir al die troepe wat daar diensplig
gedoen het asook vir die families en vriende van hierdie troepe. Die vaagheid van die grens
waar die SAW hulself bevind en geveg het, oor ’n tydperk van amper 23 jaar, was ook ’n
manier om inligting te weerhou vanaf Suid-Afrikaanse burgers, omdat inligting selde deur die
Suid-Afrikaanse regering vrygestel is.
1
D. Williams: Aan die grens: Wit mans se militêre ervaring – 1965-1990, bl. 15.
2
F.F. Odendaal: Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, bl. 309.
3
Ibid.
4
Ibid.
5
Ibid.
6
Ibid. bl. 16.
6
Die oorsprong van Suid-Afrika se strategie om in die Grensoorlog te veg, spruit uit konflik
wat jare vroeër plaasgevind het. Met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog in 1914 het
Brittanje die Suid-Afrikaanse Unieregering (die SAU) gelei, deur vir Louis Botha, die Eerste
Minister van Suid-Afrika, te vra of hul dringende beheer oor Duits Suidwes kon neem en
daardeur toegang tot die kolonie se hawens te weier.7
Botha het die veldtog gelei en die SAU
se weermag is in 1912 tot stand gebring. Na die oorlog is Suid-Afrika beskou as een van die
“seëvierende bondgenote” en is die regering deur die Volkebond gemagtig om Suidwes te
administreer.8
Duitsland is gedwing om sy mag op Suidwes prys te gee en selfs na die
Tweede Wêreldoorlog het die Verenigde Nasies die mandaat hernu. Suidwes-Afrika was
gesien as nog ’n provinsie van Suid-Afrika en sy regering en het veel meer verpligtinge as net
die administrasie aangepak.
Daar word geskryf dat in die vroeë 1960s het mans en vroue van Suidwes-Afrika nie meer net
die oppressie en vernedering aanvaar wat plaasgevind het nie. Ovamboland se tronk was teen
dié tyd vol, omdat enige persoon wat Suid-Afrika se mag probeer ondermyn het, tronk toe
gestuur is. Baie burgers van Suidwes-Afrika het besef dat hulle sou moes terug veg nadat
mense in die publiek verneder en beseer is.9
In 1957 is die Suidwes-Afrika
bevrydingsorganisasie Ovamboland People’s Organisation (OPO) gestig en in 1960 is hulle
hernoem na South West Africa Peoples Organisation (SWAPO). SWAPO het in ook 1962 ’n
hoofkantoor in Lusaka ingerig en hulle het ’n militêre vleuel gevestig; naamlik, People’s
Liberation Army of Namibia (PLAN).10
Hulle was ’n georganiseerde groep en het lede vanuit
Algerië, Kuba asook die Söviet-Unie opgelei om vir hul te veg. Teen 1973 was PLAN van
mening dat hulle sterk genoeg is om aanvalle op polisiepatrollies en kampe te loods.
In Suid-Afrika was die polisie verantwoordelik vir die beskerming van die land asook die
implementering van wette en die handhawing daarvan in Suidwes-Afrika. Die SAW het
soldate opgelei en hulle het hulp verleen aan die polisie, maar was net betrokke by kleiner
operasies. In 1962 is die vrywilliger stelsel deur die regering vervang met ’n lotingstelsel
waarvolgens baie jong wit mans verplig was om nege maande diensplig in die Weermag te
doen.11
Die SAW het besef dat hierdie nie genoeg tyd was om die nuwe soldate op te lei en
7
D. Williams: Aan die grens: Wit mans se militêre ervaring – 1965-1990, bl. 16.
8
Ibid.
9
L. Scholtz: “The Namibian Border War: An Appraisal of the South African Strategy,” Scientia Militaria South
African Journal of Military Studies, bl. 26.
10
D. Williams: Aan die grens: Wit mans se militêre ervaring – 1965-1990, ble. 16-17.
11
L. Scholtz: Die SAW in die Grensoorlog, 1966-1989, bl. 8.
7
operasioneel aan te wend nie en het die verpligte diensplig van 12 maande ingestel.12
Baie
jong mans wat pas met skool klaar gemaak het, was verplig om opleiding te ontvang en diens
te doen.
Die 26ste Augustus 1966 kan beskryf word as die begin van die Grensoorlog. Op hierdie dag
het 130 mans die basis van die PLAN aangeval. Hierdie aanval het by Ongulumbashe in
Ovamboland, wat in die noorde van Suidwes is, plaasgevind.13
Die SAW het SWAPO hier
verras en oorweldigend verslaan. Tydens hierdie tydperk het Suid-Afrika se gesag oor
Suidwes-Afrika tog omstrede geraak nadat die Verenigde Nasies (VN) die mandaat herroep
het en Suid-Afrika se kontrole oor Suidwes-Afrika onwettig verklaar het. Die begin jare van
die Grensoorlog kan beskryf word as ’n “lae intensiteit konflik”, omdat na die inval by
Ongulumbashe in Ovamboland het SWAPO vir ’n paar jaar weggebly van die grens af.14
Bevrydings organisasies in die Portugese kolonies van Angola, Mosambiek en Guinee-Bissau
was tesame met die bogenoemde organisasies in opstand teenoor koloniale magte. Die feit dat
Portugese-troepe deel gevorm het, was belangrik vir die Suid-Afrikaanse regering omdat dit
verhoed het dat Plan Suidwes-Afrika deur middel van Suid Angola binnedring. Die militêre
aktiwiteite in Angola, Mosambiek en Guinee-Bissau het tot Portugal se finansiële ondergang
gelei, omdat meer as 50% van die staat se geld aan die weermag gewy is.15
Na ’n coup d’état
in 1974, waar daar onwettige beslag gele word op die krag van 'n regering, kon die Portugese
kolonies onafhanklik verklaar word mits die nuwe regerings die geheime organisasie van
Gewapende Magte (die MFA) se ideologiese oortuigings sou deel. Hierdie het in Mosambiek
en in Guinee-Bissau gewerk, maar nie in Angola nie. Angola was in ’n nuwe oorlog van sy
eie.16
Drie kompeterende guerrilla-faksies het na vore gekom om beheer van Angola te neem;
elkeen met ondersteuning van elders. Die eerste een was die Movimento Popular de
Libertação de Angola (MPLA) wat ondersteun is deur die Unie van Söviet Sosialistiese
Republieke (USSR) met die doelpunt om kommunisme te versprei.17
Die tweede faksie was
die Frente Nacional de Libertação de Angola (FNLA) wat teen kommunisme was en
ondersteuning van die Weste met ope hande ontvang het. Die derde faksie was die União
12
L. Scholtz: Die SAW in die Grensoorlog, 1966-1989, bl.8.
13
Ibid. bl.7.
14
Ibid. bl.11.
15
W. Steenkamp: Suid-Afrika se Grensoorlog, bl. 32.
16
Ibid.
17
Ibid.
8
Nacional para a Independência Total de Angola (UNITA), ondersteun deur onder andere
Amerika, asook Suid-Afrika. UNITA en die FNLA het mettertyd ook saamgesmelt om ’n
sterker faksie te hê.18
Portugal het steeds voorkeur aan die MPLA gegee en kon hulle weer
beheer oor Angola kry. Kort na hierdie besluit het die stryd tussen die verskillende faksies
begin, om beheer van Angola te kry. Daar is oorspronklik besluit dat die Suid Afrikaanse
polisie, eerder as die SAW, weerstand teen die vyand moes hokslaan, maar Suid-Afrika het
teen die einde van 1973 het besluit dat die polisie nie meer die mas kon opkom nie en die
SAW het in April 1974 formeel oorgeneem.19
In Junie 1974 het ’n groot groep guerrilla-troepe die Caprivi-strook binnegedring, net ses in
’n geveg op 23 Junie 1974 het oorleef en die ander lede is almal deur die Suid-Afrikaanse
troepe doodgeskiet.20
In dieselfde jaar het die SAW hul eerste ongeval van die Grensoorlog
beleef toe luitenant Freddie Zeelie gesneuwel het in ’n skermutseling met ’n groep rebelle,
wat probeer het om die Suid-Afrikaanse grens oor te steek.21
Vanaf hierdie geval, tot die
einde van die Grensoorlog, het dit dieselfde met baie ongevalle gegaan: net die naam van die
weermaglid is vrygestel, maar geen inligting oor hoe en waar hy gesterf het, is gedeel nie.
Die Suid-Afrikaanse inval op Angola in 1975, ook bekend as Operasie Savannah, het sy
oorsprong gehad in die staatsgreep in Lissabon op 25 April 1974. Dit is toe ’n groep
ontevrede offisiers die Fascistiese diktatuur van Marcelo Caetano, die premier, omvêrgewerp
het.22
Dit het enorme en diepgaande implikasies vir Suider-Afrika gehad. Die Suid-
Afrikaanse regering kon nie meer langer gebruik maak van Angola as buffer gebied wanneer
SWAPO Suidwes probeer infiltreer het nie. Die Portugese owerhede het die SAW verbied om
patrollies te onderneem om SWAPO-vegters nie te keer om na Suidwes-Afrika deur te dring
nie. Teen 26 Oktober 1974 het die laaste van die Suid-Afrikaanse skakeloffisiere Angola
verlaat.23
SWAPO het die nuwe geleentheid om baie makliker oor die grens te beweeg gou aangegryp
en slegs ’n paar maande nadat die Portugese beheer oor Suidelike Angola verloor het, het dit
gewemel met gewapende SWAPO bendes. Van die SWAPO basisse het uit ongeveer 70
18
W. Steenkamp: Suid-Afrika se Grensoorlog, bl. 32.
19
L. Scholtz: Die SAW in die Grensoorlog, 1966-1989, bl.7.
20
Ibid. bl.11.
21
Selfs Zeelie se dood is in geheimhouding gehou en sy ouers is self nie eers vertel presies waar en wanneer hy
dood is nie. Hulle het net ses maande na sy begrafnis sy “Louw Wepener-dekorasie” vir dapperheid nadoods
ontvang.
22
L. Scholtz: Die SAW in die Grensoorlog, 1966-1989, bl.13.
23
Ibid.
9
mans bestaan.24
Vir die eerste keer vanaf die begin van die Grensoorlog in 1966 het SWAPO
’n teenwoordigheid in Ovamboland gekry nadat meer as 500 guerrillas die gebied
binnegedring het. Die SAW het in Augustus en September van 1974 reageer met ’n reeks
grens-operasies; naamlik, Operasie Sausage. Al is 26 SWAPO en MPLA vegters
doodgeskiet, was meeste van die SWAPO basisse leeg en daar is nie veel met die Operasie
bereik nie.25
24
L. Scholtz: Die SAW in die Grensoorlog, 1966-1989, bl.14.
25
Ibid.
10
4. Die Verdedigingswet 44 van 1957 en Die Wet Op Publikasies 42 van 1974
Die Suid-Afrikaanse regering het gedurende die 1900’s verskeie wette geïmplementeer wat
die deel van sekere informasie aan die publiek verbied het. Informasie was gesensor in boeke,
koerante, tydskrifte, televisieprogramme en op die radio en het ’n groot impak gehad op wat
die publiek se kennis oor sekere gebeurtenisse was. Twee wette wat ’n direkte impak op
Operasie Savannah en die inval van die SAW in Angola gehad het, is die Verdedigingswet
nommer 44 wat aangepas is in 1967, wat oor die beskerming van inligting oor die SAW se
beweging gedurende die oorlog gaan en die Wet op Publikasies nommer 42 van 1974 wat ’n
groot invloed gehad op wat onder andere in koerante gepubliseer is rakende nuus en feite oor
die situasie aan die grens. Die regering het beweer dat om inligting te weerhou vanaf die
publiek was die beste opsie om chaos en paniek te voorkom asook om Suid-Afrika se
internasionale betrekkinge te beskerm en sensuur in koerante het deel geword van die
daaglikse lewe van Suid-Afrikaanse burgers.
Die Verdedigingswet, nommer 44 van 1957 het die media verbied om enige inligting te
publiseer rakende die SAW voordat dit goedgekeur is deur die Minister van Verdediging,
Mnr. P.W. Botha.26
Die aanpassing van hierdie wet het voorsiening gemaak dat alle tipe
telegrafiese, telefoniese, fotografiese en radio kommunikasie ook nou gedurende oorloë
tydperk verbied is.27
Hierdie aanpassing saam met die direkte verbanning van koerante,
tydskrifte en boeke om oor ’n oorlog te publiseer het dit baie moeilik gemaak vir families en
burgers van Suid-Afrika om inligting oor die oorlog en die troepe te kry.
Die wet het ook verbied dat enige lid van die SAW of van die staatsdiens enige inligting wat
verband gehou het met die weermag of die land se posisie, behalwe soos genoem, as dit onder
die gesag van die Minister van Verdediging, gedoen word.28
Sensuur was selfs geplaas op die
neem van foto’s en die teken van sketse oor die SAW in Angola. Afdeling 118 van hierdie
Wet verduidelik die sensuur wat op koerante geplaas is:
Niemand mag in oorlogstyd in ’n nuusblad, tydskrif of pamflet of per radio of
op ander wyse inligting met betrekking to die bewegings of opstellings van die
Suid-Afrikaanse Weermag of ’n mag van ’n land wat ’n bondgenoot van die
Unies is, of van Suid-Afrikaanse of geallieerde skepe of vliegtuie, of enige
verklaring, kommentaar of aanduiding wat daarop bereken is om regstreeks of
onregstreeks sulke inligting oor te dra, publiseer nie, behalwe waar die
26
G. Addison: Censorship of the Press in South Africa During the Angolan War: A Case Study of New
Manipulation and Suppression, bl. 93. Proefskrif soos ingelewer aan Rhodes Universiteit, 1982.
27
Ibid. bl. 92.
28
Ibid. bl.93.
11
inligting verstrek of die publikasie daarvan gemagtig is deur of op die gesag
van die Minister.29
Dit blyk duidelik dat die Suid-Afrikaanse regering baie mag gehad het ten opsigte van die
inligting wat met die publiek gedeel mag word. As die regering iemand gevang het hierdie
Wet oortree, moes hulle ’n boete van tot en met R1 000 betaal of kon hulle tronk toe gestuur
word vir 5 jaar.30
Tesame met hierdie wet, is die Wet op Publikasies ook ingestel wat verhoed
het dat sekere materiaal in koerante mag verskyn het.
Die Wet op Publikasies, nommer 42 van 1974 handel oor die sekere beperkings ten opsigte
van die verspreiding van sekere materiaal in die Republiek van Suid Afrika. Hier verwys die
term “publikasies” na enige boodskap of kommunikasie, insluitend visuele aanbiedinge.31
Die
Wet op Publikasies is deur die Publikasies Beheerraad opgestel en die publisering of
verspreiding van enige dokument (wat nie deur die Nasionale Pers vrygestel was nie) kon
verbied geword het as dit ongewens was.32
In afdeling 47 van hierdie Wet is daar geskryf: “By die toepassing van hierdie Wet word ’n
publikasie of voorwerp, rolprent, openbare vermaaklikheid of voorgenome openbare
vermaaklikheid geag ongewens te wees indien dit of ’n deel daarvan” onder andere
“onbetaamlik of onwelvoeglik of vir die openbare sedes aanstootlik of skadelik is” of “vir die
veiligheid van die Staat, die algemene welsyn of die vrede en goeie orde nadelig is”.33
Afdeling 43 van hierdie Wet verduidelik dat enige persoon wat skuldig bevind word aan die
oortreding van enige gedeelte van die Wet is strafbaar:
i) in die geval van die eerste skuldigbevinding, met ’n boete van hoogstens
vyfhonderd rand of gevangenisstraf vir ’n tydperk van hoogstens ses maande of
met sowel daardie boete as daardie gevangenisstraf;
ii) in die geval van ’n tweede skuldigbevinding, met ’n boete van minstens
vyfhonderd rand en hoogstens duisend rand of gevangenisstraf vir ’n tydperk van
hoogstens ses maand of met sowel daardie boete as daardie gevangenisstraf; en
iii) in die geval van ’n derde of daaropvolgende skuldigbevinding, met ’n boete van
minstens duisend rand of gevangenisstraf vir ’n tydperk van minstens ses maande
of met sowel daardie boete as daardie gevangenisstraf.34
29
1957 Wette van die Unie van Suid-Afrika, Deel 1. bl. 687.
30
G. Addison: Censorship of the Press in South Africa During the Angolan War: A Case Study of New
Manipulation and Suppression, bl. 93. Proefskrif soos ingelewer aan Rhodes Universiteit, 1982.
31
K. Stuart: The Newspaperman’s Guide to the Law, bl. 84.
32
Ibid.
33
Staatskoerant, 9 Oktober 1974, bl. 60.
34
Staatskoerant, 9 Oktober 1974, bl. 60.
12
Oortreders van hierdie wet is tot ’n groot mate gestraf en is dit duidelik dat hierdie tipe
oortreding nie aanvaar is nie. Dus, het die Publikasies Beheerraad die mag gehad om enige
inligting en materiaal wat volgens hulle ongewens was weg te neem en te verbied dat dit
gepubliseer word.35
Die Publikasies Beheerraad is opgestel uit minstens sewe lede en die
voorsitter is so belangrik geag is dat hy selfs die Staatspresident kon word.36
Verspreiding
van inligting in publikasies oor die SAW en hul inval op Angola was gedurende 1975 een van
die Publikasies Beheerraad se grootste fokus punte en hulle het ’n groot invloed gehad
waarop koerante wel gepubliseer het.
Die twee wette wat geïmplementeer is, het duidelik ’n direkte effek gehad op inligting wat
weerhou en gepubliseer is deur die Suid-Afrikaanse pers. Koerante was ’n belangrike bron
van inligting vir vele Suid-Afrikaanse burgers omdat dit maklik bekombaar was vir die
gemiddelde man op straat. Die Suid-Afrikaanse burgers het die pers vertrou om korrekte en
volledige inligting aan hulle te verskaf, met ’n minimale tydverloop tussen die tyd wat iets
gebeur het en die tyd wat dit gepubliseer is, maar weens onder andere die bogenoemde wette
was dit nie moontlik vir joernaliste om oor die SAW te publiseer nie.
35
K. Stuart: The Newspaperman’s Guide to the Law, bl. 84.
36
Ibid.
13
5.1 Die Eerste Maande (Julie – September 1975)
Suid Afrika se volskaalse inval in Angola in Oktober 1975 was die finale fase van Angola se
pad na ʼn volskaalse oorlog.37
Operasie Savannah soos wat hierdie inval vir Suid-Afrikaners
bekend is, het die Koue Oorlog na die hartjie van sub-Sahara Afrika gebring.38
In die begin
van Julie 1975 het Daniel Chipenda, wat die FNLA verteenwoordig, vir Generaal Hendrik
van den Bergh ontmoet waar daar besluit is dat Suid-Afrika in die oorlog moet ingryp. Dit
was heel moontlik dat die FNLA ook onder druk was van Frankryk en Amerika.
