Ant124 afr 2011

2,812 views

Published on

0 Comments
0 Likes
Statistics
Notes
  • Be the first to comment

  • Be the first to like this

No Downloads
Views
Total views
2,812
On SlideShare
0
From Embeds
0
Number of Embeds
2
Actions
Shares
0
Downloads
3
Comments
0
Likes
0
Embeds 0
No embeds

No notes for slide

Ant124 afr 2011

  1. 1. Welkom Hartlik welkom in die ANT124-module in Antropologie!Inderdaad het jy n goeie keuse gemaak! Natuurlik is die vak vir die meeste van diestudente vreemd en voel jy nog onseker oor die inhoud daarvan bloot omdat jy noggeen eerstehandse kennis met die vak gemaak het nie. Ek kan jou egter verseker datdie vak perspektiewe bied wat jy nêrens elders sal vind nie.Die Departement streef daarna om selfstandige denkers en navorsers op te lei. In dielig daarvan het die Departement, gerugsteun deur eie navorsing, n onderrig- enleersisteem ontwikkel waarby studente gemaklik kan aanpas. In die meegaandestudiegids vind jy besonderhede van die module. Die doel van die studiegids is om noorsig van die module te gee, asook om jou toeligting te gee met betrekking tot diestudieliteratuur; om die administratiewe en organisatoriese besonderhede van diekursus aan jou te verstrek; en om die kommunikasie tussen jou en die dosent soeffektief as moontlik te laat verloop.Indien daar onduidelikheid in verband met die vereistes van die module is moet jyasseblief nie skroom om navrae te doen nie. Jy studeer aan n residensiële universiteitwat onder meer impliseer dat jou dosente fisies beskikbaar is vir navrae oor enigeaangeleentheid.Sterkte met die studie! Ons wil graag die vertroue uitspreek dat die module vir jou nverrykende ervaring sal wees.ANT 124 Studiegids Bl 1
  2. 2. Omtrent Jou DosentEk is Motsaathebe Joe Serekoane en as die verantwoordelike dosent wil ek jou graagmet raad, daad en leiding bystaan. Tog is my hande spreekwoordelik afgekap asstudente nie die vrymoedigheid het om my op hoogte te hou van hulle probleme,onduidelikhede en besware nie. Wees daarvan verseker dat studente wat van hierdie"hulpmiddel" gebruikmaak, altyd goeie vordering toon. My spreekure sal in dieorienteringslesing bekend gemaak word, maar jy is ook welkom om buite diespreekure afsprake te reël by die volgende telefoonnommers: (051) 401 2651 (Werk) (051) 401 3228 (Sekretaresse); ofU kan ook besoek by: FGG 327 (Kantoor)Alternatiewelik kan u „n e-posboodskap stuur aan serekomj@ufs.ac.za Meer Omtrent die ModuleUitkomstesDie algemene uitkoms van die module is dat leerders in staat sal wees om „n begripvir die aard, betekenis en funksie van kultuur te demonstreer sodat perspektief enwaardering vir die betekenis en rol van kultuur in universele en unieke verband enveral in multikulturele kontekste bevorder kan word.Met betrekking tot die spesifieke leeruitkomstes moet leerders die vermoë openbaarom Die aard van Antropologie as studierigting te verduidelik. Die ontstaan en ontwikkeling van die mens en kultuur te verduidelik. Kultuur te definieer asook die aard en kenmerke van kultuur te beskryf.ANT 124 Studiegids Bl 2
  3. 3.  Die faktore en houdings wat die bestudering van kultuur kan belemmer, te verduidelik. Die antropologiese beskrywing van kultuur te bespreek. Die verhouding tussen mens, moderne kultuur en samelewing te verduidelik. Die problematiek van „n enkele wêreldkultuur vanuit antropologiese perspektief te bespreek. Geselekteerde vraagstukke met betrekking tot die kulturele toekoms van die mensdom vanuit „n antropologiese perspektief te bespreek.Aanbieding van die moduleDie module is vanuit ervaringsleerteorieë en in „n uitkomsgebaseerde formaat geskryf.Dit beteken aan die een kant dat jou persoonlike ervaring en kennis, sowel asselfstudie van kardinale belang is en aan die ander kant dat daar sekere spesifiekeoogmerke/uitkomste is wat jy deur die studieproses moet bereik. Om dieleeruitkomste van die module te bereik en jou kennis en ervaring te integreer, sal jyliteratuur uit teksboeke en gepubliseerde artikels ontvang, asook „n studiegids wat joudeur die studie-aktiwiteite sal begelei en toeligting tot die studiemateriaal sal gee.Klasgeleenthede is volgens die amptelike gepubliseerde program van die Universiteitgeskeduleer. Indien moontlik, sal die klasgeleenthede eerder in die vorm vanbesprekings as formele lesings georganiseer wees. Assessering Verduideliking van werkwoordeTen einde jou as leerder te help om ‟n spesifieke kennisvlak te snap en om vrae teinterpreteer, word ‟n lys verskaf wat vir jou beskryf wat jy moet doen wanneer ‟nbepaalde werkwoord in die formulering van uitkomste of assesseringsvrae voorkom:ANT 124 Studiegids Bl 3