Ook in Julie 1975 kan die eerste tekens van die opbou na Operasie Savannah duidelik gesien
word. Volgens Magnus Malan, die Hoof van die SAW op daardie stadium, is die
watervoorsiening projek by Calueque een van die eerste probleme wat Suid-Afrika “gedwing
het om militêr in Angola betrokke te raak”.39
Daar is reeds in 1969 ’n ooreenkoms tussen
Suid-Afrika en Portugal gesluit oor die ontwikkeling van watervoorrade by die Kunene-
rivierbekken. Die Calueque hidroëlektriese pompstasie het groot volumes drinkwater aan
Ovamboland voorsien en die afsny van hierdie watertoevoer sou grootskaalse gevolge vir die
inwoners van Ovamboland inhou. Die hidroëlektriese kragsentrale by Ruacana in Suidwes-
Afrika het weer elektrisiteit aan die pompe by Calueque en later aan dele van Namibië
voorsien. Op hierdie stadium was Suid-Afrika en Portugal steeds verantwoordelik vir die
finansiering van die projek. Magnus Malan het geskryf dat baie werkers by Calueque deur
Angolese groepe geïntimideer is en dat hulle nie verder hul poste wou beman nie.40
Met die
SAW se beskerming sou hierdie werkers op hul poste bly en daarom het Suid-Afrika die
belangrike besluit geneem om hierdie werkers te beskerm.
Gevolglik op die 14de Julie 1975 het Suid-Afrikaanse troepe oor die grens beweeg na Angola
toe, en al langs die Cunene rivier plek ingeneem om die Calueque-Ruacana hidroëlektriese
pompstasie te beskerm. In Suid-Afrikaanse koerante kom daar niks oor hierdie geheimsinnige
besluit tussen die Suid-Afrikaanse regering en die FNLA nie. Dit is moontlik dat hierdie
inligting nie beskikbaar was aan die Suid-Afrikaanse pers nie, sodat die SAW-troepe veilig
die pompstasie kon beskerm.
Op 15 Julie 1975 het Die Burger ’n berig geskryf oor die feit dat ’n volskaalse burgeroorlog
in Angola dreig nadat troepe van die FNLA deur troepe van die opponerende MPLA uit
37
E. George: The Cuban Intervention in Angola, 1965-1991: From Che Guevara to Cuito Cuanavale, bl. 68.
38
Ibid.
39
M. Malan: My lewe saam met die SA Weermag, bl. 114.
40
Ibid. bl. 115.
14
Luanda verdryf is.41
Die artikel het gefokus op die situasie in Angola en waarmee die twee
opponerende groepe mee besig was.42
Die dag na dat hierdie artikel gepubliseer is, was daar
’n groot bylae beskikbaar in elke kopie van Die Burger met die opskrif: “kyk en leesstof oor
Suid-Afrika se pragtige buurland”; naamlik, Suidwes Afrika. Geen nuus oor die Calueque
situasie is met die Suid-Afrikaanse lesers van Die Burger gedeel nie.43
Volgens
geskiedskrywers het nuus van Suid-Afrika se betrokkenheid by Calueque in die Lisbon Daily
(publikasie in Europa) verskyn en dit was ook die eerste rapportering van Suid-Afrika se
betrokkenheid in Angola gedurende die oorlog. Die media in Suid-Afrika het geen berigte
geskryf oor enige moontlike beweging en aktiwiteit van die SAW-troepe rondom Calueque
nie.44
Op 11 Augustus 1975 het die Minister van Verdediging, Mnr. PW Botha, artikels en
spekulasie oor die SAW troepe se bewegings vir die eerste keer verban. Hierdie was die
eerste “verduistering” wat in die Suid-Afrikaanse media voorgekom het oor Suid-Afrika se
betrokkenheid in Angola wat sou volg.45
Min of meer ’n maand nadat na die Calueque
situasie het die SAW se instrukteurs begin om hul Angolese bondgenote in ’n samehangende
gevegsmag te vorm. Gedurende hierdie tyd het Suid-Afrikaanse koerante begin om oor
Angola berig, maar geen beriggewing oor Suid Afrika se betrokkenheid nie.
Op 18 Augustus het die Rand Daily Mail berig oor die Minister van Ovambo, Filemon Elifas,
wat buite ’n vriend se huis vermoor is, wat hy besoek het. In dieselfde artikel is daar ook
geskryf dat Mnr Vorster die publiek gewaarsku het teen die aksies van hierdie tipe misdaad
wat plaasgevind het.46
In The Cape Times is daar ook ʼn artikel gepubliseer oor die dood van
Elifas en het min of meer dieselfde inligting as die Rand Daily Mail bevat. Die Burger het ‘n
hoofartikel oor Ovamboland se leier se dood geskryf. In hierdie artikel skryf Die Burger dat
Suider-Afrika ’n “swart leier van hoe gehalte en belofte” verloor het.47
Die Burger het
bygevoeg dat hierdie tipe geweldadigheid nie te aanvaar nie. Elifas se dood moet die publiek
41
“Volskaalse Burgeroorlog dreig in Angola,” Die Burger, 15 Julie 1975, bl.1.
42
Ibid.
43
“Suidwes,” Die Burger, 16 Julie 1975, bylae.
44
G. Addison: Censorship of the Press in South Africa During the Angolan War: A Case Study of New
Manipulation and Suppression, bl. 209. Proefskrif soos ingelewer aan Rhodes Universiteit, 1982.
45
Ibid.
46
D. Gordon: “Lobito Falls – Elifas Shot Dead,” Rand Daily Mail, 18 Augustus 1975, bl.1.
47
“Moord op Wambo-leier,” Die Burger, 18 Augustus 1975, bl. 10.
15
en die regering meer vasberade maak om die aggresiewe “magte van die duisternis” terug te
werp.48
Gedurende Augustus van 1975 was daar gereeld botsings tussen die MPLA se militêre vleuel,
FAPLA, en die FNLA, in en rondom Luanda. Die Portugese aan bewind het ook toegegee
aan die MPLA se eise dat die FNLA-ministers uit Luanda moes onttrek. Die MPLA het aan
die einde van Augustus beweer dat daar tussen 800 en 1000 Suid-Afrikaanse troepe en meer
as ’n dosyn helikopters op die 22ste Augustus 1975 hul pad na Angola toe gevind het. Die
SAW se inval kan beskou word as die begin van vele aanvalle wat sou volg. Hierdie inligting
is ook nie in Suid-Afrikaanse koerante gepubliseer nie. Datums oor hierdie tipe gebeurtenisse
is eers in 1977 aan die publiek bekend gemaak.49
Dit is duidelik dat die Suid-Afrikaanse
publiek geen kennis gedra het van hierdie gebeurtenis nie. Jong mans wat deel van die SAW
was, is ook verbied om enige inligting aan familielede deur te gee en dus was daar geen
manier vir die Suid-Afrikaanse publiek om oor die gebeurtenis uit te vind nie.
Gevolglik het die Eerste minister, Vorster, op die 4de September 1975, die SAW
toestemming gegee om militêre opleiding, advies en logistieke ondersteuning aan UNITA en
die FNLA te bied. Op dieselfde dag het The Cape Times berig oor wat in Angola plaasvind.
Botha, die Minister van Verdediging, het in ’n toespraak bevestig dat Suid-Afrika
verantwoordelik is om die linkse opposisie in Angola te help verswak. Hy het bygevoeg dat
die Suid-Afrikaanse troepe besig was met “teen-insurgensie aktiwiteite” aan die grens en dat
slegs 25% aan militêre kwessies spandeer word. Die SAW-troepe was volgens Botha meer
betrokke by die opvoeding en mediese afdelings.50
Net drie weke later, teen die einde van September 1975, het Savimbi sy eerste SAW offisier,
Van der Waals, ontvang. Van Der Waals het ʼn opleidingskamp by Calombo opgerig en
SAW-troepe opgelei nadat UNITA ’n desperate beroep gedoen het op die SAW om hulle te
ondersteun. As gevolg van die Verdedigingswet wat in Suid-Afrika gedurende Operasie
Savannah geïmplementeer is, mag hierdie inligting nie met die Suid-Afrikaanse publiek
gedeel word nie. Volgens Addison is inligting oor die hulp wat deur die SAW aan UNITA
verleen is, eers in 1977 bekend gemaak.51
48
“Moord op Wambo-leier,” Die Burger, 18 Augustus, 1975, bl. 10.
49
G. Addison: Censorship of the Press in South Africa During the Angolan War: A Case Study of New
Manipulation and Suppression, bl. 209. Proefskrif soos ingelewer aan Rhodes Universiteit, 1982.
50
“Terror – Botha’s plee to all,” The Cape Times, 4 September, 1975, bl. 3.
51
G. Addison: Censorship of the Press in South Africa During the Angolan War: A Case Study of New
Manipulation and Suppression, bl. 209. Proefskrif soos ingelewer aan Rhodes Universiteit, 1982.
16
Baie inligting kan opgesom word vanuit die maande Julie tot Augustus 1975, die “eerste
maande”, tot die oploop van die volskaalse betrokkenheid van Suid-Afrika in Angola. Dit is
duidelik dat die SAW al in Julie 1975 by die gevegte in Angola betrokke geraak het, maar dit
is nie in Suid-Afrikaanse koerante bekend gemaak nie. Die Suid-Afrikaanse publiek was tot
en met hierdie tyd oor die SAW-troepe se posisie in die duister gelaat.
17
5.2 Hoogtepunt (Oktober – Desember 1975)
Oktober kan as een van dié belangrikste maande van Operasie Savannah gesien word. In
Oktober 1975 het die SAW-troepe volskaals in Angola betrokke geraak. Dit het begin by die
geveg by Norton de Matos op 5 Oktober 1975, waar een van die SAW-troepe se militêre
voertuie deur die FNLA vernietig is. Hieroor is daar ook in geen van die koerante berig nie.
Dit is duidelik dat Suid-Afrika selfs in Oktober van 1975 nog nie van Suid-Afrika se posisie
in Angola bewus was nie.
Op 3 en 4 Oktober het die Rand Daily Mail artikels oor die verskillende invalle in Angola
gepubliseer. Op bladsy ses van die artikel wat op 3 Oktober 1975 geplaas is, beskryf die Rand
Daily Mail Suidwes-Afrika as ’n laboratorium vir Suid-Afrika. Hierdie artikel beskryf hoe
Suidwes-Afrika deel is van Suid-Afrika en hoe die regering sekere politieke en sosiale
“toetse” doen op Suidwes-Afrika om te sien of Suid-Afrika daarby sou baat.52
Op die 7de
Oktober 1975 het The Cape Times ’n berig oor die vlugteling krisis in Angola gepubliseer.53
Hierdie artikel bevat net algemene inligting oor die gemeenskap in Angola wat gepoog het
om na ander lande te vlug omdat grootskaalse oorlog in Angola sou uitbreek.
Teen die middel van Oktober 1975 het FNLA en UNITA soldate al begin opleiding by Serpia
Pinto ontvang. Gedurende dieselfde tyd het sake op die oorlogs front ’n groot wending
geneem, dat Suid-Afrika se Taakmag genaamd Zulu ook by die volskaalse oorlog betrokke
geraak het. Die SAW het besluit om op 14 Oktober 1975 met behulp van Taakmag Zulu en
twee ander kleiner veg groepe, deur Suidwes-Afrika, Angola binnegegaan.54
Hierdie SAW-
troepe het hulself oor ’n groot gedeelte van die noorde van Suidwes-Afrika versprei, vanaf
die Cunene-rivier tot en met Luanda. Vir die twee weke wat daarna gevolg het, het Taakmag
Zulu steun in Angola gebied en kleiner dorpe en geografiese areas verower. Suid-Afrikaners
het dit noodsaaklik gevind om uit te vind oor die gebeure aan die grens, omdat hulle tog nuus
ontvang het dat daar verwikkelinge in Angola plaas gevind het.55
Op 23 Oktober 1975 het die
Rand Daily Mail en The Cape Times beide berigte oor die skielike, onverwagse stilte wat in
Angola plaasgevind het. Hierdie koerante beskryf dit as die “stilte voor die storm”, min
wetend van die volskaalse oorlog wat in November 1975 sou volg.56
Eers op Maandag 3
November 1975 het Die Burger op bladsy 4 berig dat daar bewerings was dat die Angolese
52
“SWA is a laboratory for SA,” Rand Daily Mail, 3 Oktober 1975, bl. 6.
53
“Angolan refugee rush is over,” The Cape Times, 7 Oktober 1975, bl. 2.
54
E. George: The Cuban Intervention in Angola, 1965-1991: From Che Guevara to Cuito Cuanavale, bl. 71.
55
Ibid.
56
“Luanda: The lull before the storm,” The Cape Times, 23 October 1975, bl. 4.
18
nasionalistiese bewegings tot ’n skietstilstand gekom het. Hierdie klein berig het inligting
bevat, wat volgens Die Burger deur kennisse uit Angola gedeel is, oor wat in Angola aan die
gebeur was.57
Die SAW-troepe was teen hierdie tyd diep in Angola, maar daar is niks in Die
Burger daaroor geskryf nie.
Op 11 November 1975 het Die Burger ‘n volledige kaart oor Angola se onafhanklikheid
wording ingesluit. Hierdie kaart verduidelik dat stappe wat geneem sou word om Angola
onafhanklik te verklaar en ook die ooreenkomste wat tussen die verskillende groepe, wat die
FNLA en die MPLA insluit, geteken is.58
Op dieselfde datum het The Cape Times ‘n
hoofartikel geskryf met die opskrif “Angola in travail”.59
In hierdie hoofartikel word Angola
se onafhanklikheid bespreek en hoe die invloed van die verskillende organisasies hierdie
onafhanklikwording belemmer het. Aan die einde van die artikel bevestig The Cape Times
dat die beste opsie vir Suid-Afrika is, om nie betrokke te raak by hierdie gevegte nie. Hierdie
hoofartikel het duidelik The Cape Times se perspektief weerspieël oor Suid-Afrika se posisie
in Angola. Suid-Afrika moet uit Angola uitbly.60
In die middel van November 1975 het The Cape Times en die Rand Daily Mail berig oor die
situasie. Artikels het inligting bevat oor die verskillende nasionalistiese bewegings in Angola
en wat hierdie bewegings se posisie was op daardie stadium in die oorlog. ’n Artikel wat in
Die Burger voorgekom het op 17 November 1975 is as ongelooflik belangrik deur die Suid
Afrikaanse publiek gesien. In die artikel, op bladsy 1, het Die Burger bevestig dat die SAW
tien terroriste doodgeskiet het nadat een van die soldaate aan die grens beseer is. Alhoewel
die artikel inligting oor Operasie Savannah vertel, bied dit geen duidelik oor Suid Afrika se
betrokkenheid in Angola nie.61
Deur na die artikels in die verskillende koerante van November 1975 te kyk, is dit duidelik
dat meer artikels oor Operasie Savannah en die Angolese Burgeroorlog as voorheen, geplaas
is. Op die 28ste November 1975 het The Cape Times ’n baie belangrike artikel oor die SAW
se ongevalle aan die grens geplaas. Hierdie is die eerste beriggewing dat daar wel Suid-
Afrikaanse troepe is, wat gesterf het. In hierdie hoofartikel deel The Cape Times dat elf jong
57
“Vrede in Angola?,” Die Burger, 3 November 1975, bl. 4.
58
“Angola,” Die Burger, 11 November 1975, bl. 4.
59
“Angola in travail,” The Cape Times, 11 November 1975, bl. 14.
60
Ibid.
61
“S.A. skiet 10 terroriste na soldaat se dood,” Die Burger, 17 November 1975, bl. 1.
19
Suid-Afrikaners gedurende hul diens aan die grens doodgeskiet is.62
Hierdie artikel voeg by
dat hierdie jong mans vir hul lang geveg het teen die inval van terroriste en dat die
familielede van hierdie seuns, broers and mans trots kan wees. The Cape Times het tog
bygevoeg dat dit jammer is dat die amptelike inligting oor die grens-ongevalle nie vinnige of
werklik insiggewend is nie. Hulle het bevestig dat dit belangrik is vir die Suid-Afrikaanse
regering om inligting oor die beseerdes so spoedig moontlik vry te laat en dat die regering nie
hierdie inligting van die publiek moes weerhou het nie. Al is sekere inligting weerhou omdat
dit voordelig vir die vyand kon wees, het The Cape Times tog gevoel dat inligting oor
grensgevalle so spoedig moontlik gedeel moes word.63
Die Rand Daily Mail het op 28 November 1975 oor nog sterftes aan die grens berig. Op
bladsy 1 is daar geskryf dat nog twee mans aan die grens gesterf het, geen spesifieke inligting
oor hoe hierdie mans gesterf is, is bevestig nie.64
Dit is moontlik dat as gevolg van die
Verdedigingswet, hierdie inligting nie met die publiek gedeel mag word, het nie. The Cape
Times het op die 29ste November 1975 ’n artikel; naamlik, “Botha’s denial on war”
gepubliseer.65
Teen hierdie tyd was die SAW-troepe al betrokke by die oorlog in Angola
sonder dat die Suid-Afrikaanse publiek enige kennis daarvan gedra het. PW Botha, die
Minister van Verdediging, het bevestig dat Suid-Afrika nié in die Angolese Burgeroorlog
deelneem nié. Volgens Botha is daar Suid-Afrikaners wat gespekuleer het dat Suid-Afrika
volskaals in Angola betrokke is. The Cape Times het geskryf dat volgens Botha, Suid-Afrika
net belanggestel het om sy eie grense te beskerm.66
Hierdie koerantberig bevestig dat die
Suid-Afrikaanse regering bewus was van Suid-Afrika se inval in Angola, maar dit tog, na
ondervraging deur die Suid-Afrikaanse publiek, probeer weerhou het.67
In beriggewing in Desember 1975 word ’n skeiding tussen die Afrikaanse pers en die Engelse
pers duidelik gewaar. Teen hierdie tyd was Suid Afrikaners bewus van Operasie Savannah en
hoe erg hierdie oorlog eintlik is. Die Burger het op 18 Desember 1975 ’n berig geplaas oor
Suid Afrikaanse gesinne wat vir hul seuns bid omdat hul deur die MPLA in Angola
vasgevang is. Die inligting wat in hierdie artikel gepubliseer is, is goedgekeur deur die
62
“Border casualties,” The Cape Times, 28 November 1975, bl. 16.
63
Ibid.
64
“2 more SA men die on border,” Rand Daily Mail, 28 November 1975, bl. 1.
65
“Botha’s denial on war,” The Cape Times, 29 November 1975, bl. 1.
66
Ibid.
67
Ibid.
20
regering en die inligting is vanaf betroubare militêre korrespondente verkry.68
25 Desember
1975, Kersdag, word as ’n tipiese “familie-dag” in Suid-Afrika beskryf. Hierdie Kersdag was
vele Suid-Afrikaners hartseer. Nuus oor hul seuns, broers en mans is skraps en hul het geen
duidelikheid oor wat tot dusvêr werklik aan die grens gebeur het nie. Die Rand Daily Mail
het ‘n artikel waar Vorster die publiek waarsku teen valse opmerkings en spekulasie oor
Angola gepubliseer.69
Eerste minister Vorster het Amerikaanse media gewaarsku dat wapens
wat aan Angola geleen word, nie deur Suid Afrika gedoen is nie. Hierdie onderhoud is eers
met die Amerikaanse publiek gedeel, voordat Suid Afrikaners daarvan uitgevind het.70
Op die 29ste Desember 1975 het Bob Hitchcock berig oor 3 soldate wat gesterf het in die
artikel “3 more soldiers killed”.71
In die Rand Daily Mail was dit ook vir die eerste keer
moontlik vir familielede om hul emosies te deel en oor hul hartseer en bekommernisse te
skryf. Die moeders het in briewe gepleit dat hul net wil weet hoe dit met hul seuns gaan en of
hul veilig is.72
In die navorsing in Die Burger gedoen is daar geen briewe vanaf Suid
Afrikaners oor Operasie Savannah gevind nie. Die beriggewing deur onder andere The Cape
Times en die Rand Daily Mail verskyn het, het druk op die regering begin plaas om met die
waarheid oor Angola vorentoe te kom.
Eerste minister, Vorster, het wel besluit dat Taakmag Zulu in Angola moes bly totdat die
Organisasie vir Afrika-Eenheid (OAE) onderhandelinge sou begin. Hierdie besluit deur die
Suid Afrikaanse regering is deur baie gekritiseer.73
Van die publiek meen dat Suid Afrika se
inval in Angola grootskaalse internasionale skade aangerig het en dat dit voorkom of Suid
Afrika teen sy bondgenote gedraai het. Hierdie kritiek het ongelooflike druk op die NP en die
SAW geplaas. Daar is toe besluit dat die SAW-troepe nie meer aanvalle sou loods nie, maar
hul fokus sou verskuif om hul winste te konsolideer.74
Hieroor is daar in die Rand Daily Mail
gepubliseer. Die hoofartikels op 30 Desember 1975 was ’n bevestiging deur die Rand Daily
Mail dat dit tyd was vir Suid-Afrika om uit Angola te onttrek.75
Die Rand Daily Mail
argumenteer dat Suid-Afrika net skade ly deur langer in Angola te bly. Die koerant het ook
geskryf dat die Angolese burgeroorlog toegeneem het en dat die Suid-Afrikaanse publiek die
68
“Gesinne bid vir vier van S.A. in Angola,” Die Burger, 18 Desember 1975, bl. 10.
69
“Vorster warns on Angola,” Rand Daily Mail, 25 Desember 1975, bl. 1.
70
Ibid.
71
B. Hitchcock: “3 more soldiers killed,” Rand Daily Mail, 25 Desember 1975, bl. 1.
72
Ibid.
73
E. George: The Cuban Intervention in Angola, 1965-1991: From Che Guevara to Cuito Cuanavale, bl. 104.
74
Ibid.
75
“Angola, time to withdraw,” Rand Daily Mail, 30 Desember 1975, bl. 8.
21
reg het om die waarheid te weet oor Angola. Die Rand Daily Mail skryf dat die Departement
van Verdediging tot dusvêr nog nie enige konkrete inligting oor Suid-Afrika se troepe en
posisie openbaar het nie. Die SAW moet volgens die Rand Daily Mail, so spoedig moontlik
die waarheid vertel om te verhoed dat die koerant verplig voel om goeie en/of slegte nuus aan
die publiek deur te gee.76
Op 30 Desember 1975 het Die Burger ’n hoofartikel wat ’n ander perspektief oor die SAW-
troepe in Angola toon gepubliseer.77
Tydens Kersfees 1975 het wanneer baie families en
vriende vergader het, was die Angolese burgeroorlog gereeld deel van die gesprekke. Die
vraag op baie belangstellendes se monde was altyd: “Waarom is dit dat soveel van die
jongmense wat in die operasionele gebied sterf, dienspligtiges is?”.78
Die Burger argumenteer
dat wanneer ’n volk offers gevra word, soos om byvoorbeeld diensplig te doen, die volk
bereid moet wees om sy beste te gee. Die koerant voeg by dat Suid-Afrikaanse seuns van
agtien en negentien jaar oud wat diensplig doen, dit soos “manne en nie [soos] onvoorbereide
en onverantwoordelike seunskinders” aanpak nie.79
In hierdie berig is dit duidelik dat Die
Burger saam met die regering stem dat diens aan die SAW verpligtend moet wees en dat die
beserings wat opgedoen word deel is van die grootword proses van die Suid-Afrikaanse
mans.80
76
“Telling the public,” Rand Daily Mail, 30 Desember 1975, bl. 8.
77
“Dis Jong manne se taak,” Die Burger, 30 Desember 1975, bl. 8.
78
Ibid.
79
Ibid.
80
Ibid.
22
5.3 Afloop: Januarie tot Maart 1976
Die afloop van Operasie Savannah is ook duidelik in die drie koerante wat ondersoek is
sigbaar. Die inligting oor die SAW-troepe en Suid-Afrika se posisie in Angola was al hoe
minder in Suid-Afrikaanse koerante gepubliseer. Minder inligting oor wat in Angola self
aangaan is ook met die wêreld en met Suid-Afrika gedeel. Vanaf Januarie 1976 is die tipe
artikels wat voorgekom het in Die Burger, The Cape Times en die Rand Daily Mail ook meer
gefokus op die SAW-troepe se terugkoms na Suid-Afrika.
Die Rand Daily Mail het op 9 Januarie 1976 ’n berig geskryf oor die SAW-troepe. Volgens
PW Botha het alle soldate wat besluit het om aan Angola se kant van die grens diens gedoen
het, uit vrye wil dit gedoen. Dit beteken dat volgens Botha, die mans wat toesig oor die
Calueque pompstasie gehou het, nie gedwing was om dit te doen nie, maar vrywillig daar
plek ingeneem het.81
Op dieselfde dag het Die Burger ook ’n artikel geplaas wat handel oor
die feit dat die publiek net moet weet dat Suid-Afrika nie in Angola belangstel nie en net die
Calueque pompstasie probeer beskerm het. Die artikels noem ook dat die Minister van
Verdediging, Botha, bevestig het dat die Suid-Afrikaanse troepe “uit vrye wil” in Angola is.82
In Februarie 1976 is daar besonderlik min nuus oor Angola in Suid-Afrikaanse koerante
gepubliseer. Die inligting het nie baie besonderhede bevat nie en die SAW-troepe is net hier
en daar genoem. Op bladsy 2 van The Cape Times op 2 Februarie het Mnr. Elgin ’n groep
toegespreek oor die foute wat Eerste minister, Vorster, gemaak het om Suid-Afrika in Angola
betrokke te laat raak.83
Mnr. Elgin het geargumenteer dat die waarheid oor Angola en Suid-
Afrika se posisie in Angola sou seëvier. Hy glo dat Suid-Afrika se betrokkenheid ’n fout was
omdat dit die opposisie versterk het en Suid-Afrika se posisie deur betrokke te raak by ander
lande se politieke sake.84
In Die Burger is daar gedurende dieselfde tydperk gereeld oor
Minister van Verdediging, Botha se perspektiewe oor Operasie Savannah, die SAW-troepe en
algemene oorlog besluite gedeel. Hierdie artikels bevat gewoonlik ‘n aanhaling uit een van
Mnr. Botha se toesprake.
In Maart van 1975 is die artikels wat in Die Burger, The Cape Times en die Rand Daily Mail
voorkom baie meer eerlik en tot die punt as voorheen. Daar kan verstaan word dat die
regering en die SAW meer gereeld inligting oor die troepe aan die Suid Afrikaanse publiek
81
“SA troops are all volunteers,” Rand Daily Mail, 9 Januarie 1975, bl. 3.
82
“SA manne uit vrye wil daar,” Die Burger, 9 Januarie 1975, bl. 1.
83
“The truth on Angola will come out, says Eglin,” The Cape Times, 2 Februarie 1976, bl. 2.
84
Ibid.
23
deurgegee is. Die SAW-troepe was ook teen hierdie van plan om terug te keer Suid Afrika
toe. Die Rand Daily Mail het ’n interessante berig gedoen in die formaat van ’n dagboek.
Hierdie berig het SAW-soldaat se verhaal vertel van sewe maande se diensplig wat hy voltooi
het.85
Hierdie was een van die eerste kere wat die Suid-Afrikaanse publiek meer oor die
SAW-troepe se tyd aan die grens kon leer. Dit was ’n belangrike berig vir verskeie Suid-
Afrikaanse belangstellendes omdat ’n goeie oorsig oor Suid-Afrika in Angola in die berig
gegee is.
Tog, is daar partykeer oor sterftes aan die grens geskryf. Die Rand Daily Mail het op 25
Maart 1976 ’n artikel gepubliseer oor ’n jong man wat aan die grens gesterf het.86
Soortgelyke artikels het ook in The Cape Times en in Die Burger voorgekom. Op 26 Maart
1976 het The Cape Times berig dat alle Suid-Afrikaanse troepe uit Angola sou onttrek het.
Die Minister van Verdediging, PW. Botha, het in ’n aankondiging dit aan die publiek vertel
omdat hy geglo het dat Suid-Afrika die nodige verduideliking verdien het.87
Die Burger het
’n soortgelyke artikel oor die SAW-troepe gepubliseer wat bevestig het dat die Suid
Afrikaanse troepe die volgende dag, dus 27 Maart 1976, uit Angola sal wees.88
Hierdie
berigte het die hoofstuk oor Suid Afrika se betrokkenheid in Angola afgesluit.
Operasie Savannah was tegnies ’n groot teleurstelling vir Suid Afrika. SAW offisiers het
gevoel dat die SAW se oorwinning van hul beroof is en dat Operasie Savannah ‘n oorlog van
verlore geleenthede was. Hierdie teleurstelling het die SAW honger gemaak vir ‘n tweede
rondte van oorlog. Die Suid Afrikaanse regering wou teen een van die grootste vernederings
gedurende die Koue Oorlog veg en internasionaal Suid Afrika se naam weer hoog te plaas.89
Operasie Savannah was maar net een van die belangrike Operasies waarin baie Suid
Afrikaanse mans geveg het en waarvan baie van hierdie mans vandag nog oor praat.
85
G. Dalglish: “Diary of seven months beyond the border”, Rand Daily Mail, 25 Maart 1976, bl. 17.
86
“SA soldier killed on border,” Rand Daily Mail, 26 Maart 1976, bl. 1.
87
“SA troops out by tomorrow,” The Cape Times, 26 Maart 1976, bl. 1.
88
“Laaste troepe van S.A. beslis môre uit Angola,” Die Burger, 26 Maart 1976, bl. 1.
89
E. George: The Cuban Intervention in Angola, 1965-1991: From Che Guevara to Cuito Cuanavale, bl. 115.
24
6. Gevolgtrekkings
In Hoofstuk 5 is daar belangrike vergelykings getrek tussen wat Die Burger, The Cape Times
en die Rand Daily Mail gepoog het om oor Operasie Savannah te publiseer. Die Suid
Afrikaanse pers het geweet dat as hul enigsins inligting oor Operasie Savannah gepubliseer
het sonder toestemming van die Minister van Verdediging, Mnr. PW Botha, sal hulle die
gevolge moes dra. Die enigste manier hoe inligting oor die troepe en Suid-Afrika se posisie in
die oorlog met Suid-Afrikaners gedeel mag word, was wanneer daar offisiële persverklarings
deur die regerende party uitgereik is. Al was daar wette wat die pers verbied het om enige
inligting aan rakende die SAW te publiseer, was daar tog sekere koerante wat gepoog het om
die Suid-Afrikaanse publiek in te lig oor die SAW se posisie en hoe hul gevorder het
gedurende Operasie Savannah.
Daar word oor die algemeen aanvaar dat koerante ’n beperkte impak het op hoe mense dink,
maar dat hul wel uiters invloedryk is in die bepaling waaroor mense dink.90
In Suid-Afrika
was hierdie baie belangrik omdat die samelewing verdeeld was en dit verhoed het dat groepe
mense, met verskillende agtergronde en rasse, wat verskillende kulture en gelowe uitgeoefen
het en verskillende tale gepraat het, met mekaar gekommunikeer en in verbinding getree het.
’n Voorbeeld is dat selfs in die blanke groep mense het daar ’n skeiding tussen die
Afrikaanssprekendes en Engelssprekendes gevorm. Die Suid-Afrikaanse pers het ook tot
hierdie skeiding bygedra.91
Dit is duidelik sigbaar in die navorsing gedoen in Die Burger, The Cape Times en die Rand
Daily Mail dat daar ’n verskil is in perspektiewe oor wat met die publiek gedeel moes word.
Die verskillende Suid Afrikaanse koerante is op verskeie maniere beïnvloed oor wat hul kon
en wou publiseer. Tussen die Engelse pers, wat die Rand Daily Mail en The Cape Times
insluit, en die Afrikaanse pers, waarvan Die Burger deel is, het daar ’n groot skeiding
gevorm. Vir die eerste keer is die pers en meer spesifiek die Engelse pers, beskryf as ’n
“opposisie” vir die nasionale regering in Suid-Afrika.92
Gedurende die middeljare van die 1900’s het die Nasionale Party (NP), wat aan bevind was,
nie ’n werklike institusionele opposisie gehad nie. Die regering is, dus nie maklik onder
kruisverhoor geplaas of ondervra oor hul besluite nie. Die Engelse pers het hierdie posisie
aangeneem deur artikels te publiseer waarin die regering se besluite en manier van take
90
E. Potter: The Press as Opposition, bl. 164.
91
Ibid.
92
Ibid.
25
aanpak bevraagteken. Terwyl Suid-Afrika se Engelse pers gepoog het om die hele Suid-
Afrikaanse samelewing te herken, het die Afrikaanse pers meer gereeld artikels geplaas wat
die sosiale en politiese belange van die Afrikaner verteenwoordig. Die Afrikaanse pers het
ook ’n goeie posisie in die politiese sisteem van die land gehad en hulle het as ’n politiese
kommunikeerder vir die regering gedien.93
Die Rand Daily Mail kan gesien word as een van die Suid-Afrikaanse koerante wat die
meeste teen die wette, wat gedurende Operasie Savannah geïmplementeer is, baklei het en
hulle het ook die meeste protes gemaak teen die regering. ’n Goeie voorbeeld hiervan is in
die Rand Daily Mail gepubliseer op die 15de November 1975. Die Rand Daily Mail was van
plan om ’n artikel oor Suid-Afrika se posisie in Angola te publiseer, maar is verplig om dit uit
te los omdat die berig die Verdedigingswet en Wet op Publikasies oortree het. In plaas van
om die oop spasie te vul met ’n ander artikel, het die Rand Daily Mail besluit om dit oop te
los, sodat lesers kon besef dat daar inligting oor die SAW-troepe is wat van die publiek
weerhou word. In die artikel staan daar: “A REPORT on Angola which would have occupied
this space has not been published because permission which is required in terms of the law
for such publications has not been granted”.94
Bob Hitchcock, wat een van die hoof militêre-
korrespondente is wat vir die Rand Daily Mail tydens Operasie Savannah geskryf het, het ook
gereeld probeer om vir die Suid-Afrikaanse publiek waardevolle en werklike inligting deur te
gee. Hitchcock het gereeld die regering uitgedaag en het ook deel gevorm van die “opposisie”
soos deur die regering beskryf.95
Hitchcock het in Maart 1976 sy SAW-akkreditasie verloor
omdat die regering teen sy besluite was oor wat hy in die koerant gepubliseer het.
The Cape Times kan ook tot ’n sekere mate as die “opposisie” van die Suid-Afrikaanse
regering beskryf word omdat die koerant ook nuus oor Suid-Afrika se betrokkenheid en die
SAW-troepe aan die publiek wou deurgee. The Cape Times het gereeld oor die Grensoorlog
en oor Operasie Savannah geskryf en wanneer moontlik, gepoog om getalle en name van
sterftes gedurende die operasie probeer deurgee. Alhoewel The Cape Times ook as ’n
opposisie gesien is, het die koerant nooit blatant die regering aangevat oor hul
geheimsinnigheid oor Operasie Savannah nie. ’n Voorbeeld hiervan is toe The Cape Times op
die 27ste Desember 1975 ’n artikel gepubliseer het wat in die Obverser (’n buitelandse
koerant) voorgekom het. Die artikel bespreek die ironie van Suid-Afrika se betrokkenheid in
93
E. Potter: The Press as Opposition, bl. 165.
94
Rand Daily Mail, 15 November 1975, bl. 1.
95
E. Potter: The Press as Opposition, bl. 27.
26
Angola en gee inligting oor Suid-Afrika se posisie in die oorlog.96
The Cape Times het bewys
dat inligting oor Suid-Afrika in die buitewêreld bekend is, maar dat Suid-Afrikaners in die
duister gehou word.
Die Burger is deur die meerderheid van die Suid-Afrikaanse publiek gesien as die “mond”
van die NP, wat geskryf het waaroor die regering wou berig. Redes hiervoor sluit in die feit
dat Die Burger altyd gepoog het om net artikels wat deur die regering aanvaar word te
publiseer en ook nie koerantartikels gebruik om die regering uit te daag oor sy besluite nie.
Die Burger het altyd die besluite van die regering beaam en dit is duidelik sigbaar in die
artikels wat Die Burger tydens Operasie Savannah gepubliseer het. Die meerderheid van die
nuus wat in Die Burger voorgekom het, was oor Angola en die ander gevegte wat daar
plaasgevind het, maar geen inligting is oor Suid-Afrika se posisie in die Angolese oorlog
ingesluit nie.
Om die twee verskillende groepe van die Suid-Afrikaanse pers te vergelyk, bevestig ook dat
daar verskille tussen Die Burger, The Cape Times en die Rand Daily Mail sou voorkom.
Hierdie drie koerante het duidelik verskillende perspektiewe gehad oor wat hul wou publiseer
oor Suid-Afrika se invloed en betrokkenheid by Operasie Savannah.
96
“The irony of SA’s role in Angola,” The Cape Times, 27 Desember 1975, bl. 2.