  4. 4. Analiseer: Skei (verdeel) in twee dele of elemente, beskryf omvattend en lewer kommentaar. Kry die kerninligting en formuleer dit in jou eie woorde. Konkrete voorbeelde word nie verskaf nie Pas toe: Toon aan hoe jy die verworwe kennis of gegewe inligting in die praktyk sal toepas, of in verhouding tot wat gevra is. Gebruik die kennis om ‟n antwoord op die vraag te kry Klassifiseer: Rangskik inligting in kategorieë. Lewer kommentaar: Gee jou mening oor die onderwerp en illustreer dit met voorbeelde. Interpreteer en evalueer. Stel teenoor mekaar: Beklemtoon die verskille, kontraste en teenstrydighede van feite of gebeure deur van analise, bespreking en voorbeelde gebruik te maak. Kritiseer: Beoordeel die geloofwaardigheid van gegewe feite of sienings en bespreek die positiewe en negateiwe elemente van ‟n stelling deur u eie siening te gee en te motiveer. Definieer: Gee ‟n duidelike, sistematiese en gesaghebbende verduideliking (beskryf konsepte om die presiese betekenis daarvan te weerspieël. Beskryf: Skryf die basiese feite/resultate op ‟n logiese, sistematiese en goedgestruktureerde wyse neer. Bepaal: Bereken, vergelyk en maak opmerkings. Bepaal: Bewys, maak ‟n diagnose deur feite en kommentaar te gebruik. Bespreek: Analiseer die saak versigtig deur verskillende aspekte daarvan in logiese argumente te bespreek. Vergelyk, kontrasteer en debatteer. Onderskei: Toon die verskil aan, gee die onderskeidende kenmerke. Verduidelik: Gee ‟n duidelike verduideliking (uiteensetting). Verhelder deur middel van voorbeelde en/of illustrasies en bied redes vir uitsprake of resultate. Gee ’n oorsig: Gee ‟n sinopsis (opsomming, bondige weergawe) van die belangrikste feite van ‟n onderwerp en maak opmerkings. Gee ’n verduideliking: Maak ‟n duidelike, logiese opeenvolging ‟n opsomming van die belangrikste feite van ‟n onderwerp sodat die verskille, ooreenkomste en verwysingspunte duidelik aangedui word.ANT 124 Studiegids Bl 4
  5. 5. Gee ’n oorsig: Gee ‟n raamwerk bestaande uit die belangrikste feite en relevante inligting ter ondersteuning van hierdie feite. Dit is nie nodig om ‟n bespreking in besonderhede neer te skryf nie. Identifiseer: Reproduseer die wesenlike eienskappe (belangrikste feite). Illustreer: Gebruik ‟n skets, diagram, grafiek of konkrete item om ‟n konsep te verduidelik of ‟n probleem op te los. Dit kan ook beteken om voorbeeld in goedgekose, beskrywende woorde te bied. Interpreteer: lewer kommentaar oor beskikbare feite, met verwysing na toepaslike voorbeelde. Bied ‟n duidelike aanduiding van ‟n eie interpretasie. Motiveer: Bewys, gee redes, aktiveer en lewer kommentaar. Benoem: Maak kort aantekenign van die vereiste inligitng, maar moet dit nie in besonderhede bespreek nie. Parafraseer phrase: Dieselfde as “definieer”. Die student mag sy/haar eie woorde gebruik. Spesifieke woorde wat by “verduideliking” gevoeg word, kan tot verskillene interpretasies van die vraag lei, byvoorbeeld: “gee ‟n omvattende/kritiese/evaluerende/bondig/opsommende verduideliking. Som op/gee ’n opsomming: Gee ‟n opsomming van die belangrikste feite sonder besonderhede, illustrasies, kritiese analise of bespreking. Gebruik: Maak gebruik van inligting of onderwerpe voorsien om ‟n spesifieke siening te illlustreer/verduidelik. Skryf ’n opstel: Verskaf die inligting op ‟n logiese en goedgestruktureerde wyse. Skryf aantekeninge oor Write notes on: Lewer met ‟n bondige verduideliking (verheldering) oor ‟n bepaalde onderwerp.AlgemeenLeerders moet genoegsaam aan die geskeduleerde kontinue assessering asook aandie finale module assessering deelneem om „n modulesyfer te verwerf. „n Leerderslaag indien „n modulesyfer van 50% of meer verwerf is. In hierdie gevalle word diemodule as voltooi beskou en ondergaan sodanige leerder nie verdere assessering inANT 124 Studiegids Bl 5
  6. 6. hierdie betrokke module nie. Die modulesyfer dien dan as die finale syfer van diemodule.Assesseringsbeleid in Departement Antropologiea) Modulepunt: Leerders moet „n punt in elk van die volgende VERPLIGTEkomponente van die geskeduleerde deurlopende assessering verwerf, naamlikaktiwiteite, toetse en geskrewe werkstukke. Met ander woorde indien „n leerder nieaan een van die genoemde komponente deelneem nie, sal hy/sy beskou word asONVOLTOOID ten opsigte van die assessering van die betrokke module. Alleleerders moet die finale module assesseringsvraestel („n tweeuurlange vraestel oorgeselekteerde uitkomstes) aflê. Let wel: Daar is GEEN EKSAMINERING vanAntropologiemodules tydens die geskeduleerde eksamengeleenthede van dieUniversiteit nie.b) Herassessering: Die geleentheid vir herassessering is slegs beskikbaar intoetse en geskrewe werkstukke. Let daarop dat GEEN herassessering in die finaleassesseringsvraestel beskikbaar is nie. Leerders kwalifiseer vir herassessering in dietoetse en geskrewe werkstukke wanneer hulle „n syfer tussen 45% en 49% asooktussen 70% en 74% behaal. Die vorm wat die herassessering aanneem, sal in elkestudiehandleiding vir elke assesseringskomponent uiteengesit word. Dit is egterleerders se verantwoordelikheid om, sodra die resultate bekend is, ook navrae tedoen oor die presiese vereistes van die herassessering.c) Inhandigingsdatums/datums van toetse: Om studente te help om hulstudies effektiewer te beplan, is daar twee datums beskikbaar vir die inhandiging vandie geskrewe werkstuk en twee datums elk vir die aflegging van die toetse en finaleassesseringsvraestel. Hierdie twee datums word geskei deur 48 uur en in die formelerooster van die module aangekondig. In die geval van toetse en finaleassesseringsvraestelle kan leerders kies welke datum hulle pas en sondervoorafkennisgewing by die aangeduide lokaal aanmeld. Let asseblief daarop dat dietweede datum nie „n tweede geleentheid is vir leerders wat die toets/finaleANT 124 Studiegids Bl 6
  7. 7. assessering op die eerste datum gedruip het nie. Geskrewe werkstukke kanelektronies op enige van die twee gegewe datums ingehandig word.Die komponente van die kontinue assessering in hierdie module bestaan uit tweetoetse, vier verpligte aktiwiteite, asook „n werkstuk. Die kontinueassesseringskomponente tel op na „n totaal van 100 punte. Kontinue Assessering: Gewig 2x Toetse 20 Portfolio Aktiwiteite 10 Aktiwiteit 2.5 1x Werkstuk 15 Online Quiz 2.5 Final module Assessering (100) 50 Module Punt 100 AssesseringsaktiwiteiteToetseTwee toetse (2 x 20) is vir hierdie module geskeduleer en sal tydens „nklasgeleenthede gedurende die week afgeneem word. Die toepaslike leermateriaalasook die vorm van vrae sal aangekondig word.AktiwiteiteLeerders moet genoegsaam deelneem aan die verskillende portfolio aktiwiteite deurdie loop van die module om „n syfer te behaal. Dit beteken dat jy verpligte portfolioaktiwiteite (sien rooster) vir hierdie module moet voltooi. Die vereistes verbonde aanelke aktiwiteit word in die teks van die studiegids gestel en die inhandigingsdatums isin die rooster beskikbaar.ANT 124 Studiegids Bl 7
  8. 8. Die aktiwiteite het ten doel om jou in die leerproses betrokke te kry. Aktiwiteite is niealtyd direk aan die uitkomste van die module verbind nie en daarom kan jy dink datdit nie belangrik is nie. Ons doel met die aktiwiteite is onder andere om jou te helpom oor jou eie ervaring na te dink, jou in die aanleer van nuwe of afgeskeepteleervaardighede te lei, en om jou die geleentheid te bied om op die leermateriaal tereageer. Aktiwiteite is dus „n leer- en onderrigmiddel wat net so belangrik is as om „nlesing by te woon. Jy sal verder merk dat die gewig van die aktiwiteite in hierdiemodule veel swaarder is. Die implikasie is dat jy ten alle koste moet vermy om agterte raak met die inhandigingsdatums van die aktiwiteite en dat jy veral die verpligteaktiwiteite móét doen. OPSTEL: SIEN BLACKBOARDFinale Module AssesseringDeelname aan die finale module-assessering is verpligtend vir alle studente wat virdie module ingeskryf is. Indien „n leerder gedurende die finale module-assessering asgevolg van siekte afwesig is, sal „n addisionele assesseringsgeleentheid 48 uur na diegeskeduleerde finale module-assesseringsdatum plaasvind.PlagiaatDie direkte oorskryf en oorneem van „n idee, sin, frase of paragraaf uit „n ander bron(ook internetbronne) moet erken word volgens die Harvardtegniek of anders word ditbeskou as „n vorm van plagiaat. Hierdie oortreding word in „n baie ernstige lig beskouomdat dit neerkom daarop dat die skrywer maak asof dit sy/haar eie werk is. Dit isnie net ooreerlik en oneties nie, maar in die proses benadeel die student net homselfomdat hy/sy niks leer nie en uiteindelik alle punte moontlik kan verbeur. Maak dusseker dat jy nie aan hierdie probleem skuldig word nie, aangesien die Departement inernstige gevalle dissiplinêr teen so „n persoon moet optree.ANT 124 Studiegids Bl 8
  9. 9. Griewe Prosedure  Studente wat „n klagte wil aanmeld moet eerstens die saak aan die betrokke dosente stel. Indien nie bevredigende antwoorde gevind is nie, moet die student na departmentshoof gaan en indien hy/sy steeds nie tevrede is nie, moet die dekaan genader kan word.  Die volgende sake is voorbeeld van klagtes: o Teistering o Onregverdige en ongebalanseerde assessering o Ontoereikende fasiliteite o Probleem met onderig mediumLET WEL: `n Nuwe regulasie in die Fakulteit word in 2009 geïmplementeer. Dit luisoos volg: Reg. A19 – Hertoelating van studentea. Behalwe waar dit anders gestipuleer word in fakulteitskalenders, word `nstudent nie toegelaat om meer as tweekeer vir dieselfde module te registreer nie,tensy met die toestemming van die dekaan en in konsultasie met die hoof van diebetrokke departement.Die implikasie van hierdie regulasie is dat studente toegelaat sal word om vir dielaaste keer in 2008 meer as tweekeer vir `n module te registreer. Vanaf 2009 salReg. A19 geldig wees.ANT 124 Studiegids Bl 9