27
7. Die Rol van Spotprente In Koerante
Volgens ’n artikel wat in die Observer van 14 Junie 1970 gepubliseer is, word
spotprenttekenaars beskryf as slawe wat voor hul tekenborde sit met hul lewens wat deur die
spertyd van koerante bepaal word. Spotprent tekenaars word opgesom as mense wat ’n
eensame lewe lei, maar tog die vermoë het om die grootste gebeurtenisse en persoonlikhede
van die eeu oor te dra met ’n mag wat woorde nie altyd kon regkry nie.97
Spotprenttekenaars
poog om daagliks die publiek se politiese sienings te beïnvloed, te probeer inlig oor wêreld
sake asook om die publiek heerlik te vermaak. Tydens die Grensoorlog, en meer spesifiek
Operasie Savannah, is spotprente gereeld in koerante gebruik om as ’n opsomming van die
belangrikste nuus van die dag aan die Suid-Afrikaanse publiek deur te gee. Dit is gewoonlik
deur ’n humoristiese wyse oor gedra en het populariteit by die lesers geskep.98
Die Ensiklopedie van die Wêreld beskryf ’n spotprent as ’n “satiriese tekening as
uitdrukkingsmiddel van kritiek of maatskaplike protes teen persone, instellinge of
gebeurtenisse”.99
Effektiewe spotprente kan dus vinnig ’n reaksie by lesers skep oor politieke,
sosiale of ekonomiese kwessies wat saak maak. Spotprente kan dus ook beskryf word as
visuele simbole wat die werklikheid voorstel. Drie voorbeelde van spotprenttekenaars wat
gedurende Operasie Savannah goeie voorbeeld van satiriese spotprente opgelewer het, is Abe
Berry, Bob Connolly en Jock Leyden. Hulle het gepoog om belangrike nuus oor Suid-Afrika
se posisie in die oorlog met die Suid-Afrikaanse publiek te deel deur middel van
spotprente.100
In Figuur 1 teken Abe Berry, wat gereeld in die Rand Daily Mail publiseer het, vir die leser
die gevoel van Suid-Afrikaners oor nuus uit Angola. Berry het hierdie spotprent in November
1975 geteken nadat die SAW Angola binnegedring het en Eerste minister, Vorster hierdie
inval in geheimhouding te hou vanaf die Suid-Afrikaanse publiek.101
Berry spot met die
situasie waar in Suid-Afrika homself bevind het gedurende Operasie Savannah; die feit dat
Suid-Afrikaners gewag het vir nuus oor die troepe wat hulself in Angola bevind het.102
Deur
hierdie spotprent te publiseer het Berry probeer om lesers te frustrasies uit te beeld en ook
97
M, Schoonraad; E, Schoonraad: Suid-Afrikaanse Spot- en Strook prent kunstenaars, bl. i.
98
Ibid.
99
Ibid.
100
Ibid.
101
J, Nerys: South African intervention in the Angolan Civil War, 1975-1976: Motivations and Implications, bl.
1. Proefskrif soos ingelewer aan die Universiteit van Kaapstad, 2003.
102
Ibid.
28
druk te plaas op die regering om die waarheid te praat oor Suid-Afrika se posisie in die
Grensoorlog.
29
Figuur 1: “Angola: The Truth” deur Abe Berry (Rand Daily Mail, November 1975)
30
Figuur 2: “Angola” deur Fred Mouton (Die Burger, Oktober 1975)
31
Figuur 2 is op die 22ste Oktober 1975, ’n dag voor die geheimsinnige inval deur die SAW-
troepe in Angola, in Die Burger gepubliseer en is deur Fred Mouton geskets. Mouton het
gereeld vir Die Burger soortgelyke spotprente geskets. Die spotprent wys hoe ’n Suid-
Afrikaanse waghond, wat die SAW kan voorstel, ’n muishond terug jaag in Angola in. Daar
kan geargumenteer word dat dit moontlik is dat Die Burger geweet het van die inval en omdat
regulasies hul verbied het, nie die inligting met die publiek gedeel het nie. Dit is moontlik dat
Die Burger die spotprent gebruik het as deel van ’n “regverdigings program” deur Afrikaanse
koerante in die geval dat inligting oor Operasie Savannah uitlek. Suid-Afrikaanse koerante
het deel gevorm van die “nuus verduistering” wat in koerante plaasgevind het gedurende
Operasie Savannah.
Andy Mason argumenteer ook dat liberale Engelse koerante se spotprenttekenaars minder
gemaklik geleë binne hul ideologiese milieu was as wat hul eweknie Afrikaanse koerant
spotprenttekenaars was.103
Dit is ook duidelik in die bogenoemde voorbeelde. Soos gesien in
Figuur 3 Die Rand Daily Mail het gereeld spotprente gepubliseer oor die SAW se inval in
Angola met die doel om die publiek meer bewus te maak van die situasie rondom inligting
wat nie met die publiek gedeel mag word nie. Soos gesien in Figuur 4 het Die Burger ook
partykeer spotprente oor Suid-Afrika in Angola gedurende die oorlog gepubliseer, maar het
nie die regering se besluite in enige manier probeer verontagsaam nie. Die Burger se
spotprente het gepoog om meer polities korrek te wees as om die publiek te interesseer.
Spotprente is gedurende Operasie Savannah en word vandag nog in koerante gebruik en die
krag van spotprente het veral toegeneem. Baie lesers verkies om ’n kragtige prent te sien as
om ’n lang hoofartikel of kolom te lees. Spotprente is ook ’n goeie voorbeeld van hoe die
inligting wat in verskillende koerante gepubliseer is, verskil, deur net te kyk na tekeninge wat
in die verskillende koerante voorkom. Dit is wel belangrik dat spotprente iets moet probeer sê
in plaas van om net humor aan die leser oor te dra en moet poog om in ’n leser se brein te
klim en aandag lok.104
Groot getalle van die spotprente gedurende Operasie Savannah het tog
gepoog en geslaag om dit reg te kry.
103
J.A. Lent (red.): Cartooning in Africa, bl. 257.
104
M. Fiore: “Animation and the Political Cartoon,” Nieman Reports, 2004, bl. 41.
32
8. Slot
Operasie Savannah as deel van die Grensoorlog vorm ’n belangrike deel van Suid-Afrika se
onlangse geskiedenis. Baie mans het aan die Grensoorlog deelgeneem en is op verskillende
maniere beïnvloed daar deur. Van die troepe het beserings opgedoen en loop vandag nog met
littekens rond, terwyl families van troepe wat gesterf het aan die grens nog onseker is oor wat
eintlik met hul pa’s, seuns en neefs gebeur het. Koerante het ’n groot rol gespeel in wat die
Suid-Afrikaanse publiek oor Operasie Savannah geweet het en die publiek het baie vertroue
gehad in koerante se publisering van inligting oor Suid-Afrika se inval in Angola. Dit is
duidelik dat die koerante beïnvloed is oor wat hul mag en nie mag oor Operasie Savannah
publiseer het nie.
Die bestudering van die twee wette gee ’n duidelike oorsig oor hoe die regering beheer gehad
het oor wat in verskillende Suid-Afrikaanse koerante gepubliseer is. Die Verdedigingswet
van 1957 het spesifiek gefokus op inligting oor waar die SAW-troepe hulself bevind het en
die Wet op Publikasies van 1974 het druk geplaas op koerante om nie sekere inligting oor
Operasie Savannah bekend te maak nie. Deur ondersoek in te stel op wat Die Burger, The
Cape Times en die Rand Daily Mail gepubliseer het en dit te vergelyk op grond van wat hul
oor sekere gebeurtenisse berig het, gee duidelike bewyse dat die verskillende Suid-Afrikaanse
koerante tog verskillende perspektiewe gehad het. Die Burger was baie konserwatief in wat
hy gepubliseer het en aan die ander kant was die Rand Daily Mail wat baie duidelik van die
mees radikaalste koerante in Suid-Afrika was. The Cape Times, het gepoog om inligting met
die publiek te deel, maar kan as meer liberaal gesien word omdat hul nooit die regering in die
koerant aangevat het nie. Spotprente dra by tot die “nuus” wat met die publiek gedeel is en
staaf ook die bewyse van die verskillende artikels wat in die verskillende koerante
voorgekom het.
Al is die algehele Suid-Afrikaanse pers gedurende Operasie Savannah as “vry” beskou is dit
duidelik dat die mag van die regering hierdie vryheid beperk het. Vir die pers om as “vry”
beskou te word, moet dit onafhanklik van die staat werk en nie beïnvloed word deur wat dit
wil publiseer nie. Uit al die navorsing gedoen blyk dit duidelik dat die Suid-Afrikaanse
publiek tydens Operasie Savannah in die duister gelos is oor die troepe se posisie in Angola.
Sekere koerante het net ’n groter poging aangewend om beskikbare inligting met die publiek
te deel as ander.
33
Bibliografie
Boeke
Baines, G & Vale, P. (reds.).: Beyond the Border War, New Perspectives on Southern
Africa’s Late-Cold War Conflicts. Universiteit van Suid-Afrika, Suid-Afrika, 2008.
Du Toit Spies, F.J.: Operasie Savannah: ANGOLA, 1975-1976. Perskor, Suid-Afrika, 1989.
George, E.: The Cuban Invervention in Angola, 1965-1991: From Che Guevara to Cuito
Cuanavale. Frank Cass, New York, 2005.
Giliomee, H.: The Last Afrikaner Leaders, A Supreme Test of Power. Tafelberg Uitgewers,
Suid-Afrika, 2012.
Lent, J.A. (red.): Cartooning in Africa. Hampton Press, New York, 2009.
Malan, M.: My lewe saam met die SA Weermag, Protea Boekhuis, Pretoria, 2006.
Odendaal, F.F.: Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. Perskors, Suid-
Afrika, 1994.
Potter, E.: The Press as Opposition. Chatto & Windus, London, 1975.
Scholtz, L.: Die SAW in die Grensoorlog, 1966-1989. Tafelberg Uitgewers, Suid-Afrika,
2013.
Schoonraad, M & Schoonraad, E.: Suid-Afrikaanse Spot- en Strook prent Kunstenaars. Sigma
Press, Suid-Afrika,1983.
Stuart, K.: The Newspaperman’s Guide to the Law. Butterworths, Pretoria, 1990.
Vernon, K.: Penpricks: The Drawing of South Africa’s Political Battlelines. The Spearhead
Press, Suid-Afrika, 2000.
Williams, D.: Aan die grens: Wit mans se militêre ervaring, 1965 – 1990. Tafelberg
Uitgewers, Suid-Afrika, 2008.
Joernaal Artikels
Culhane, D.S.K.: “No Easy Talk: South Africa and the Suppression of Political Speech”,
Fordham International LAW Journal, 17(4), 1993.
34
Fiore, M.: “Animation and the Political Cartoon,” Nieman Reports, 2004.
Oosthuizen, G.J.J.: “Regiment Mooirivier and South African Transborder Operations into
Angola during 1975/76 and 1983/84,” Historia, 49(1), 2004.
Scholtz, L.: “The media and the military: Allies or adversaries?”, Scientia Militaria, South
African Journal of Military Studies, 28(2), 1998.
Scholtz, L.: “The Namibian Border War: An Appraisal of the South African Strategy”,
Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, 34(1), 2006.
Proefskrifte
Nerys, J.: South African intervention in the Angolan Civil War, 1975-1976: Motivations and
Implications. Proefskrif soos ingelewer aan die Universiteit van Kaapstad, 2003.
Addison, G.: Censorship of the Press in South Africa During the Angolan War: A Case Study
of New Manipulation and Suppression. Proefskrif soos ingelewer aan Rhodes Universiteit,
1982.
Periodieke Publikasies
Die Burger (Julie 1975-Maart 1976).
The Cape Times (Julie 1975-Maart 1976).
The Rand Daily Mail (Julie 1975-Maart 1976).
Statutêre Bronne
Verdedigingswet, 44 van 1957 (soos gevind in die 1957 Wette van die Unie van Suid-Afrika,
Deel 1)
Wet op Publikasies, 42 van 1974 (soos gevind in die Staatskoerant, 9 Oktober 1974).

More Related Content

Viewers also liked

Viewers also liked (8)

Biografía de steven jobs
Biografía de steven jobsBiografía de steven jobs
Biografía de steven jobs
 
Escalar x disseminar agile
Escalar x disseminar agileEscalar x disseminar agile
Escalar x disseminar agile
 
Angelique Cronje - NSC
Angelique Cronje - NSCAngelique Cronje - NSC
Angelique Cronje - NSC
 
Sesion 01 TVN
Sesion 01 TVNSesion 01 TVN
Sesion 01 TVN
 
Sesion 07 TVN
Sesion 07  TVNSesion 07  TVN
Sesion 07 TVN
 
Eelectronica de potencia_momento_3
Eelectronica de potencia_momento_3Eelectronica de potencia_momento_3
Eelectronica de potencia_momento_3
 
Sesion 03 TVN
Sesion 03  TVNSesion 03  TVN
Sesion 03 TVN
 
Filipino 9 Epiko ni Rama at Sita
Filipino 9 Epiko ni Rama at SitaFilipino 9 Epiko ni Rama at Sita
Filipino 9 Epiko ni Rama at Sita
 

Operasie Savannah in Koerante - Honeurs Tesis 2015

  • 1. Operasie Savannah in Koerante, circa 1975-1976: ’n Vergelykende Studie tussen Die Burger, The Cape Times en die Rand Daily Mail. deur Angelique Cronjé Oktober 2015 Studie Leier: Prof. A Grundlingh
  • 2. I VERKLARING Deur hierdie opstel in te lewer, verklaar ek, Angelique Cronjé, dat die geheel van die werk hierin vervat, my eie, oorspronklike werk is, dat ek die outeursreg eienaar daarvan is (behalwe tot die mate uitdruklik anders aangedui) en dat ek dit nie vantevore, in die geheel of gedeeltelik, ter verkryging van enige kwalifikasie aangebied het nie. A. Cronjé Datum: 30 Oktober 2015 Kopiereg © 2015 Stellenbosch Universiteit. Alle regte voorbehou.
  • 3. II ABSTRAK Tydens die Grensoorlog - en meer spesifiek Operasie Savannah wat plaasgevind het in 1975 en 1976 - het die Suid-Afrikaanse troepe hulself vir die eerste keer diep in Angola bevind. Gedurende hierdie Operasie was die Suid-Afrikaanse media verbied om enige inligting te publiseer oor die land se rol in die oorlog. Die Verdedigingswet van 1957 en die Wet op Publikasies van 1974 was twee wette wat bevestig het dat enige inligting oor die Suid- Afrikaanse Weermag troepe of hul planne nie sonder die toestemming van die minister van Verdediging gepubliseer word nie. Dit het uiteraard ’n groot impak gehad op die Suid- Afrikaanse publiek. Inligting oor die troepe, insluitende inligting oor sterfte getalle, vordering in die oorlog en waar die jong manne hulle self bevind is gereeld van die publiek in Suid- Afrika weerhou. Hierdie studie wys hoe media en meer spesifiek Suid-Afrikaanse koerante beïnvloed is deur die regering oor wat hul gedurende Operasie Savannah mag publiseer het. Daar word gekyk na drie verskillende koerante naamlik Die Burger, The Cape Times en die Rand Daily Mail en hoe die inligting wat in die verskillende koerante gepubliseer is, verskil het. Dit blyk duidelik uit navorsing dat die bogenoemde koerante verskillende perspektiewe het oor wat hul gepoog het om te publiseer. Die koerante se politieke standpunt het ’n verskil gemaak in die inligting wat hulle met die Suid-Afrikaanse publiek gedeel het. Gereeld word verkeerde inligting gepubliseer, partykeer met opset en ander kere per ongeluk en die publiek is nie altyd bewus van die werklikheid en realiteit nie. Die uitkoms van die navorsing gedoen vir hierdie studie sal bydra tot die verstaan oor die impak van die media op die publiek, omdat die publiek in die verlede en vandag nog hul vertroue in koerante sit en glo wat gepubliseer word.
  • 4. III INHOUDSOPGAWE Bladsy 1. Inleiding 1 2. Historiografie 3 3. “Die Sade van Opstand is Gesaai en Gemaai”: Grensoorlog Oorsprong en Agtergrond 5 4. “Reëls en Regulasies”: Die Verdedigingswet 44 van 1957 en Die Wet op Publikasies 42 van 1974 10 5. “Operasie Savannah Beriggewing”: 5.1 Die Eerste Maande: Julie tot Oktober 1975 13 5.2 Hoogtepunt: November en Desember 1975 18 5.3 Afloop: Januarie tot Maart 1975 22 6. “Die Pers as Opposisie”: Gevolgtrekkings 24 7. “Picture this”: Die Rol van Spotprente In Koerante 27 8. Slot 32 Bibliografie 33
  • 5. IV LYS VAN ILLUSTRASIES Figuur 1: “Angola: The Truth” deur Abe Berry Figuur 2: “Angola” deur Fred Mouton
  • 6. 1 1. Inleiding Op 23 Oktober 1975 het die Suid Afrikaanse Weermag (SAW) se Taakmag; naamlik, Zulu, Angola binnegedring. Hierdie aanval, bekend as Operasie Savannah, is nie aan Suid Afrikaanse publiek verkondig nie. Dit beteken dat géén Suid-Afrikaners, insluitend die familie en vriende van die troepe, geweet het hoe diep in Angola die SAW hulself bevind het nie. Alhoewel nuus oor Suid-Afrika in Angola wyd in internasionale media verskyn het, het Eerste minister BJ Vorster enige nuus oor die troepe, insluitende inligting oor sterfte getalle, vordering in die oorlog en waar die jong manne hulle self bevind van die Suid-Afrikaanse publiek weerhou. Die Suid-Afrikaanse publiek het gedurende Operasie Savannah na koerante gedraai om inligting oor die SAW te kry. Televisie was ook gedurende dieselfde tydperk nie werklik beskikbaar vir die alledaagse persoon op straat nie en dus was koerante die grootste bron van inligting vir die Suid-Afrikaanse publiek. Families, vriende en belangstellendes het dit wat in die media gepubliseer is, geglo en vertrou. Twee wette wat ’n groot impak gehad het op watter inligting oor Suid-Afrika se inval in Angola met die publiek gedeel het, was die Verdedigingswet van 1957 en die Wet op Publikasies van 1974. Die invloed van hierdie wette op koerante het uiteraard ’n groot impak op die Suid-Afrikaanse publiek gehad. Drie van die bekendste koerante van daardie tyd is Die Burger, The Cape Times en Die Rand Daily Mail. Hierdie drie koerante sal vergelyk word op grond van wat hulle oor sekere gebeurtenisse voor, tydens en na Operasie Savannah gepubliseer het. Tesame met die berigte wat in die verskillende koerante gepubliseer is, word daar ook in hierdie studie gekyk na spotprente. Spotprente, wat ook gereeld in koerante gepubliseer word, gee aan die leser ’n opsomming van die belangrikste nuus op ’n humoristiese wyse. Die boodskap in die spotprente wat tydens Operasie Savannah in Suid-Afrikaanse koerante verskyn het, kan ook hulp verleen om duidelikheid te gee oor wat verskillende koerante se perspektiewe was oor nuus van SAW in Angola. Vir die eerste keer in die nuwer geskiedenis van Suid-Afrika was daar ’n totale “nuus verduistering” wat in koerante plaasgevind het. Voorheen, in ander oorloë waarin Suid- Afrika betrokke was, is sekere inligting van die Suid-Afrikaanse publiek weerhou en redes vir hierdie weerhouding van inligting is aan die publiek voorsien. Met Operasie Savannah is daar nie eers bevestig dat Suid-Afrika wel in ’n oorlog deelneem nie, maar tog is die nuus hanteer asof Suid-Afrika hulself in ’n oorlog bevind het.