  10. 10. Blackboard‘ILEARN’HOE BEGIN EK?Jy het eerstens „n NOVELL gebruikersidentiteit (UserId) en wagwoord (Password)nodig om by die universiteit se netwerk (Novell) aan te teken. Jy het ook „n ILEARNgebruikersidentiteit (UserId) en wagwoord (Password) nodig.WAT OM TE DOEN:1. Gaan na „n REKENAARLABORATORIUM op die kampus om jouself as „n gebruiker van die universiteitsnetwerk (Novell) te registreer (Neem jou studentekaart saam). By die rekenaarlaboratoriums sal jy hulp ontvang om vir die eerste keer by die universiteitsnetwerk aan te teken. Probeer om dit so gou as moontlik te doen. Die aktiveringsproses van jou wagwoord word hieronder beskryf.2. Wanneer jy vir „n spesifieke module registreer, sal jy outomaties as ILearn- gebruiker geregistreer word, mits jou vak op ILearn aangebied word. Hierdie proses gebeur dus outomaties. Wanneer jy die eerste keer op ILearn aanteken, gebruik jy jou studentenommer as UserId en Password en dan sal jy „n boodskap kry om jou Password te verander na een wat jy SAL ONTHOU. Wagwoorde mag ten minste ses karakers lank wees (alfabeties & numeries). Indien jy steeds nie by ILearn kan aanteken nie, moet jy vir die assistente in die rekenaarlaboratorium vir hulp vra.Die proses waarvolgens die Universiteit se netwerk gebruik kan word, kan grafies asvolg voorgestel word:ANT 124 Studiegids Bl 10
  11. 11. A: Login deur UV Weblaat Click on the Once the page has opened, click on the Login to ILEARN link to be directed to the login E-Learning link to go to page. the E-Learning homepage. STAP 1 STAP 2 STAP 3 STAP 4ANT 124 Studiegids Bl 11
  12. 12. B: Login direk van URL Maak u internet browser opp & gaan na http://ilearn.ufs.ac.za/logon/ REKENAARLAB TYELab by die studentesentrum (Thakanengbrug): Maandag tot Donderdag 07:00 – 22:30 Vrydag 07:00 – 21:00 Saterdag 09:00 – 16:30 Sondag 09:30 – 15:30 Openbare vakansiedae 09:00 – 18:00 Tye verskil ook tydens die vakansieLab by die UV Sasol-biblioteek (Vlak 3 & 6): Vlak 6:Maandag tot Vrydag 08:00 – 21:00 (behalwe Woensdae: open om 9:00)ANT 124 Studiegids Bl 12
  13. 13. Vlak 3: Maandag tot Vrydag 08:00 – 22:00 (behalwe Woensdae: open om 9:00) Saterdag 09:00 – 13:00 Die Lab sal gesluit wees op alle openbare vakansiedae wat deur die Universiteit erken word Tye verskil ook tydens die vakansie TydsbestuurDie onderstaande rooster is „n gids om jou te help om jou studietye vir hierdie modulete beplan. Die module is ontwerp vir 16 krediete of 160 leerure van jou tyd. In diestudiegids word in die begin van elke aktiwiteit of studie-eenheid „n aanduiding gegeevan die verwagte tyd wat dit sal neem om die aktiwiteit te voltooi of te bestudeer. Dieverwagte tye is slegs by benadering aangedui en dit kan dalk langer of korter vir jouneem om die werk te voltooi. Volgens navorsing behoort „n voltydse eerstejaarstudent„n minimum van 7 ure per week aan „n module te wy waarvan 3 ure aan leeswerk,ongeveer 4 ure aan hersiening, aktiwiteite en opdragte, ens. afgestaan word. Diebywoning van klasse en tutoriale, asook die tyd bestee aan werkstukke, aktiwiteite entoetse vorm deel van die 160 leerure. ROOSTER SIEN TUTOR PORTFOLIOANT 124 Studiegids Bl 13
  14. 14. Ikon-sleutel The following icons are used in the study guide. They denote: Die volgende ikone word in die studiegids gebruik. Hulle dui aan:  An activity that should be completed in order to: give meaning to the module contents; answer a question, or develop/practice a skill.  „n Aktiwiteit wat voltooi behoort te word om: betekenis aan die inhoud te gee, „n vraag te beantwoord, vaardighede te ontwikkel/oefen.  Literature that should be consulted to gain a better understanding of the topic being discussed, thus to effectively answer a module question.  Literatuur wat geraardpleeg moet word om „n beter begrip van die onderwerp onder bespreking te kry, dus om „n module vraag te kan beantwoord.  Specific module questions that learner‟s should be able to answer after the completion of the module.  Spesifieke module-vrae wat leerders behoort te kan antwoord na die voltooing van die module.ANT 124 Studiegids Bl 14
  15. 15. STUDIE-EENHEDE: OORSIG STUDIE- STUDIE- STUDIE- EENHEID 1 EENHEID 2 EENHEID 3 Die aard van Ontstaan en Die aard van Antropologie ontwikkeling van kultuur kultuur  Antropologie  Homo habilis  Bepalende as wetenskap en die kenmerke van  Waarde en oorsprong van kultuur betekenis van kultuur  Houdings wat die Antropologie  Homo erectus bestudering van  Hoe bestudeer as jagter en kultuur belemmer ‘n mens versamelaar  Kulturele kultuur?  Argaïese relativisme  Wat kan ‘n Homo sapiens  Beskrywing van mens doen en die middel kultuur met steentydperk  Aannames oor Antropologie?  Homo sapiens kultuur en die Bo- middel steentydperkANT 124 Studiegids Bl 15