  • 7. 2 Beriggewing oor Operasie Savannah is uiteraard uniek. Suid-Afrikaanse koerante het verskillend gereageer op die sensuur wat op publikasies geplaas is, asook die regering se betrokkenheid by die inligting wat oor die SAW-troepe beskikbaar was. Die doel van hierdie studie is om ondersoek in te stel oor wat verskillende Suid-Afrikaanse koerante gepoog het om te publiseer oor Operasie Savannah vir die tydperk vanaf Julie 1975 tot en met Maart 1976. Die studie plaas Operasie Savannah in die breër konteks van die Grensoorlog vanaf ’n Suid-Afrikaanse perspektief en bespreek ook die wette wat deur die regering geïmplementeer is. Gevolgtrekkings sal dan ook gemaak word, waar die Engels pers as die “opposisie” gesien word deur die Suid Afrikaanse regering.
  • 8. 3 2. Historiografie Die Grensoorlog en Suid-Afrika se betrokkenheid is al in verskeie publikasies baie deeglik bespreek. Soos byvoorbeeld in Magnus Malan se boek, My lewe saam met die SA Weermag, en David Williams se boek, Aan die grens: Wit mans se militêre ervaring, 1965 – 1990. Die publikasies oor die Grensoorlog sluit onder andere in name en inligting oor troepe, die redes vir Suid-Afrika se betrokkenheid in die Grensoorlog, die ervarings van die verskillende mans wat in die Grensoorlog deelgeneem het asook inligting oor die gevolge vir die Suid- Afrikaanse regering en inligting oor die verskillende militêre operasies waarin die troepe oor 23 jaar geveg het. Operasie Savannah, ’n voorbeeld van ’n militêre grens operasie word ook in baie van die publikasies bespreek, maar daar is nie veel publikasies oor Operasie Savannah self nie. Prof. FJ du Toit Spies en Sophia J. Du Preez se boek Operasie Savannah, Angola 1975-1976 is ’n goeie bron wat vir akademiese doeleindes gebruik kan word. Dit bevat ʼn deurslaggewende narratief oor die operasie waarin die SAW homself diep in Angola bevind het. Hierdie stuk wat spruit uit ’n SAW-Argief projek, bevat deurslaggewende inligting oor Operasie Savannah en die mense wat betrokke was. Prof. Spies het toegang gekry tot die argief van die SAW en kon met hulp van Du Preez en ander navorsers ’n goeie rekening gee van wat tydens Operasie Savannah plaasgevind het. Leopold Scholtz is, onder andere, ook een van die historici wat oor die Grensoorlog geskryf het. In sy onlangs gepubliseerde boek, Die SAW in die Grensoorlog: 1966-1989, bied Scholtz vars perspektiewe op die strydpunte wat oor 23 jaar plaasgevind het. Hy fokus op die doelwitte van die oorlog en of hierdie doelwitte eintlik bereik is. Scholtz het sy opinie oor sekere kwessies rondom die Grensoorlog ook al in verskeie artikels gedeel en daar kan dus konkrete inligting oor die agtergrond van die Grensoorlog en oor Operasie Savannah uit sy navorsing verkry word. Daar is tot op hede nie volledige inligting oor die werklike getalle van sterftes en beseerdes tydens Operasie Savannah nie. Geen offisiële dokumente of publikasies gee syfers oor die SAW-troepe wat beseer is tydens Operasie Savannah nie. Vir hierdie rede kan daar nie ’n goeie vergelyking getrek word tussen wat berig is oor Operasie Savannah en die werklikheid nie. Vir hierdie studie word daar ook uit twee verskillende MA proefskrifte inligting getrek. Graeme Addison het in 1982 ’n tesis geskryf oor Censorship of the press in South Africa during the Angolan War: a case study of news manipulation and suppression. In hierdie
  • 9. 4 proefskrif van Addison, bespreek hy die sensuur wat op Suid-Afrikaanse koerante gedurende die oorlog in Angola geplaas is. Die fokus van sy studie argumenteer dat die regering die Verdedigingswet gebruik het om toe te laat dat sekere inligting, wat die regering se politieke objektiewe en vooruitsigte beklemtoon, gepubliseer word. Addison bespreek propaganda en hoe die koerant industrie deur blanke dominansie beïnvloed is. John Nerys het in 2002 aan die Universiteit van Kaapstad sy MA proefskrif; naamlik, South African Intervention in the Angolan Civil War, 1975-1976: Motivations and Implications voltooi. In hierdie proefskrif bepreek Nerys die redes hoekom Suid-Afrika in Angola betrokke geraak het, wat gelei het tot Operasie Savannah, asook die implikasies wat dit vir Suid-Afrika ingehou het. Hoofstuk twee van Nerys se proefskrif behandel ’n klein gedeelte oor die plaaslike reaksie op die oorlog deur te kyk na wat die pers gepoog het om oor die Grensoorlog te skryf. Hierdie hoofstuk in Nerys se proefskrif bevat nie volledige navorsing oor Suid-Afrikaanse koerante nie. Al is daar oor die Grensoorlog, Operasie Savannah en oor die sensuur van die regering geskryf, is daar nog nie ’n omvattende publikasie oor wat die verskillende Suid-Afrikaanse koerante voor, tydens en na Operasie Savannah gepubliseer het nie. Daar word in verskeie akademiese artikels genoem dat daar wel sensuur plaasgevind het en dat sekere koerante gepoog het om tog met die publiek inligting oor die SAW se posisie in Angola te deel, maar daar is tot op hede niks volledig met voorbeelde uit koerante bespreek nie. Vir hierdie studie word daar op drie Suid-Afrikaanse koerante gefokus; naamlik, Die Burger, The Cape Times en die Rand Daily Mail. Om ’n in diepte vergelyking tussen die koerante te trek, is daar besluit om net drie koerante te bestudeer. Die gebruik van die bogenoemde koerante sluit in die volgende eenvoudige redes: Die Rand Daily Mail is vir lank beskryf as ’n koerant wat nie inligting of stories probeer van die publiek weerhou het nie. The Cape Times is ook as ’n onafhanklike koerant beskryf, maar tog meer liberaal. Die derde koerant, Die Burger, is aan die ander kant ’n Afrikaanse koerant, en was gedurende Operasie Savannah deur die regering beïnvloed. Deur hierdie drie verskillende Suid-Afrikaanse koerante te gebruik, kan daar dus duidelike verskille gesien word wat goeie bewyse aan die studie gee. Alhoewel ’n tydperk van agt maande nagevors is, bevat hierdie studie nie elke artikel wat in die bogenoemde koerante gepubliseer is nie. Artikels wat as voorbeelde gebruik word het die narratief oor Operasie Savannah die beste verduidelik.
  • 10. 5 3. Grensoorlog Oorsprong en Agtergrond Die Grensoorlog verwys na die uitgerekte oorlog vanaf 1966 tot en met 1989 plaasgevind het.1 Dit was moontlik vir vaders en hul seuns om in dieselfde oorlog te veg, omdat die oorlog so lank geduur het. Die Grensoorlog het ʼn huishoudelike term geword oor die 23 jaar wat dit plaasgevind het. Die “grens” beskryf die “lyn wat ’n sy of die omtrek van ’n gebied bepaal of die omtrek van die gebied van ’n ander daarnaas geleë skei”.2 Dit verwys na die lyn wat die grondgebied van Angola en Suidwes-Afrika (vandag beter bekend as Namibië) skei. Hierdie grenslyn volg die Kunene-rivier vir omtrent 350 km ooswaarts vanaf die Atlantiese oseaan. Die grens verander in ’n reguit lyn en loop vir omtrent nog 450 km parallel met die ewenaar.3 Dit volg dan die loop van die Okavango-rivier vir omtrent nog 350 km terug na die koloniale reguit lyn. Die grens verwys na ’n afstand van ongeveer 1600 km.4 Suid van hierdie belangrike grens in die Ovamboland provinsie, lê vele van die plekke wat as basisse bekend geraak het. Dit is waar baie SAW-troepe gestasioneer was insluitende Ruacana, Oshivello, Katimo en die Caprivi- strook.5 Noord van die grens, in Angola self, was daar ander stasies waar die SAW hulself tuisgemaak het. Dit sluit in die Lomba-rivier, die Benguela-spoorlyn en Cuito Cuanavale. Williams het voorgestel dat die term “grens” in Grensoorlog doelbewus deur die staat gebruik is. Redes hiervoor sluit in dat grens nie na ’n spesifieke area of plek verwys waar die troepe hulself bevind het nie. Ook dat die SAW aan die grens is “om dit te beskerm” tog meer geloofwaardig voorgekom het as om te sê dat hul ander vreemde grondgebiede ingeval het en hulself daar verstewig het.6 Dit is duidelik dat die grens vêr van die huis vir baie Suid-Afrikaanse troepe, logisties en sielkundig was. Hierdie onbekende grond was vreemd vir al die troepe wat daar diensplig gedoen het asook vir die families en vriende van hierdie troepe. Die vaagheid van die grens waar die SAW hulself bevind en geveg het, oor ’n tydperk van amper 23 jaar, was ook ’n manier om inligting te weerhou vanaf Suid-Afrikaanse burgers, omdat inligting selde deur die Suid-Afrikaanse regering vrygestel is. 1 D. Williams: Aan die grens: Wit mans se militêre ervaring – 1965-1990, bl. 15. 2 F.F. Odendaal: Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, bl. 309. 3 Ibid. 4 Ibid. 5 Ibid. 6 Ibid. bl. 16.
  • 11. 6 Die oorsprong van Suid-Afrika se strategie om in die Grensoorlog te veg, spruit uit konflik wat jare vroeër plaasgevind het. Met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog in 1914 het Brittanje die Suid-Afrikaanse Unieregering (die SAU) gelei, deur vir Louis Botha, die Eerste Minister van Suid-Afrika, te vra of hul dringende beheer oor Duits Suidwes kon neem en daardeur toegang tot die kolonie se hawens te weier.7 Botha het die veldtog gelei en die SAU se weermag is in 1912 tot stand gebring. Na die oorlog is Suid-Afrika beskou as een van die “seëvierende bondgenote” en is die regering deur die Volkebond gemagtig om Suidwes te administreer.8 Duitsland is gedwing om sy mag op Suidwes prys te gee en selfs na die Tweede Wêreldoorlog het die Verenigde Nasies die mandaat hernu. Suidwes-Afrika was gesien as nog ’n provinsie van Suid-Afrika en sy regering en het veel meer verpligtinge as net die administrasie aangepak. Daar word geskryf dat in die vroeë 1960s het mans en vroue van Suidwes-Afrika nie meer net die oppressie en vernedering aanvaar wat plaasgevind het nie. Ovamboland se tronk was teen dié tyd vol, omdat enige persoon wat Suid-Afrika se mag probeer ondermyn het, tronk toe gestuur is. Baie burgers van Suidwes-Afrika het besef dat hulle sou moes terug veg nadat mense in die publiek verneder en beseer is.9 In 1957 is die Suidwes-Afrika bevrydingsorganisasie Ovamboland People’s Organisation (OPO) gestig en in 1960 is hulle hernoem na South West Africa Peoples Organisation (SWAPO). SWAPO het in ook 1962 ’n hoofkantoor in Lusaka ingerig en hulle het ’n militêre vleuel gevestig; naamlik, People’s Liberation Army of Namibia (PLAN).10 Hulle was ’n georganiseerde groep en het lede vanuit Algerië, Kuba asook die Söviet-Unie opgelei om vir hul te veg. Teen 1973 was PLAN van mening dat hulle sterk genoeg is om aanvalle op polisiepatrollies en kampe te loods. In Suid-Afrika was die polisie verantwoordelik vir die beskerming van die land asook die implementering van wette en die handhawing daarvan in Suidwes-Afrika. Die SAW het soldate opgelei en hulle het hulp verleen aan die polisie, maar was net betrokke by kleiner operasies. In 1962 is die vrywilliger stelsel deur die regering vervang met ’n lotingstelsel waarvolgens baie jong wit mans verplig was om nege maande diensplig in die Weermag te doen.11 Die SAW het besef dat hierdie nie genoeg tyd was om die nuwe soldate op te lei en 7 D. Williams: Aan die grens: Wit mans se militêre ervaring – 1965-1990, bl. 16. 8 Ibid. 9 L. Scholtz: “The Namibian Border War: An Appraisal of the South African Strategy,” Scientia Militaria South African Journal of Military Studies, bl. 26. 10 D. Williams: Aan die grens: Wit mans se militêre ervaring – 1965-1990, ble. 16-17. 11 L. Scholtz: Die SAW in die Grensoorlog, 1966-1989, bl. 8.
  • 12. 7 operasioneel aan te wend nie en het die verpligte diensplig van 12 maande ingestel.12 Baie jong mans wat pas met skool klaar gemaak het, was verplig om opleiding te ontvang en diens te doen. Die 26ste Augustus 1966 kan beskryf word as die begin van die Grensoorlog. Op hierdie dag het 130 mans die basis van die PLAN aangeval. Hierdie aanval het by Ongulumbashe in Ovamboland, wat in die noorde van Suidwes is, plaasgevind.13 Die SAW het SWAPO hier verras en oorweldigend verslaan. Tydens hierdie tydperk het Suid-Afrika se gesag oor Suidwes-Afrika tog omstrede geraak nadat die Verenigde Nasies (VN) die mandaat herroep het en Suid-Afrika se kontrole oor Suidwes-Afrika onwettig verklaar het. Die begin jare van die Grensoorlog kan beskryf word as ’n “lae intensiteit konflik”, omdat na die inval by Ongulumbashe in Ovamboland het SWAPO vir ’n paar jaar weggebly van die grens af.14 Bevrydings organisasies in die Portugese kolonies van Angola, Mosambiek en Guinee-Bissau was tesame met die bogenoemde organisasies in opstand teenoor koloniale magte. Die feit dat Portugese-troepe deel gevorm het, was belangrik vir die Suid-Afrikaanse regering omdat dit verhoed het dat Plan Suidwes-Afrika deur middel van Suid Angola binnedring. Die militêre aktiwiteite in Angola, Mosambiek en Guinee-Bissau het tot Portugal se finansiële ondergang gelei, omdat meer as 50% van die staat se geld aan die weermag gewy is.15 Na ’n coup d’état in 1974, waar daar onwettige beslag gele word op die krag van 'n regering, kon die Portugese kolonies onafhanklik verklaar word mits die nuwe regerings die geheime organisasie van Gewapende Magte (die MFA) se ideologiese oortuigings sou deel. Hierdie het in Mosambiek en in Guinee-Bissau gewerk, maar nie in Angola nie. Angola was in ’n nuwe oorlog van sy eie.16 Drie kompeterende guerrilla-faksies het na vore gekom om beheer van Angola te neem; elkeen met ondersteuning van elders. Die eerste een was die Movimento Popular de Libertação de Angola (MPLA) wat ondersteun is deur die Unie van Söviet Sosialistiese Republieke (USSR) met die doelpunt om kommunisme te versprei.17 Die tweede faksie was die Frente Nacional de Libertação de Angola (FNLA) wat teen kommunisme was en ondersteuning van die Weste met ope hande ontvang het. Die derde faksie was die União 12 L. Scholtz: Die SAW in die Grensoorlog, 1966-1989, bl.8. 13 Ibid. bl.7. 14 Ibid. bl.11. 15 W. Steenkamp: Suid-Afrika se Grensoorlog, bl. 32. 16 Ibid. 17 Ibid.
  • 13. 8 Nacional para a Independência Total de Angola (UNITA), ondersteun deur onder andere Amerika, asook Suid-Afrika. UNITA en die FNLA het mettertyd ook saamgesmelt om ’n sterker faksie te hê.18 Portugal het steeds voorkeur aan die MPLA gegee en kon hulle weer beheer oor Angola kry. Kort na hierdie besluit het die stryd tussen die verskillende faksies begin, om beheer van Angola te kry. Daar is oorspronklik besluit dat die Suid Afrikaanse polisie, eerder as die SAW, weerstand teen die vyand moes hokslaan, maar Suid-Afrika het teen die einde van 1973 het besluit dat die polisie nie meer die mas kon opkom nie en die SAW het in April 1974 formeel oorgeneem.19 In Junie 1974 het ’n groot groep guerrilla-troepe die Caprivi-strook binnegedring, net ses in ’n geveg op 23 Junie 1974 het oorleef en die ander lede is almal deur die Suid-Afrikaanse troepe doodgeskiet.20 In dieselfde jaar het die SAW hul eerste ongeval van die Grensoorlog beleef toe luitenant Freddie Zeelie gesneuwel het in ’n skermutseling met ’n groep rebelle, wat probeer het om die Suid-Afrikaanse grens oor te steek.21 Vanaf hierdie geval, tot die einde van die Grensoorlog, het dit dieselfde met baie ongevalle gegaan: net die naam van die weermaglid is vrygestel, maar geen inligting oor hoe en waar hy gesterf het, is gedeel nie. Die Suid-Afrikaanse inval op Angola in 1975, ook bekend as Operasie Savannah, het sy oorsprong gehad in die staatsgreep in Lissabon op 25 April 1974. Dit is toe ’n groep ontevrede offisiers die Fascistiese diktatuur van Marcelo Caetano, die premier, omvêrgewerp het.22 Dit het enorme en diepgaande implikasies vir Suider-Afrika gehad. Die Suid- Afrikaanse regering kon nie meer langer gebruik maak van Angola as buffer gebied wanneer SWAPO Suidwes probeer infiltreer het nie. Die Portugese owerhede het die SAW verbied om patrollies te onderneem om SWAPO-vegters nie te keer om na Suidwes-Afrika deur te dring nie. Teen 26 Oktober 1974 het die laaste van die Suid-Afrikaanse skakeloffisiere Angola verlaat.23 SWAPO het die nuwe geleentheid om baie makliker oor die grens te beweeg gou aangegryp en slegs ’n paar maande nadat die Portugese beheer oor Suidelike Angola verloor het, het dit gewemel met gewapende SWAPO bendes. Van die SWAPO basisse het uit ongeveer 70 18 W. Steenkamp: Suid-Afrika se Grensoorlog, bl. 32. 19 L. Scholtz: Die SAW in die Grensoorlog, 1966-1989, bl.7. 20 Ibid. bl.11. 21 Selfs Zeelie se dood is in geheimhouding gehou en sy ouers is self nie eers vertel presies waar en wanneer hy dood is nie. Hulle het net ses maande na sy begrafnis sy “Louw Wepener-dekorasie” vir dapperheid nadoods ontvang. 22 L. Scholtz: Die SAW in die Grensoorlog, 1966-1989, bl.13. 23 Ibid.
  • 14. 9 mans bestaan.24 Vir die eerste keer vanaf die begin van die Grensoorlog in 1966 het SWAPO ’n teenwoordigheid in Ovamboland gekry nadat meer as 500 guerrillas die gebied binnegedring het. Die SAW het in Augustus en September van 1974 reageer met ’n reeks grens-operasies; naamlik, Operasie Sausage. Al is 26 SWAPO en MPLA vegters doodgeskiet, was meeste van die SWAPO basisse leeg en daar is nie veel met die Operasie bereik nie.25 24 L. Scholtz: Die SAW in die Grensoorlog, 1966-1989, bl.14. 25 Ibid.
  • 15. 10 4. Die Verdedigingswet 44 van 1957 en Die Wet Op Publikasies 42 van 1974 Die Suid-Afrikaanse regering het gedurende die 1900’s verskeie wette geïmplementeer wat die deel van sekere informasie aan die publiek verbied het. Informasie was gesensor in boeke, koerante, tydskrifte, televisieprogramme en op die radio en het ’n groot impak gehad op wat die publiek se kennis oor sekere gebeurtenisse was. Twee wette wat ’n direkte impak op Operasie Savannah en die inval van die SAW in Angola gehad het, is die Verdedigingswet nommer 44 wat aangepas is in 1967, wat oor die beskerming van inligting oor die SAW se beweging gedurende die oorlog gaan en die Wet op Publikasies nommer 42 van 1974 wat ’n groot invloed gehad op wat onder andere in koerante gepubliseer is rakende nuus en feite oor die situasie aan die grens. Die regering het beweer dat om inligting te weerhou vanaf die publiek was die beste opsie om chaos en paniek te voorkom asook om Suid-Afrika se internasionale betrekkinge te beskerm en sensuur in koerante het deel geword van die daaglikse lewe van Suid-Afrikaanse burgers. Die Verdedigingswet, nommer 44 van 1957 het die media verbied om enige inligting te publiseer rakende die SAW voordat dit goedgekeur is deur die Minister van Verdediging, Mnr. P.W. Botha.26 Die aanpassing van hierdie wet het voorsiening gemaak dat alle tipe telegrafiese, telefoniese, fotografiese en radio kommunikasie ook nou gedurende oorloë tydperk verbied is.27 Hierdie aanpassing saam met die direkte verbanning van koerante, tydskrifte en boeke om oor ’n oorlog te publiseer het dit baie moeilik gemaak vir families en burgers van Suid-Afrika om inligting oor die oorlog en die troepe te kry. Die wet het ook verbied dat enige lid van die SAW of van die staatsdiens enige inligting wat verband gehou het met die weermag of die land se posisie, behalwe soos genoem, as dit onder die gesag van die Minister van Verdediging, gedoen word.28 Sensuur was selfs geplaas op die neem van foto’s en die teken van sketse oor die SAW in Angola. Afdeling 118 van hierdie Wet verduidelik die sensuur wat op koerante geplaas is: Niemand mag in oorlogstyd in ’n nuusblad, tydskrif of pamflet of per radio of op ander wyse inligting met betrekking to die bewegings of opstellings van die Suid-Afrikaanse Weermag of ’n mag van ’n land wat ’n bondgenoot van die Unies is, of van Suid-Afrikaanse of geallieerde skepe of vliegtuie, of enige verklaring, kommentaar of aanduiding wat daarop bereken is om regstreeks of onregstreeks sulke inligting oor te dra, publiseer nie, behalwe waar die 26 G. Addison: Censorship of the Press in South Africa During the Angolan War: A Case Study of New Manipulation and Suppression, bl. 93. Proefskrif soos ingelewer aan Rhodes Universiteit, 1982. 27 Ibid. bl. 92. 28 Ibid. bl.93.
  • 16. 11 inligting verstrek of die publikasie daarvan gemagtig is deur of op die gesag van die Minister.29 Dit blyk duidelik dat die Suid-Afrikaanse regering baie mag gehad het ten opsigte van die inligting wat met die publiek gedeel mag word. As die regering iemand gevang het hierdie Wet oortree, moes hulle ’n boete van tot en met R1 000 betaal of kon hulle tronk toe gestuur word vir 5 jaar.30 Tesame met hierdie wet, is die Wet op Publikasies ook ingestel wat verhoed het dat sekere materiaal in koerante mag verskyn het. Die Wet op Publikasies, nommer 42 van 1974 handel oor die sekere beperkings ten opsigte van die verspreiding van sekere materiaal in die Republiek van Suid Afrika. Hier verwys die term “publikasies” na enige boodskap of kommunikasie, insluitend visuele aanbiedinge.31 Die Wet op Publikasies is deur die Publikasies Beheerraad opgestel en die publisering of verspreiding van enige dokument (wat nie deur die Nasionale Pers vrygestel was nie) kon verbied geword het as dit ongewens was.32 In afdeling 47 van hierdie Wet is daar geskryf: “By die toepassing van hierdie Wet word ’n publikasie of voorwerp, rolprent, openbare vermaaklikheid of voorgenome openbare vermaaklikheid geag ongewens te wees indien dit of ’n deel daarvan” onder andere “onbetaamlik of onwelvoeglik of vir die openbare sedes aanstootlik of skadelik is” of “vir die veiligheid van die Staat, die algemene welsyn of die vrede en goeie orde nadelig is”.33 Afdeling 43 van hierdie Wet verduidelik dat enige persoon wat skuldig bevind word aan die oortreding van enige gedeelte van die Wet is strafbaar: i) in die geval van die eerste skuldigbevinding, met ’n boete van hoogstens vyfhonderd rand of gevangenisstraf vir ’n tydperk van hoogstens ses maande of met sowel daardie boete as daardie gevangenisstraf; ii) in die geval van ’n tweede skuldigbevinding, met ’n boete van minstens vyfhonderd rand en hoogstens duisend rand of gevangenisstraf vir ’n tydperk van hoogstens ses maand of met sowel daardie boete as daardie gevangenisstraf; en iii) in die geval van ’n derde of daaropvolgende skuldigbevinding, met ’n boete van minstens duisend rand of gevangenisstraf vir ’n tydperk van minstens ses maande of met sowel daardie boete as daardie gevangenisstraf.34 29 1957 Wette van die Unie van Suid-Afrika, Deel 1. bl. 687. 30 G. Addison: Censorship of the Press in South Africa During the Angolan War: A Case Study of New Manipulation and Suppression, bl. 93. Proefskrif soos ingelewer aan Rhodes Universiteit, 1982. 31 K. Stuart: The Newspaperman’s Guide to the Law, bl. 84. 32 Ibid. 33 Staatskoerant, 9 Oktober 1974, bl. 60. 34 Staatskoerant, 9 Oktober 1974, bl. 60.
  • 17. 12 Oortreders van hierdie wet is tot ’n groot mate gestraf en is dit duidelik dat hierdie tipe oortreding nie aanvaar is nie. Dus, het die Publikasies Beheerraad die mag gehad om enige inligting en materiaal wat volgens hulle ongewens was weg te neem en te verbied dat dit gepubliseer word.35 Die Publikasies Beheerraad is opgestel uit minstens sewe lede en die voorsitter is so belangrik geag is dat hy selfs die Staatspresident kon word.36 Verspreiding van inligting in publikasies oor die SAW en hul inval op Angola was gedurende 1975 een van die Publikasies Beheerraad se grootste fokus punte en hulle het ’n groot invloed gehad waarop koerante wel gepubliseer het. Die twee wette wat geïmplementeer is, het duidelik ’n direkte effek gehad op inligting wat weerhou en gepubliseer is deur die Suid-Afrikaanse pers. Koerante was ’n belangrike bron van inligting vir vele Suid-Afrikaanse burgers omdat dit maklik bekombaar was vir die gemiddelde man op straat. Die Suid-Afrikaanse burgers het die pers vertrou om korrekte en volledige inligting aan hulle te verskaf, met ’n minimale tydverloop tussen die tyd wat iets gebeur het en die tyd wat dit gepubliseer is, maar weens onder andere die bogenoemde wette was dit nie moontlik vir joernaliste om oor die SAW te publiseer nie. 35 K. Stuart: The Newspaperman’s Guide to the Law, bl. 84. 36 Ibid.
  • 18. 13 5.1 Die Eerste Maande (Julie – September 1975) Suid Afrika se volskaalse inval in Angola in Oktober 1975 was die finale fase van Angola se pad na ʼn volskaalse oorlog.37 Operasie Savannah soos wat hierdie inval vir Suid-Afrikaners bekend is, het die Koue Oorlog na die hartjie van sub-Sahara Afrika gebring.38 In die begin van Julie 1975 het Daniel Chipenda, wat die FNLA verteenwoordig, vir Generaal Hendrik van den Bergh ontmoet waar daar besluit is dat Suid-Afrika in die oorlog moet ingryp. Dit was heel moontlik dat die FNLA ook onder druk was van Frankryk en Amerika. Ook in Julie 1975 kan die eerste tekens van die opbou na Operasie Savannah duidelik gesien word. Volgens Magnus Malan, die Hoof van die SAW op daardie stadium, is die watervoorsiening projek by Calueque een van die eerste probleme wat Suid-Afrika “gedwing het om militêr in Angola betrokke te raak”.39 Daar is reeds in 1969 ’n ooreenkoms tussen Suid-Afrika en Portugal gesluit oor die ontwikkeling van watervoorrade by die Kunene- rivierbekken. Die Calueque hidroëlektriese pompstasie het groot volumes drinkwater aan Ovamboland voorsien en die afsny van hierdie watertoevoer sou grootskaalse gevolge vir die inwoners van Ovamboland inhou. Die hidroëlektriese kragsentrale by Ruacana in Suidwes- Afrika het weer elektrisiteit aan die pompe by Calueque en later aan dele van Namibië voorsien. Op hierdie stadium was Suid-Afrika en Portugal steeds verantwoordelik vir die finansiering van die projek. Magnus Malan het geskryf dat baie werkers by Calueque deur Angolese groepe geïntimideer is en dat hulle nie verder hul poste wou beman nie.40 Met die SAW se beskerming sou hierdie werkers op hul poste bly en daarom het Suid-Afrika die belangrike besluit geneem om hierdie werkers te beskerm. Gevolglik op die 14de Julie 1975 het Suid-Afrikaanse troepe oor die grens beweeg na Angola toe, en al langs die Cunene rivier plek ingeneem om die Calueque-Ruacana hidroëlektriese pompstasie te beskerm. In Suid-Afrikaanse koerante kom daar niks oor hierdie geheimsinnige besluit tussen die Suid-Afrikaanse regering en die FNLA nie. Dit is moontlik dat hierdie inligting nie beskikbaar was aan die Suid-Afrikaanse pers nie, sodat die SAW-troepe veilig die pompstasie kon beskerm. Op 15 Julie 1975 het Die Burger ’n berig geskryf oor die feit dat ’n volskaalse burgeroorlog in Angola dreig nadat troepe van die FNLA deur troepe van die opponerende MPLA uit 37 E. George: The Cuban Intervention in Angola, 1965-1991: From Che Guevara to Cuito Cuanavale, bl. 68. 38 Ibid. 39 M. Malan: My lewe saam met die SA Weermag, bl. 114. 40 Ibid. bl. 115.
  • 19. 14 Luanda verdryf is.41 Die artikel het gefokus op die situasie in Angola en waarmee die twee opponerende groepe mee besig was.42 Die dag na dat hierdie artikel gepubliseer is, was daar ’n groot bylae beskikbaar in elke kopie van Die Burger met die opskrif: “kyk en leesstof oor Suid-Afrika se pragtige buurland”; naamlik, Suidwes Afrika. Geen nuus oor die Calueque situasie is met die Suid-Afrikaanse lesers van Die Burger gedeel nie.43 Volgens geskiedskrywers het nuus van Suid-Afrika se betrokkenheid by Calueque in die Lisbon Daily (publikasie in Europa) verskyn en dit was ook die eerste rapportering van Suid-Afrika se betrokkenheid in Angola gedurende die oorlog. Die media in Suid-Afrika het geen berigte geskryf oor enige moontlike beweging en aktiwiteit van die SAW-troepe rondom Calueque nie.44 Op 11 Augustus 1975 het die Minister van Verdediging, Mnr. PW Botha, artikels en spekulasie oor die SAW troepe se bewegings vir die eerste keer verban. Hierdie was die eerste “verduistering” wat in die Suid-Afrikaanse media voorgekom het oor Suid-Afrika se betrokkenheid in Angola wat sou volg.45 Min of meer ’n maand nadat na die Calueque situasie het die SAW se instrukteurs begin om hul Angolese bondgenote in ’n samehangende gevegsmag te vorm. Gedurende hierdie tyd het Suid-Afrikaanse koerante begin om oor Angola berig, maar geen beriggewing oor Suid Afrika se betrokkenheid nie. Op 18 Augustus het die Rand Daily Mail berig oor die Minister van Ovambo, Filemon Elifas, wat buite ’n vriend se huis vermoor is, wat hy besoek het. In dieselfde artikel is daar ook geskryf dat Mnr Vorster die publiek gewaarsku het teen die aksies van hierdie tipe misdaad wat plaasgevind het.46 In The Cape Times is daar ook ʼn artikel gepubliseer oor die dood van Elifas en het min of meer dieselfde inligting as die Rand Daily Mail bevat. Die Burger het ‘n hoofartikel oor Ovamboland se leier se dood geskryf. In hierdie artikel skryf Die Burger dat Suider-Afrika ’n “swart leier van hoe gehalte en belofte” verloor het.47 Die Burger het bygevoeg dat hierdie tipe geweldadigheid nie te aanvaar nie. Elifas se dood moet die publiek 41 “Volskaalse Burgeroorlog dreig in Angola,” Die Burger, 15 Julie 1975, bl.1. 42 Ibid. 43 “Suidwes,” Die Burger, 16 Julie 1975, bylae. 44 G. Addison: Censorship of the Press in South Africa During the Angolan War: A Case Study of New Manipulation and Suppression, bl. 209. Proefskrif soos ingelewer aan Rhodes Universiteit, 1982. 45 Ibid. 46 D. Gordon: “Lobito Falls – Elifas Shot Dead,” Rand Daily Mail, 18 Augustus 1975, bl.1. 47 “Moord op Wambo-leier,” Die Burger, 18 Augustus 1975, bl. 10.
  • 20. 15 en die regering meer vasberade maak om die aggresiewe “magte van die duisternis” terug te werp.48 Gedurende Augustus van 1975 was daar gereeld botsings tussen die MPLA se militêre vleuel, FAPLA, en die FNLA, in en rondom Luanda. Die Portugese aan bewind het ook toegegee aan die MPLA se eise dat die FNLA-ministers uit Luanda moes onttrek. Die MPLA het aan die einde van Augustus beweer dat daar tussen 800 en 1000 Suid-Afrikaanse troepe en meer as ’n dosyn helikopters op die 22ste Augustus 1975 hul pad na Angola toe gevind het. Die SAW se inval kan beskou word as die begin van vele aanvalle wat sou volg. Hierdie inligting is ook nie in Suid-Afrikaanse koerante gepubliseer nie. Datums oor hierdie tipe gebeurtenisse is eers in 1977 aan die publiek bekend gemaak.49 Dit is duidelik dat die Suid-Afrikaanse publiek geen kennis gedra het van hierdie gebeurtenis nie. Jong mans wat deel van die SAW was, is ook verbied om enige inligting aan familielede deur te gee en dus was daar geen manier vir die Suid-Afrikaanse publiek om oor die gebeurtenis uit te vind nie. Gevolglik het die Eerste minister, Vorster, op die 4de September 1975, die SAW toestemming gegee om militêre opleiding, advies en logistieke ondersteuning aan UNITA en die FNLA te bied. Op dieselfde dag het The Cape Times berig oor wat in Angola plaasvind. Botha, die Minister van Verdediging, het in ’n toespraak bevestig dat Suid-Afrika verantwoordelik is om die linkse opposisie in Angola te help verswak. Hy het bygevoeg dat die Suid-Afrikaanse troepe besig was met “teen-insurgensie aktiwiteite” aan die grens en dat slegs 25% aan militêre kwessies spandeer word. Die SAW-troepe was volgens Botha meer betrokke by die opvoeding en mediese afdelings.50 Net drie weke later, teen die einde van September 1975, het Savimbi sy eerste SAW offisier, Van der Waals, ontvang. Van Der Waals het ʼn opleidingskamp by Calombo opgerig en SAW-troepe opgelei nadat UNITA ’n desperate beroep gedoen het op die SAW om hulle te ondersteun. As gevolg van die Verdedigingswet wat in Suid-Afrika gedurende Operasie Savannah geïmplementeer is, mag hierdie inligting nie met die Suid-Afrikaanse publiek gedeel word nie. Volgens Addison is inligting oor die hulp wat deur die SAW aan UNITA verleen is, eers in 1977 bekend gemaak.51 48 “Moord op Wambo-leier,” Die Burger, 18 Augustus, 1975, bl. 10. 49 G. Addison: Censorship of the Press in South Africa During the Angolan War: A Case Study of New Manipulation and Suppression, bl. 209. Proefskrif soos ingelewer aan Rhodes Universiteit, 1982. 50 “Terror – Botha’s plee to all,” The Cape Times, 4 September, 1975, bl. 3. 51 G. Addison: Censorship of the Press in South Africa During the Angolan War: A Case Study of New Manipulation and Suppression, bl. 209. Proefskrif soos ingelewer aan Rhodes Universiteit, 1982.
  • 21. 16 Baie inligting kan opgesom word vanuit die maande Julie tot Augustus 1975, die “eerste maande”, tot die oploop van die volskaalse betrokkenheid van Suid-Afrika in Angola. Dit is duidelik dat die SAW al in Julie 1975 by die gevegte in Angola betrokke geraak het, maar dit is nie in Suid-Afrikaanse koerante bekend gemaak nie. Die Suid-Afrikaanse publiek was tot en met hierdie tyd oor die SAW-troepe se posisie in die duister gelaat.