  16. 16. STUDIE- STUDIE- EENHEID EENHEID 4 5 Kultuur, Die kulturele samelewing en toekoms van die die individu mensdom Opkoms van multinasionale Een Kulturele maatskappye wêreldkultuur kontinuïteit en die kumulatiewe kwaliteit van Kulturele Etniese kultuur pluralisme herlewing Komplimentêre Wêreld- sisteme apartheid  Wêreldhon-gersnood Probleme van  Besoedeling strukturele  Bevolkingsont-ploffing geweld  Kultuur van ontevredenheidANT 124 Studiegids Bl 16
  17. 17. Studie-eenheid 1 DIE AARD VAN ANTROPOLOGIE Algemene uitkomsDie algemene uitkoms van die module is dat leerders in staat sal wees om ‘n begrip vir die aard, betekenis en funksie van kultuur te demostreer sodat persektief en waardering vir die betekenis en rol van kultuur in universele en uniek verband en veral in multikulturele bevorder kontekste kan word. Eenheid uitkomstes Sessies leeruitkomstes Studie eenheid en Bronne aktiwiteiteDie eenheid uitkoms van hierdie Met betrekking tot die Studie eenheid 1: Hulpmiddels:module is dat leerders in staat sal sessies leer uitkomstes, sal Die aard van  Lesingswees om:  Transpirante leerders die vermoe he om: Antropologie Die aard van Antropologie as  Groepwerk studierigting te verduidelik.  Antropologie as ‘n  Video wetenskap te Aktiwiteite  Tutors verduidelik.  Akt.1  Waarde en betekenis Literatuur: van Antropologie te  Studiegids bespreek  Die besturdering van ‘n mens se kultuur te bespreek, en  Beskryf wat kan ‘n mens met Antropologie doen? Aktiwiteit 1 : 30 min. Voordat jy die volgende aantal bladsye lees, is dit nodig om eers die onderstaande vrae te beantwoord. Daar is nie ‘regte’ antwoorde nie – gee slegs jou eie mening. (a) Gee redes waarom jy vir hierdie module ingeskryf het. (b) Volg jy na jou mening ‘n kultuur na? Indien ja, verskaf enige vyf sake wat volgens jou uniek is aan jou kultuur. Indien nee, verskaf redes waarom jy meen dat jy nie ‘n kultuur het nie. (c) Lees par. 1.4 hieronder en identifiseer enige twee rolle wat jy ook graag sal wil beklee. Verskaf redes waarom jy die betrokke rolle sal wil beklee. (d) Verskaf twee redes waarom jy dink dat Antropologie as vak baie belangrik is in Suid- Afrika.ANT 124 Studiegids Bl 17
  18. 18. Aktiwiteit 2 : 2 ure Beantwoord die onderstaande vraag individueel en skriftelik vir punte. Maak seker dat jy die raamwerk volg wat in die klas voorsien sal word. (a) Skryf ‘n opstel (ongeveer 1.5 foliobladsye) oor die aard en bydrae van Antropologie as vak in die Suid-Afrikaanse konteks.1.1 Antropologie as wetenskapDie Antropologie as wetenskap het ontwikkel uit n belangstelling van westerlinge innie-westerlinge. Dit was die resultaat van n proses van kennismaking met nie-westerlinge deur middel van ontdekkingsreise, jagekspedisies, oorloë, sendingreise,en so meer. Teen die einde van die 18de en veral die eerste helfte van die 19de eeuis om verskillende redes verenigings in Frankryk (1799, 1839), Engeland (1843) enAmerika (1842) gestig wat as oogmerk gehad het om n wetenskaplike studie van nie-westerse mense en hulle kulture te maak. Belangstellendes uit verskillende toe-bestaande vakwetenskappe wo. bioloë, anatome, fisioloë, paleontoloë, argeoloë,sosioloë, psigoloë, godsdienskundiges, en so meer het by dié verenigings aangesluit.Uit hierdie vakverenigings het mettertyd n selfstandige wetenskap bekend asAntropologie ontwikkel wat ten doel het om die mens as n eenheidswese tebestudeer soos wat die mens in ruimte en tyd bestaan. (Let wel: Alle mense van alleplekke en tye - van die oertyd tot eietyd. Die vroeëre beklemtoning op nie-westerlingegeld dus nie meer vandag nie.)Uit hierdie breëre benadering tot die mens ontwikkel daar gaandeweg twee hoofspesialisasierigtings in die vak te wete Biologiese (alternatief: Fisiese) Antropologie enKulturele Antropologie. Die Biologiese Antropologie bestudeer die mens as biologiesewese en konsentreer op veral twee vraagstukke naamlik die biologiese ontwikkelingvan die mens en fisiese verskeidenheid. By die Kulturele Antropologie val die klem opdie kulturele bestaan van die mens. Wat belangrik is, is dat elk van dieANT 124 Studiegids Bl 18
  19. 19. spesialisasierigtings in samehang met die ander hanteer word. Dus, biologieseantropoloë neem deeglik kennis van wat die kulturele antropoloog doen, terwylkulturele antropoloë op hulle beurt kennis neem van die resultate van biologieseantropoloë. Langs hierdie weg word die oorspronklike ideaal van die vak, te wete dieeenheidsverband van die mens, steeds nagestreef.Kennisontploffing ook in die Antropologie het meegebring dat indiwiduele antropoloë,asook universiteitsdepartemente genoodsaak is om te spesialiseer. Aan die UV wordom bepaalde historiese, prinsipiële en logistiese redes Kulturele Antropologieaangebied.In hierdie module word aandag aan die aard en wese van kultuur gegee. In hierdiestadium wil ek volstaan deur op te merk dat almal van julle ongeveer weet watbedoel word as ons van die Zoeloekultuur, die Sankultuur, die Engelse kultuur en someer praat. Breedweg bedoel ons daarmee dat n groep mense n bepaalde taalbesig, n sekere godsdiens navolg, n spesifieke reg- en regeringstelsel besit, nopvoedkundige stelsel het, kuns- en skoonheidskeppinge, en so meer. Wat belangrikis, is dat mense n bepaalde stempel op hulle kultuur plaas en mettertyd n eielewenstyl, n eie manier van doen, besit. Kinders word gebore binne n bepaaldekulturele milieu, word daarin opgevoed en leer die taal en gebruike van hul kultuuraan. Langs hierdie weg ontwikkel daar n noue verband tussen mense en hulle kulture- mense skep kultuur, maar aan die ander kant beïnvloed kultuur weer die mense sedenke en gedrag.Daarom sê ons dat ons aan hierdie universiteit kulture bestudeer in samehang metdie draers van kultuur of anders gestel: Mense en kulture.1.2 Waarde en betekenis van AntropologieWanneer jy sou nadink oor die waarde van n kennis van kultuur as verskynsel, kan jygerus by jouself begin. Verken n bietjie jou eie kulturele omgewing. Jy besit nmoedertaal, n bepaalde godsdiens, jy was en is deel van n bepaaldeANT 124 Studiegids Bl 19
  20. 20. onderwysstelsel, jy huldig n bepaalde lewens- en wêreldbeskouing, jy besit bepaaldewaardes wat jou lewe rig, jy glo waarskynlik aan die demokrasie en n vryemarkstelsel, en so meer. Dit alles is deel van jou kultuur. In n sekere sin aanvaar jydit as vanselfsprekend en jy doen geen navrae daaroor nie. Iemand het eendagopgemerk dat n mens binne die raamwerk van jou kultuurpatroon leef soos n vis indie water. Jy waardeer eers werklik jou kultuur wanneer jy nie meer daarbinne leefnie. Gestel jy word môre wakker binne n Chinese of Sankultuur. Jy ken nie die taalnie, jy weet nie wat is goeie maniere nie, jy kan nie ontspanne met ander Chinese ofBoesmans verkeer nie, en so meer. Dink aan die fiasko! En dan besef jy dat jou totalemenswees vervleg is met jou kultuur en jou medekultuurgenote.1.3 Hoe bestudeer n mens kultuur?As jy byvoorbeeld die kultuur van die Pigmieë van die Kongo, die Pueblo Indiaansekultuur of die Russiese kultuur wil bestudeer, sal jy navorsingsmetodes en -tegniekegebruik waardeur jy ast ware in die skoene van die betrokke kultuurdraers klim envanuit hulle geestesoog na die werklikheid kyk. En so ontwikkel jy ook n waarderingvir die kultuurdraers, verstaan jy waarom hulle optree soos hulle wel optree en dinksoos hulle wel dink.Langs hierdie weg ontwikkel daar by jou n begrip van die verskille tussen mense enhulle kulture, maar ook n begrip vir ooreenkomste. Kennis en begrip virooreenkomste en verskille is een van die sleutels tot n vreedsame samelewing waarmense van verskillende kulture in dieselfde staatsbestel saamgebring is - soos ook inSuid-Afrika die geval is.Die feit dat die antropoloog alle kulture van alle tye bestudeer, bring ook mee dathy/sy met n wêreldperspektief na die mens kyk. Wanneer hulle byvoorbeeldhuweliksvorme bestudeer sal antropoloë n vergelyking maak van ander werke watoor die wêreld oor die onderwerp verskyn het. Langs hierdie weg word variasiesopgeteken, maar waarskynlik ook n sentrale tema ontdek wat by alle of die meesteANT 124 Studiegids Bl 20
  21. 21. kultuurgroepe aanwesig is. En so kry die antropoloog n insig in en begrip vir die aarden wese van die mens wat unieke perspektiewe oplewer.1.4 Wat kan ‘n mens doen met Antropologie?In die algemeen kan gestel word dat die vak in enige multikulturele situasietoepassingswaarde besit. Dit geld letterlik vir alle lewensterreine - die nywerheid,kerk, sport, onderwys, gesondheid, polisie, weermag, en so meer. In die Suid-Afrikaanse konteks is daar veral twee vlakke waar antropologiese kennis nnoodsaaklikheid is:Eerstens gaan dit om die deurgee van inligting - hetsy die interpretering vanbestaande inligting of nuwe inligting wat deur navorsing bekom word. Ons beleefvandag n tydstip in ons geskiedenis waar die mense van Suid-Afrika op grondvlakmekaar beter sal moet leer ken, mekaar se ideale sal moet verstaan en n beeld salmoet opbou van ooreenkomste en verskille. Antropoloë word hedendaags oorval metnavrae met betrekking tot die wyse waarop Suid-Afrikaners op alle lewensterreine(die polisiebeampte, die weermaglid, die bestuurder, die nyweraar, die kleinsakeondernemer, die bankklerk, en so meer) die verskynsel van multikulturaliteit behoortte hanteer - saamgelees met die aanverwante verskynsels van ras en etnisiteit.Tweedens is ons almal bewus van die noodsaak van gemeenskapsontwikkeling inSuid-Afrika. Het u al van die Heropbou en Ontwikkelingsprogram van die huidigeregering verneem? In dié verband lewer die antropoloog n onmisbare bydrae in diésin dat hy/sy die kultuur van die gemeenskap wat by ontwikkeling betrokke is, ken enbyvoorbeeld as n kulturele tussenganger optree tussen die betrokke gemeenskap enontwikkelaars soos gesondheidsbeamptes, stadsbeplanners, nyweraars ensovoorts. Indie proses word wedersydse inligting deurgegee en kan die antropoloog ook optree indie meer gespesialiseerde rol van fasiliteerder ten einde verskillende partye bymekaaruit te bring.ANT 124 Studiegids Bl 21