  • 22. 17 5.2 Hoogtepunt (Oktober – Desember 1975) Oktober kan as een van dié belangrikste maande van Operasie Savannah gesien word. In Oktober 1975 het die SAW-troepe volskaals in Angola betrokke geraak. Dit het begin by die geveg by Norton de Matos op 5 Oktober 1975, waar een van die SAW-troepe se militêre voertuie deur die FNLA vernietig is. Hieroor is daar ook in geen van die koerante berig nie. Dit is duidelik dat Suid-Afrika selfs in Oktober van 1975 nog nie van Suid-Afrika se posisie in Angola bewus was nie. Op 3 en 4 Oktober het die Rand Daily Mail artikels oor die verskillende invalle in Angola gepubliseer. Op bladsy ses van die artikel wat op 3 Oktober 1975 geplaas is, beskryf die Rand Daily Mail Suidwes-Afrika as ’n laboratorium vir Suid-Afrika. Hierdie artikel beskryf hoe Suidwes-Afrika deel is van Suid-Afrika en hoe die regering sekere politieke en sosiale “toetse” doen op Suidwes-Afrika om te sien of Suid-Afrika daarby sou baat.52 Op die 7de Oktober 1975 het The Cape Times ’n berig oor die vlugteling krisis in Angola gepubliseer.53 Hierdie artikel bevat net algemene inligting oor die gemeenskap in Angola wat gepoog het om na ander lande te vlug omdat grootskaalse oorlog in Angola sou uitbreek. Teen die middel van Oktober 1975 het FNLA en UNITA soldate al begin opleiding by Serpia Pinto ontvang. Gedurende dieselfde tyd het sake op die oorlogs front ’n groot wending geneem, dat Suid-Afrika se Taakmag genaamd Zulu ook by die volskaalse oorlog betrokke geraak het. Die SAW het besluit om op 14 Oktober 1975 met behulp van Taakmag Zulu en twee ander kleiner veg groepe, deur Suidwes-Afrika, Angola binnegegaan.54 Hierdie SAW- troepe het hulself oor ’n groot gedeelte van die noorde van Suidwes-Afrika versprei, vanaf die Cunene-rivier tot en met Luanda. Vir die twee weke wat daarna gevolg het, het Taakmag Zulu steun in Angola gebied en kleiner dorpe en geografiese areas verower. Suid-Afrikaners het dit noodsaaklik gevind om uit te vind oor die gebeure aan die grens, omdat hulle tog nuus ontvang het dat daar verwikkelinge in Angola plaas gevind het.55 Op 23 Oktober 1975 het die Rand Daily Mail en The Cape Times beide berigte oor die skielike, onverwagse stilte wat in Angola plaasgevind het. Hierdie koerante beskryf dit as die “stilte voor die storm”, min wetend van die volskaalse oorlog wat in November 1975 sou volg.56 Eers op Maandag 3 November 1975 het Die Burger op bladsy 4 berig dat daar bewerings was dat die Angolese 52 “SWA is a laboratory for SA,” Rand Daily Mail, 3 Oktober 1975, bl. 6. 53 “Angolan refugee rush is over,” The Cape Times, 7 Oktober 1975, bl. 2. 54 E. George: The Cuban Intervention in Angola, 1965-1991: From Che Guevara to Cuito Cuanavale, bl. 71. 55 Ibid. 56 “Luanda: The lull before the storm,” The Cape Times, 23 October 1975, bl. 4.
  • 23. 18 nasionalistiese bewegings tot ’n skietstilstand gekom het. Hierdie klein berig het inligting bevat, wat volgens Die Burger deur kennisse uit Angola gedeel is, oor wat in Angola aan die gebeur was.57 Die SAW-troepe was teen hierdie tyd diep in Angola, maar daar is niks in Die Burger daaroor geskryf nie. Op 11 November 1975 het Die Burger ‘n volledige kaart oor Angola se onafhanklikheid wording ingesluit. Hierdie kaart verduidelik dat stappe wat geneem sou word om Angola onafhanklik te verklaar en ook die ooreenkomste wat tussen die verskillende groepe, wat die FNLA en die MPLA insluit, geteken is.58 Op dieselfde datum het The Cape Times ‘n hoofartikel geskryf met die opskrif “Angola in travail”.59 In hierdie hoofartikel word Angola se onafhanklikheid bespreek en hoe die invloed van die verskillende organisasies hierdie onafhanklikwording belemmer het. Aan die einde van die artikel bevestig The Cape Times dat die beste opsie vir Suid-Afrika is, om nie betrokke te raak by hierdie gevegte nie. Hierdie hoofartikel het duidelik The Cape Times se perspektief weerspieël oor Suid-Afrika se posisie in Angola. Suid-Afrika moet uit Angola uitbly.60 In die middel van November 1975 het The Cape Times en die Rand Daily Mail berig oor die situasie. Artikels het inligting bevat oor die verskillende nasionalistiese bewegings in Angola en wat hierdie bewegings se posisie was op daardie stadium in die oorlog. ’n Artikel wat in Die Burger voorgekom het op 17 November 1975 is as ongelooflik belangrik deur die Suid Afrikaanse publiek gesien. In die artikel, op bladsy 1, het Die Burger bevestig dat die SAW tien terroriste doodgeskiet het nadat een van die soldaate aan die grens beseer is. Alhoewel die artikel inligting oor Operasie Savannah vertel, bied dit geen duidelik oor Suid Afrika se betrokkenheid in Angola nie.61 Deur na die artikels in die verskillende koerante van November 1975 te kyk, is dit duidelik dat meer artikels oor Operasie Savannah en die Angolese Burgeroorlog as voorheen, geplaas is. Op die 28ste November 1975 het The Cape Times ’n baie belangrike artikel oor die SAW se ongevalle aan die grens geplaas. Hierdie is die eerste beriggewing dat daar wel Suid- Afrikaanse troepe is, wat gesterf het. In hierdie hoofartikel deel The Cape Times dat elf jong 57 “Vrede in Angola?,” Die Burger, 3 November 1975, bl. 4. 58 “Angola,” Die Burger, 11 November 1975, bl. 4. 59 “Angola in travail,” The Cape Times, 11 November 1975, bl. 14. 60 Ibid. 61 “S.A. skiet 10 terroriste na soldaat se dood,” Die Burger, 17 November 1975, bl. 1.
  • 24. 19 Suid-Afrikaners gedurende hul diens aan die grens doodgeskiet is.62 Hierdie artikel voeg by dat hierdie jong mans vir hul lang geveg het teen die inval van terroriste en dat die familielede van hierdie seuns, broers and mans trots kan wees. The Cape Times het tog bygevoeg dat dit jammer is dat die amptelike inligting oor die grens-ongevalle nie vinnige of werklik insiggewend is nie. Hulle het bevestig dat dit belangrik is vir die Suid-Afrikaanse regering om inligting oor die beseerdes so spoedig moontlik vry te laat en dat die regering nie hierdie inligting van die publiek moes weerhou het nie. Al is sekere inligting weerhou omdat dit voordelig vir die vyand kon wees, het The Cape Times tog gevoel dat inligting oor grensgevalle so spoedig moontlik gedeel moes word.63 Die Rand Daily Mail het op 28 November 1975 oor nog sterftes aan die grens berig. Op bladsy 1 is daar geskryf dat nog twee mans aan die grens gesterf het, geen spesifieke inligting oor hoe hierdie mans gesterf is, is bevestig nie.64 Dit is moontlik dat as gevolg van die Verdedigingswet, hierdie inligting nie met die publiek gedeel mag word, het nie. The Cape Times het op die 29ste November 1975 ’n artikel; naamlik, “Botha’s denial on war” gepubliseer.65 Teen hierdie tyd was die SAW-troepe al betrokke by die oorlog in Angola sonder dat die Suid-Afrikaanse publiek enige kennis daarvan gedra het. PW Botha, die Minister van Verdediging, het bevestig dat Suid-Afrika nié in die Angolese Burgeroorlog deelneem nié. Volgens Botha is daar Suid-Afrikaners wat gespekuleer het dat Suid-Afrika volskaals in Angola betrokke is. The Cape Times het geskryf dat volgens Botha, Suid-Afrika net belanggestel het om sy eie grense te beskerm.66 Hierdie koerantberig bevestig dat die Suid-Afrikaanse regering bewus was van Suid-Afrika se inval in Angola, maar dit tog, na ondervraging deur die Suid-Afrikaanse publiek, probeer weerhou het.67 In beriggewing in Desember 1975 word ’n skeiding tussen die Afrikaanse pers en die Engelse pers duidelik gewaar. Teen hierdie tyd was Suid Afrikaners bewus van Operasie Savannah en hoe erg hierdie oorlog eintlik is. Die Burger het op 18 Desember 1975 ’n berig geplaas oor Suid Afrikaanse gesinne wat vir hul seuns bid omdat hul deur die MPLA in Angola vasgevang is. Die inligting wat in hierdie artikel gepubliseer is, is goedgekeur deur die 62 “Border casualties,” The Cape Times, 28 November 1975, bl. 16. 63 Ibid. 64 “2 more SA men die on border,” Rand Daily Mail, 28 November 1975, bl. 1. 65 “Botha’s denial on war,” The Cape Times, 29 November 1975, bl. 1. 66 Ibid. 67 Ibid.
  • 25. 20 regering en die inligting is vanaf betroubare militêre korrespondente verkry.68 25 Desember 1975, Kersdag, word as ’n tipiese “familie-dag” in Suid-Afrika beskryf. Hierdie Kersdag was vele Suid-Afrikaners hartseer. Nuus oor hul seuns, broers en mans is skraps en hul het geen duidelikheid oor wat tot dusvêr werklik aan die grens gebeur het nie. Die Rand Daily Mail het ‘n artikel waar Vorster die publiek waarsku teen valse opmerkings en spekulasie oor Angola gepubliseer.69 Eerste minister Vorster het Amerikaanse media gewaarsku dat wapens wat aan Angola geleen word, nie deur Suid Afrika gedoen is nie. Hierdie onderhoud is eers met die Amerikaanse publiek gedeel, voordat Suid Afrikaners daarvan uitgevind het.70 Op die 29ste Desember 1975 het Bob Hitchcock berig oor 3 soldate wat gesterf het in die artikel “3 more soldiers killed”.71 In die Rand Daily Mail was dit ook vir die eerste keer moontlik vir familielede om hul emosies te deel en oor hul hartseer en bekommernisse te skryf. Die moeders het in briewe gepleit dat hul net wil weet hoe dit met hul seuns gaan en of hul veilig is.72 In die navorsing in Die Burger gedoen is daar geen briewe vanaf Suid Afrikaners oor Operasie Savannah gevind nie. Die beriggewing deur onder andere The Cape Times en die Rand Daily Mail verskyn het, het druk op die regering begin plaas om met die waarheid oor Angola vorentoe te kom. Eerste minister, Vorster, het wel besluit dat Taakmag Zulu in Angola moes bly totdat die Organisasie vir Afrika-Eenheid (OAE) onderhandelinge sou begin. Hierdie besluit deur die Suid Afrikaanse regering is deur baie gekritiseer.73 Van die publiek meen dat Suid Afrika se inval in Angola grootskaalse internasionale skade aangerig het en dat dit voorkom of Suid Afrika teen sy bondgenote gedraai het. Hierdie kritiek het ongelooflike druk op die NP en die SAW geplaas. Daar is toe besluit dat die SAW-troepe nie meer aanvalle sou loods nie, maar hul fokus sou verskuif om hul winste te konsolideer.74 Hieroor is daar in die Rand Daily Mail gepubliseer. Die hoofartikels op 30 Desember 1975 was ’n bevestiging deur die Rand Daily Mail dat dit tyd was vir Suid-Afrika om uit Angola te onttrek.75 Die Rand Daily Mail argumenteer dat Suid-Afrika net skade ly deur langer in Angola te bly. Die koerant het ook geskryf dat die Angolese burgeroorlog toegeneem het en dat die Suid-Afrikaanse publiek die 68 “Gesinne bid vir vier van S.A. in Angola,” Die Burger, 18 Desember 1975, bl. 10. 69 “Vorster warns on Angola,” Rand Daily Mail, 25 Desember 1975, bl. 1. 70 Ibid. 71 B. Hitchcock: “3 more soldiers killed,” Rand Daily Mail, 25 Desember 1975, bl. 1. 72 Ibid. 73 E. George: The Cuban Intervention in Angola, 1965-1991: From Che Guevara to Cuito Cuanavale, bl. 104. 74 Ibid. 75 “Angola, time to withdraw,” Rand Daily Mail, 30 Desember 1975, bl. 8.
  • 26. 21 reg het om die waarheid te weet oor Angola. Die Rand Daily Mail skryf dat die Departement van Verdediging tot dusvêr nog nie enige konkrete inligting oor Suid-Afrika se troepe en posisie openbaar het nie. Die SAW moet volgens die Rand Daily Mail, so spoedig moontlik die waarheid vertel om te verhoed dat die koerant verplig voel om goeie en/of slegte nuus aan die publiek deur te gee.76 Op 30 Desember 1975 het Die Burger ’n hoofartikel wat ’n ander perspektief oor die SAW- troepe in Angola toon gepubliseer.77 Tydens Kersfees 1975 het wanneer baie families en vriende vergader het, was die Angolese burgeroorlog gereeld deel van die gesprekke. Die vraag op baie belangstellendes se monde was altyd: “Waarom is dit dat soveel van die jongmense wat in die operasionele gebied sterf, dienspligtiges is?”.78 Die Burger argumenteer dat wanneer ’n volk offers gevra word, soos om byvoorbeeld diensplig te doen, die volk bereid moet wees om sy beste te gee. Die koerant voeg by dat Suid-Afrikaanse seuns van agtien en negentien jaar oud wat diensplig doen, dit soos “manne en nie [soos] onvoorbereide en onverantwoordelike seunskinders” aanpak nie.79 In hierdie berig is dit duidelik dat Die Burger saam met die regering stem dat diens aan die SAW verpligtend moet wees en dat die beserings wat opgedoen word deel is van die grootword proses van die Suid-Afrikaanse mans.80 76 “Telling the public,” Rand Daily Mail, 30 Desember 1975, bl. 8. 77 “Dis Jong manne se taak,” Die Burger, 30 Desember 1975, bl. 8. 78 Ibid. 79 Ibid. 80 Ibid.
  • 27. 22 5.3 Afloop: Januarie tot Maart 1976 Die afloop van Operasie Savannah is ook duidelik in die drie koerante wat ondersoek is sigbaar. Die inligting oor die SAW-troepe en Suid-Afrika se posisie in Angola was al hoe minder in Suid-Afrikaanse koerante gepubliseer. Minder inligting oor wat in Angola self aangaan is ook met die wêreld en met Suid-Afrika gedeel. Vanaf Januarie 1976 is die tipe artikels wat voorgekom het in Die Burger, The Cape Times en die Rand Daily Mail ook meer gefokus op die SAW-troepe se terugkoms na Suid-Afrika. Die Rand Daily Mail het op 9 Januarie 1976 ’n berig geskryf oor die SAW-troepe. Volgens PW Botha het alle soldate wat besluit het om aan Angola se kant van die grens diens gedoen het, uit vrye wil dit gedoen. Dit beteken dat volgens Botha, die mans wat toesig oor die Calueque pompstasie gehou het, nie gedwing was om dit te doen nie, maar vrywillig daar plek ingeneem het.81 Op dieselfde dag het Die Burger ook ’n artikel geplaas wat handel oor die feit dat die publiek net moet weet dat Suid-Afrika nie in Angola belangstel nie en net die Calueque pompstasie probeer beskerm het. Die artikels noem ook dat die Minister van Verdediging, Botha, bevestig het dat die Suid-Afrikaanse troepe “uit vrye wil” in Angola is.82 In Februarie 1976 is daar besonderlik min nuus oor Angola in Suid-Afrikaanse koerante gepubliseer. Die inligting het nie baie besonderhede bevat nie en die SAW-troepe is net hier en daar genoem. Op bladsy 2 van The Cape Times op 2 Februarie het Mnr. Elgin ’n groep toegespreek oor die foute wat Eerste minister, Vorster, gemaak het om Suid-Afrika in Angola betrokke te laat raak.83 Mnr. Elgin het geargumenteer dat die waarheid oor Angola en Suid- Afrika se posisie in Angola sou seëvier. Hy glo dat Suid-Afrika se betrokkenheid ’n fout was omdat dit die opposisie versterk het en Suid-Afrika se posisie deur betrokke te raak by ander lande se politieke sake.84 In Die Burger is daar gedurende dieselfde tydperk gereeld oor Minister van Verdediging, Botha se perspektiewe oor Operasie Savannah, die SAW-troepe en algemene oorlog besluite gedeel. Hierdie artikels bevat gewoonlik ‘n aanhaling uit een van Mnr. Botha se toesprake. In Maart van 1975 is die artikels wat in Die Burger, The Cape Times en die Rand Daily Mail voorkom baie meer eerlik en tot die punt as voorheen. Daar kan verstaan word dat die regering en die SAW meer gereeld inligting oor die troepe aan die Suid Afrikaanse publiek 81 “SA troops are all volunteers,” Rand Daily Mail, 9 Januarie 1975, bl. 3. 82 “SA manne uit vrye wil daar,” Die Burger, 9 Januarie 1975, bl. 1. 83 “The truth on Angola will come out, says Eglin,” The Cape Times, 2 Februarie 1976, bl. 2. 84 Ibid.
  • 28. 23 deurgegee is. Die SAW-troepe was ook teen hierdie van plan om terug te keer Suid Afrika toe. Die Rand Daily Mail het ’n interessante berig gedoen in die formaat van ’n dagboek. Hierdie berig het SAW-soldaat se verhaal vertel van sewe maande se diensplig wat hy voltooi het.85 Hierdie was een van die eerste kere wat die Suid-Afrikaanse publiek meer oor die SAW-troepe se tyd aan die grens kon leer. Dit was ’n belangrike berig vir verskeie Suid- Afrikaanse belangstellendes omdat ’n goeie oorsig oor Suid-Afrika in Angola in die berig gegee is. Tog, is daar partykeer oor sterftes aan die grens geskryf. Die Rand Daily Mail het op 25 Maart 1976 ’n artikel gepubliseer oor ’n jong man wat aan die grens gesterf het.86 Soortgelyke artikels het ook in The Cape Times en in Die Burger voorgekom. Op 26 Maart 1976 het The Cape Times berig dat alle Suid-Afrikaanse troepe uit Angola sou onttrek het. Die Minister van Verdediging, PW. Botha, het in ’n aankondiging dit aan die publiek vertel omdat hy geglo het dat Suid-Afrika die nodige verduideliking verdien het.87 Die Burger het ’n soortgelyke artikel oor die SAW-troepe gepubliseer wat bevestig het dat die Suid Afrikaanse troepe die volgende dag, dus 27 Maart 1976, uit Angola sal wees.88 Hierdie berigte het die hoofstuk oor Suid Afrika se betrokkenheid in Angola afgesluit. Operasie Savannah was tegnies ’n groot teleurstelling vir Suid Afrika. SAW offisiers het gevoel dat die SAW se oorwinning van hul beroof is en dat Operasie Savannah ‘n oorlog van verlore geleenthede was. Hierdie teleurstelling het die SAW honger gemaak vir ‘n tweede rondte van oorlog. Die Suid Afrikaanse regering wou teen een van die grootste vernederings gedurende die Koue Oorlog veg en internasionaal Suid Afrika se naam weer hoog te plaas.89 Operasie Savannah was maar net een van die belangrike Operasies waarin baie Suid Afrikaanse mans geveg het en waarvan baie van hierdie mans vandag nog oor praat. 85 G. Dalglish: “Diary of seven months beyond the border”, Rand Daily Mail, 25 Maart 1976, bl. 17. 86 “SA soldier killed on border,” Rand Daily Mail, 26 Maart 1976, bl. 1. 87 “SA troops out by tomorrow,” The Cape Times, 26 Maart 1976, bl. 1. 88 “Laaste troepe van S.A. beslis môre uit Angola,” Die Burger, 26 Maart 1976, bl. 1. 89 E. George: The Cuban Intervention in Angola, 1965-1991: From Che Guevara to Cuito Cuanavale, bl. 115.