  22. 22. Terloops, daar is talle ander rolle wat die antropoloog in die praktyk kan beklee. Eknoem enkeles:  evalueerder van byvoorbeeld bestaande ontwikkelingsprojekte (Is die ontwikkelingsprogram geslaagd? Word doelstellings en doelwitte bereik?)  impakevalueerder van nuwe projekte (Wat sal die waarskynlike effek van n ontwikkelingsprogram of -projek wees?)  behoeftebepaler (Wat is die besondere behoeftes van die betrokke gemeenskap?)  advokatuur waar die antropoloog optree ten behoewe van n bepaalde gemeenskap: byvoorbeeld om hulle saak by die Owerheid of waar ookal te stel.  veranderingsagent waar die antropoloog mense inlei tot begrip van hulle eie kulturele omgewing en om waar nodig verandering te fasiliteer, sou die gemeenskap daarmee akkoord gaan.  gesaghebbende getuie waar antropoloë in byvoorbeeld hofsake en voor kommissies getuienis moet lewer.  administrator waar antropoloë verantwoordelikheid aanvaar vir die deurvoer van ontwikkelingsprogramme.  beplanner waar die antropoloog meewerk in n multi-dissiplinêre program om projekte te beplan of om beleid te bepaal.Die rol van antropoloog in ontwikkeling en ander terreine is al oor en oor bewys. Daaris duisende voorbeelde oor die wêreld heen waaruit dit blyk dat antropoloë nonmisbare bydrae tot die verbetering van die lewe van die mens gemaak het. Aan dieander kant is daar eweneens talle voorbeelde wat daarop dui dat praktieseaangeleenthede in n multikulturele opset dikwels nie kon slaag nie, bloot omdat diekulturele waardes, persepsies, opvattinge en gebruike van die gemeenskap betrokkenie in ag geneem is nie. Dit is die plig van die antropoloog om vanuit sy/haarbesondere gespesialiseerde kennis n bydrae te lewer tot die oplossing van tallemultikulturele vraagstukke.ANT 124 Studiegids Bl 22
  23. 23. Aktiwiteit 3: 50 min. Die aard van Antropologie In ‘n tutoriaal sessie, kyk video 1 ‘The Nature of Anthropology’ in die Faces of Culture reeks (# 1614). Terwyl die program gekyk word behoort jy aandag te skenk aan: a) Antropologie as ‘n wetenskaplike studie van die mens. b) Die definisie van Kulturele Antropologie. c) Die toepaslikheid van Kulturele Antropologie op vandag se wêreld. Na afloop van die video, besin in klein-groepsverband (3-5 lede) oor die hoof gedagtes wat dié program meedeel.ANT 124 Studiegids Bl 23
  24. 24. Studie-eenheid 2 EWOLUSIE VAN DIE GENUS HOMO Algemene uitkomsDie algemene uitkoms van die module is dat leerders in staat sal wees om ‘n begrip vir die aard, betekenis en funksie van kultuur te demostreer sodat persektief en waardering vir die betekenis en rol van kultuur in universele en uniek verband en veral in multikulturele kontekste bevorder kan word. Eenheid Sessies leeruitkomstes Studie Bronne uitkomstes eenheid en aktiwiteiteDie eenheid uitkoms Met betrekking tot die sessies leer uitkomstes, sal Studie eenheid Hulpmiddels:van hierdie module is leerders die vermoe he om: 1:  Lesingsdat leerders in staat  Transpirante  die verband tussen die eet van vleis en Ewolusie van diesal wees om:  Groepwerk die ontstaan en breinontwikkeling soos dit van toepassing is op Genus Homo  Video ontwikkeling van  Tutors Homo habilis te verduidelik; die mens en  oorsigtelik die aard van die kultuur van Homo Aktiwiteite kultuur te Literatuur: verduidelik. erectus te verduidelik;  Akt.5  Haviland  te verduidelik waarom vuur so ‘n belangrike rol 2000 in die kulturele en fisiese lewe van Homo erectus gespeel het;  ‘n opstel oor die Neandertalmens as voorbeeld van die Argaïese Homo sapiens te skryf;  die vervaardigingstegnieke en gebruik van die verskillende werktuie wat in die Bo-Paleolitiese periode voorgekom het te beskryf;  enkele kenmerke van die Bo-Paleolitiese kuns oor die wêreld en ook die verklarings wat vir die bestaan van die kuns aangevoer word te beskryf; en  in tabelvorm ‘n oorsig van die menslike wesens en die kultuur (werktuie of vervaardigingstegnieke) wat met hulle geassosieer word, asook voorbeelde van bekende vindplekke by elk soos dit gedurende die Paleolitikum aangetref word te gee.ANT 124 Studiegids Bl 24