  • 29. 24 6. Gevolgtrekkings In Hoofstuk 5 is daar belangrike vergelykings getrek tussen wat Die Burger, The Cape Times en die Rand Daily Mail gepoog het om oor Operasie Savannah te publiseer. Die Suid Afrikaanse pers het geweet dat as hul enigsins inligting oor Operasie Savannah gepubliseer het sonder toestemming van die Minister van Verdediging, Mnr. PW Botha, sal hulle die gevolge moes dra. Die enigste manier hoe inligting oor die troepe en Suid-Afrika se posisie in die oorlog met Suid-Afrikaners gedeel mag word, was wanneer daar offisiële persverklarings deur die regerende party uitgereik is. Al was daar wette wat die pers verbied het om enige inligting aan rakende die SAW te publiseer, was daar tog sekere koerante wat gepoog het om die Suid-Afrikaanse publiek in te lig oor die SAW se posisie en hoe hul gevorder het gedurende Operasie Savannah. Daar word oor die algemeen aanvaar dat koerante ’n beperkte impak het op hoe mense dink, maar dat hul wel uiters invloedryk is in die bepaling waaroor mense dink.90 In Suid-Afrika was hierdie baie belangrik omdat die samelewing verdeeld was en dit verhoed het dat groepe mense, met verskillende agtergronde en rasse, wat verskillende kulture en gelowe uitgeoefen het en verskillende tale gepraat het, met mekaar gekommunikeer en in verbinding getree het. ’n Voorbeeld is dat selfs in die blanke groep mense het daar ’n skeiding tussen die Afrikaanssprekendes en Engelssprekendes gevorm. Die Suid-Afrikaanse pers het ook tot hierdie skeiding bygedra.91 Dit is duidelik sigbaar in die navorsing gedoen in Die Burger, The Cape Times en die Rand Daily Mail dat daar ’n verskil is in perspektiewe oor wat met die publiek gedeel moes word. Die verskillende Suid Afrikaanse koerante is op verskeie maniere beïnvloed oor wat hul kon en wou publiseer. Tussen die Engelse pers, wat die Rand Daily Mail en The Cape Times insluit, en die Afrikaanse pers, waarvan Die Burger deel is, het daar ’n groot skeiding gevorm. Vir die eerste keer is die pers en meer spesifiek die Engelse pers, beskryf as ’n “opposisie” vir die nasionale regering in Suid-Afrika.92 Gedurende die middeljare van die 1900’s het die Nasionale Party (NP), wat aan bevind was, nie ’n werklike institusionele opposisie gehad nie. Die regering is, dus nie maklik onder kruisverhoor geplaas of ondervra oor hul besluite nie. Die Engelse pers het hierdie posisie aangeneem deur artikels te publiseer waarin die regering se besluite en manier van take 90 E. Potter: The Press as Opposition, bl. 164. 91 Ibid. 92 Ibid.
  • 30. 25 aanpak bevraagteken. Terwyl Suid-Afrika se Engelse pers gepoog het om die hele Suid- Afrikaanse samelewing te herken, het die Afrikaanse pers meer gereeld artikels geplaas wat die sosiale en politiese belange van die Afrikaner verteenwoordig. Die Afrikaanse pers het ook ’n goeie posisie in die politiese sisteem van die land gehad en hulle het as ’n politiese kommunikeerder vir die regering gedien.93 Die Rand Daily Mail kan gesien word as een van die Suid-Afrikaanse koerante wat die meeste teen die wette, wat gedurende Operasie Savannah geïmplementeer is, baklei het en hulle het ook die meeste protes gemaak teen die regering. ’n Goeie voorbeeld hiervan is in die Rand Daily Mail gepubliseer op die 15de November 1975. Die Rand Daily Mail was van plan om ’n artikel oor Suid-Afrika se posisie in Angola te publiseer, maar is verplig om dit uit te los omdat die berig die Verdedigingswet en Wet op Publikasies oortree het. In plaas van om die oop spasie te vul met ’n ander artikel, het die Rand Daily Mail besluit om dit oop te los, sodat lesers kon besef dat daar inligting oor die SAW-troepe is wat van die publiek weerhou word. In die artikel staan daar: “A REPORT on Angola which would have occupied this space has not been published because permission which is required in terms of the law for such publications has not been granted”.94 Bob Hitchcock, wat een van die hoof militêre- korrespondente is wat vir die Rand Daily Mail tydens Operasie Savannah geskryf het, het ook gereeld probeer om vir die Suid-Afrikaanse publiek waardevolle en werklike inligting deur te gee. Hitchcock het gereeld die regering uitgedaag en het ook deel gevorm van die “opposisie” soos deur die regering beskryf.95 Hitchcock het in Maart 1976 sy SAW-akkreditasie verloor omdat die regering teen sy besluite was oor wat hy in die koerant gepubliseer het. The Cape Times kan ook tot ’n sekere mate as die “opposisie” van die Suid-Afrikaanse regering beskryf word omdat die koerant ook nuus oor Suid-Afrika se betrokkenheid en die SAW-troepe aan die publiek wou deurgee. The Cape Times het gereeld oor die Grensoorlog en oor Operasie Savannah geskryf en wanneer moontlik, gepoog om getalle en name van sterftes gedurende die operasie probeer deurgee. Alhoewel The Cape Times ook as ’n opposisie gesien is, het die koerant nooit blatant die regering aangevat oor hul geheimsinnigheid oor Operasie Savannah nie. ’n Voorbeeld hiervan is toe The Cape Times op die 27ste Desember 1975 ’n artikel gepubliseer het wat in die Obverser (’n buitelandse koerant) voorgekom het. Die artikel bespreek die ironie van Suid-Afrika se betrokkenheid in 93 E. Potter: The Press as Opposition, bl. 165. 94 Rand Daily Mail, 15 November 1975, bl. 1. 95 E. Potter: The Press as Opposition, bl. 27.
  • 31. 26 Angola en gee inligting oor Suid-Afrika se posisie in die oorlog.96 The Cape Times het bewys dat inligting oor Suid-Afrika in die buitewêreld bekend is, maar dat Suid-Afrikaners in die duister gehou word. Die Burger is deur die meerderheid van die Suid-Afrikaanse publiek gesien as die “mond” van die NP, wat geskryf het waaroor die regering wou berig. Redes hiervoor sluit in die feit dat Die Burger altyd gepoog het om net artikels wat deur die regering aanvaar word te publiseer en ook nie koerantartikels gebruik om die regering uit te daag oor sy besluite nie. Die Burger het altyd die besluite van die regering beaam en dit is duidelik sigbaar in die artikels wat Die Burger tydens Operasie Savannah gepubliseer het. Die meerderheid van die nuus wat in Die Burger voorgekom het, was oor Angola en die ander gevegte wat daar plaasgevind het, maar geen inligting is oor Suid-Afrika se posisie in die Angolese oorlog ingesluit nie. Om die twee verskillende groepe van die Suid-Afrikaanse pers te vergelyk, bevestig ook dat daar verskille tussen Die Burger, The Cape Times en die Rand Daily Mail sou voorkom. Hierdie drie koerante het duidelik verskillende perspektiewe gehad oor wat hul wou publiseer oor Suid-Afrika se invloed en betrokkenheid by Operasie Savannah. 96 “The irony of SA’s role in Angola,” The Cape Times, 27 Desember 1975, bl. 2.
  • 32. 27 7. Die Rol van Spotprente In Koerante Volgens ’n artikel wat in die Observer van 14 Junie 1970 gepubliseer is, word spotprenttekenaars beskryf as slawe wat voor hul tekenborde sit met hul lewens wat deur die spertyd van koerante bepaal word. Spotprent tekenaars word opgesom as mense wat ’n eensame lewe lei, maar tog die vermoë het om die grootste gebeurtenisse en persoonlikhede van die eeu oor te dra met ’n mag wat woorde nie altyd kon regkry nie.97 Spotprenttekenaars poog om daagliks die publiek se politiese sienings te beïnvloed, te probeer inlig oor wêreld sake asook om die publiek heerlik te vermaak. Tydens die Grensoorlog, en meer spesifiek Operasie Savannah, is spotprente gereeld in koerante gebruik om as ’n opsomming van die belangrikste nuus van die dag aan die Suid-Afrikaanse publiek deur te gee. Dit is gewoonlik deur ’n humoristiese wyse oor gedra en het populariteit by die lesers geskep.98 Die Ensiklopedie van die Wêreld beskryf ’n spotprent as ’n “satiriese tekening as uitdrukkingsmiddel van kritiek of maatskaplike protes teen persone, instellinge of gebeurtenisse”.99 Effektiewe spotprente kan dus vinnig ’n reaksie by lesers skep oor politieke, sosiale of ekonomiese kwessies wat saak maak. Spotprente kan dus ook beskryf word as visuele simbole wat die werklikheid voorstel. Drie voorbeelde van spotprenttekenaars wat gedurende Operasie Savannah goeie voorbeeld van satiriese spotprente opgelewer het, is Abe Berry, Bob Connolly en Jock Leyden. Hulle het gepoog om belangrike nuus oor Suid-Afrika se posisie in die oorlog met die Suid-Afrikaanse publiek te deel deur middel van spotprente.100 In Figuur 1 teken Abe Berry, wat gereeld in die Rand Daily Mail publiseer het, vir die leser die gevoel van Suid-Afrikaners oor nuus uit Angola. Berry het hierdie spotprent in November 1975 geteken nadat die SAW Angola binnegedring het en Eerste minister, Vorster hierdie inval in geheimhouding te hou vanaf die Suid-Afrikaanse publiek.101 Berry spot met die situasie waar in Suid-Afrika homself bevind het gedurende Operasie Savannah; die feit dat Suid-Afrikaners gewag het vir nuus oor die troepe wat hulself in Angola bevind het.102 Deur hierdie spotprent te publiseer het Berry probeer om lesers te frustrasies uit te beeld en ook 97 M, Schoonraad; E, Schoonraad: Suid-Afrikaanse Spot- en Strook prent kunstenaars, bl. i. 98 Ibid. 99 Ibid. 100 Ibid. 101 J, Nerys: South African intervention in the Angolan Civil War, 1975-1976: Motivations and Implications, bl. 1. Proefskrif soos ingelewer aan die Universiteit van Kaapstad, 2003. 102 Ibid.
  • 33. 28 druk te plaas op die regering om die waarheid te praat oor Suid-Afrika se posisie in die Grensoorlog.
  • 34. 29 Figuur 1: “Angola: The Truth” deur Abe Berry (Rand Daily Mail, November 1975)
  • 35. 30 Figuur 2: “Angola” deur Fred Mouton (Die Burger, Oktober 1975)
  • 36. 31 Figuur 2 is op die 22ste Oktober 1975, ’n dag voor die geheimsinnige inval deur die SAW- troepe in Angola, in Die Burger gepubliseer en is deur Fred Mouton geskets. Mouton het gereeld vir Die Burger soortgelyke spotprente geskets. Die spotprent wys hoe ’n Suid- Afrikaanse waghond, wat die SAW kan voorstel, ’n muishond terug jaag in Angola in. Daar kan geargumenteer word dat dit moontlik is dat Die Burger geweet het van die inval en omdat regulasies hul verbied het, nie die inligting met die publiek gedeel het nie. Dit is moontlik dat Die Burger die spotprent gebruik het as deel van ’n “regverdigings program” deur Afrikaanse koerante in die geval dat inligting oor Operasie Savannah uitlek. Suid-Afrikaanse koerante het deel gevorm van die “nuus verduistering” wat in koerante plaasgevind het gedurende Operasie Savannah. Andy Mason argumenteer ook dat liberale Engelse koerante se spotprenttekenaars minder gemaklik geleë binne hul ideologiese milieu was as wat hul eweknie Afrikaanse koerant spotprenttekenaars was.103 Dit is ook duidelik in die bogenoemde voorbeelde. Soos gesien in Figuur 3 Die Rand Daily Mail het gereeld spotprente gepubliseer oor die SAW se inval in Angola met die doel om die publiek meer bewus te maak van die situasie rondom inligting wat nie met die publiek gedeel mag word nie. Soos gesien in Figuur 4 het Die Burger ook partykeer spotprente oor Suid-Afrika in Angola gedurende die oorlog gepubliseer, maar het nie die regering se besluite in enige manier probeer verontagsaam nie. Die Burger se spotprente het gepoog om meer polities korrek te wees as om die publiek te interesseer. Spotprente is gedurende Operasie Savannah en word vandag nog in koerante gebruik en die krag van spotprente het veral toegeneem. Baie lesers verkies om ’n kragtige prent te sien as om ’n lang hoofartikel of kolom te lees. Spotprente is ook ’n goeie voorbeeld van hoe die inligting wat in verskillende koerante gepubliseer is, verskil, deur net te kyk na tekeninge wat in die verskillende koerante voorkom. Dit is wel belangrik dat spotprente iets moet probeer sê in plaas van om net humor aan die leser oor te dra en moet poog om in ’n leser se brein te klim en aandag lok.104 Groot getalle van die spotprente gedurende Operasie Savannah het tog gepoog en geslaag om dit reg te kry. 103 J.A. Lent (red.): Cartooning in Africa, bl. 257. 104 M. Fiore: “Animation and the Political Cartoon,” Nieman Reports, 2004, bl. 41.
  • 37. 32 8. Slot Operasie Savannah as deel van die Grensoorlog vorm ’n belangrike deel van Suid-Afrika se onlangse geskiedenis. Baie mans het aan die Grensoorlog deelgeneem en is op verskillende maniere beïnvloed daar deur. Van die troepe het beserings opgedoen en loop vandag nog met littekens rond, terwyl families van troepe wat gesterf het aan die grens nog onseker is oor wat eintlik met hul pa’s, seuns en neefs gebeur het. Koerante het ’n groot rol gespeel in wat die Suid-Afrikaanse publiek oor Operasie Savannah geweet het en die publiek het baie vertroue gehad in koerante se publisering van inligting oor Suid-Afrika se inval in Angola. Dit is duidelik dat die koerante beïnvloed is oor wat hul mag en nie mag oor Operasie Savannah publiseer het nie. Die bestudering van die twee wette gee ’n duidelike oorsig oor hoe die regering beheer gehad het oor wat in verskillende Suid-Afrikaanse koerante gepubliseer is. Die Verdedigingswet van 1957 het spesifiek gefokus op inligting oor waar die SAW-troepe hulself bevind het en die Wet op Publikasies van 1974 het druk geplaas op koerante om nie sekere inligting oor Operasie Savannah bekend te maak nie. Deur ondersoek in te stel op wat Die Burger, The Cape Times en die Rand Daily Mail gepubliseer het en dit te vergelyk op grond van wat hul oor sekere gebeurtenisse berig het, gee duidelike bewyse dat die verskillende Suid-Afrikaanse koerante tog verskillende perspektiewe gehad het. Die Burger was baie konserwatief in wat hy gepubliseer het en aan die ander kant was die Rand Daily Mail wat baie duidelik van die mees radikaalste koerante in Suid-Afrika was. The Cape Times, het gepoog om inligting met die publiek te deel, maar kan as meer liberaal gesien word omdat hul nooit die regering in die koerant aangevat het nie. Spotprente dra by tot die “nuus” wat met die publiek gedeel is en staaf ook die bewyse van die verskillende artikels wat in die verskillende koerante voorgekom het. Al is die algehele Suid-Afrikaanse pers gedurende Operasie Savannah as “vry” beskou is dit duidelik dat die mag van die regering hierdie vryheid beperk het. Vir die pers om as “vry” beskou te word, moet dit onafhanklik van die staat werk en nie beïnvloed word deur wat dit wil publiseer nie. Uit al die navorsing gedoen blyk dit duidelik dat die Suid-Afrikaanse publiek tydens Operasie Savannah in die duister gelos is oor die troepe se posisie in Angola. Sekere koerante het net ’n groter poging aangewend om beskikbare inligting met die publiek te deel as ander.
  • 38. 33 Bibliografie Boeke Baines, G & Vale, P. (reds.).: Beyond the Border War, New Perspectives on Southern Africa’s Late-Cold War Conflicts. Universiteit van Suid-Afrika, Suid-Afrika, 2008. Du Toit Spies, F.J.: Operasie Savannah: ANGOLA, 1975-1976. Perskor, Suid-Afrika, 1989. George, E.: The Cuban Invervention in Angola, 1965-1991: From Che Guevara to Cuito Cuanavale. Frank Cass, New York, 2005. Giliomee, H.: The Last Afrikaner Leaders, A Supreme Test of Power. Tafelberg Uitgewers, Suid-Afrika, 2012. Lent, J.A. (red.): Cartooning in Africa. Hampton Press, New York, 2009. Malan, M.: My lewe saam met die SA Weermag, Protea Boekhuis, Pretoria, 2006. Odendaal, F.F.: Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. Perskors, Suid- Afrika, 1994. Potter, E.: The Press as Opposition. Chatto & Windus, London, 1975. Scholtz, L.: Die SAW in die Grensoorlog, 1966-1989. Tafelberg Uitgewers, Suid-Afrika, 2013. Schoonraad, M & Schoonraad, E.: Suid-Afrikaanse Spot- en Strook prent Kunstenaars. Sigma Press, Suid-Afrika,1983. Stuart, K.: The Newspaperman’s Guide to the Law. Butterworths, Pretoria, 1990. Vernon, K.: Penpricks: The Drawing of South Africa’s Political Battlelines. The Spearhead Press, Suid-Afrika, 2000. Williams, D.: Aan die grens: Wit mans se militêre ervaring, 1965 – 1990. Tafelberg Uitgewers, Suid-Afrika, 2008. Joernaal Artikels Culhane, D.S.K.: “No Easy Talk: South Africa and the Suppression of Political Speech”, Fordham International LAW Journal, 17(4), 1993.
  • 39. 34 Fiore, M.: “Animation and the Political Cartoon,” Nieman Reports, 2004. Oosthuizen, G.J.J.: “Regiment Mooirivier and South African Transborder Operations into Angola during 1975/76 and 1983/84,” Historia, 49(1), 2004. Scholtz, L.: “The media and the military: Allies or adversaries?”, Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, 28(2), 1998. Scholtz, L.: “The Namibian Border War: An Appraisal of the South African Strategy”, Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, 34(1), 2006. Proefskrifte Nerys, J.: South African intervention in the Angolan Civil War, 1975-1976: Motivations and Implications. Proefskrif soos ingelewer aan die Universiteit van Kaapstad, 2003. Addison, G.: Censorship of the Press in South Africa During the Angolan War: A Case Study of New Manipulation and Suppression. Proefskrif soos ingelewer aan Rhodes Universiteit, 1982. Periodieke Publikasies Die Burger (Julie 1975-Maart 1976). The Cape Times (Julie 1975-Maart 1976). The Rand Daily Mail (Julie 1975-Maart 1976). Statutêre Bronne Verdedigingswet, 44 van 1957 (soos gevind in die 1957 Wette van die Unie van Suid-Afrika, Deel 1) Wet op Publikasies, 42 van 1974 (soos gevind in die Staatskoerant, 9 Oktober 1974).