  25. 25. Spesifieke leer uitkomste Met die voltooiing van Studie-eenheid 2 moet jy instaat wees om die volgende vrae te bemeester met die oog op assessering: 1. Definieer die volgende begrippe:(a) Australopithecus (i) Neandertal(b) Fossiel (j) Moustierkultuur(c) Acheultradisie (k) Levalloistegniek(d) Olduvai-artefakte (l) Cro-Magnon(e) Paleolitiese kultuur (m) Bo-Paleolitikum(f) Homo habilis(g) Homo erectus(h) Homo sapiens 2. Verduidelik die verband tussen die eet van vleis en breinontwikkeling soos dit van toepassing is op Homo habilis. 3. Verduidelik oorsigtelik die aard van die kultuur van Homo erectus. 4. Verduidelik waarom vuur so ‘n belangrike rol in die kulturele en fisiese lewe van Homo erectus gespeel het. [Slegs vir deurlopende evaluering] 5. Skryf ‘n opstel (ongeveer 1.5 folio’s) oor die Neandertalmens as voorbeeld van die Argaïese Homo sapiens. Gee veral aandag aan fisiese voorkoms, simboliese lewe en taal. [Slegs vir deurlopende evaluering] 6. Beskryf die vervaardigingstegnieke en gebruik van die verskillende werktuie wat in die Bo-Paleolitiese periode voorgekom het. 7. Beskryf (a) enkele kenmerke van die Bo-Paleolitiese kuns oor die wêreld en (b) beskryf ook die verklarings wat vir die bestaan van die kuns aangevoer word. ANT 124 Studiegids Bl 25
  26. 26. 8. Gee in tabelvorm ‘n oorsig van die menslike wesens en die kultuur (werktuie of vervaardigingstegnieke) wat met hulle geassosieer word, asook voorbeelde van bekende vindplekke by elk soos dit gedurende die Paleolitikum aangetref word.2.1 AgtergrondAstronome bereken dat die aarde ongeveer 15 biljoen jaar oud is. Om die mens enkultuur se plek en ontstaan in hierdie ontsaglike geskiedenis meer begrypbaar temaak, het Carl Sagan „n kalender ontwerp wat die hele geskiedenis van die aarde, diemens en kultuur tot „n enkele jaar kondenseer. Volgens hierdie indeling is elke biljoenjaar gelyk aan 24 dae en 475 jaar is gelyk aan „n sekonde. Vanaf 1 Januarie tot 25September het die aarde reeds bestaan maar lewe het eers vanaf 25 Septemberbegin. Op 31 Desember, om 10:30 die aand, het die eerste mensagtige primateverskyn. Die primate en menslike wesens en hul vroeë kultuur waarin onsgeïnteresseerd is, is slegs op aarde sedert die laaste ongeveer 90 minute van dieaarde se 12 maande-lange bestaan.Wanneer ons dus konstateer dat in werklike tyd gereken die eerste primate ongeveer55 tot 65 miljoen jaar gelede gelewe het, sal jy verstaan dat ons (al praat „n mensvan miljoene jaar gelede) eintlik, in terme van die aarde se ouderdom, slegs met „nklein deeltjie van die geskiedenis besig is. Vir ons is dit in „n sekere sin egter diebelangrikste periode van die aarde se bestaan omdat die vroeë mense ook uit hierdieperiode (ongeveer 4 miljoen jaar gelede) ontstaan het. Moderne mense wat soos onslyk het eers ongeveer 100,000 jaar gelede hulle verskyning gemaak (Ember & Ember2000:16). „n Volgende gedagte wat jy voortdurend moet onthou is dat hierdie 4miljoen jaar nog steeds oor „n baie lang periode strek. Met ander woorde al bestudeerons slegs „n kort tydsperiode van die totale bestaan van die aarde, het dit steeds virdie mens duisende en miljoene jare geneem om geleidelik sy moderne biologiese enanatomiese vorm aan te neem, asook die hoë tegnologiese kultuur van die twintigsteeeu te ontwikkel.ANT 124 Studiegids Bl 26
  27. 27. Dit is nie moontlik om die totale prehistoriese ontwikkeling van die primate en diemens in hierdie module te behandel nie. Die belangrikste oogmerk is om die vroeëontwikkeling van kultuur na te gaan en daarom is die historiese beginpunt van kultuurook vir hierdie module as wegspringplek gekies. Die eerste mensagtige wese watkultuur beoefen het, staan bekend as Homo habilis (kyk ook die definisie op inHaviland 2000) wat ongeveer 2.4 miljoen jaar gelede geleef het. Uit die resultate vanargeologiese opgrawings weet ons verder dat „n volgende afstammeling in diemenslike voorgeskiedenis, bekend as Homo erectus, ongeveer 1.8 miljoen jaargelede sy verskyning gemaak het. Na Homo erectus het Argaïese Homo sapiensongeveer 35,000 duisend jaar gelede gelewe. Die bekende Neandertal-mens is deelvan hierdie spesie en het wydverspeid oor Europa en Wes-Asië voorgekom. Diemoderne mens het volgens fossielgegewens reeds ongeveer 30,000 jaar gelede opdie aarde voorgekom. Opdrag: Om die voorafgaande oorsig in meer besonderhede na te gaan is ditnodig om na die literatuur te kyk. Raadpleeg Haviland (2000:175, 183). Op bladsy183 word „n diagram (Figure 7.5) aangebied wat „n voorstelling van die vroeë mensse ewolusie weergee. Let daarop dat ons in hierdie studie-eenheid die werkafgebaken het om slegs die ontwikkelingslyn vanaf H. habilis te bestudeer. Uit hierdiediagram behoort dit egter duidelik te wees dat daar nog „n groot deel van dievoorgeskiedenis is wat net so belangrik vir antropoloë is. Op bladsy 175 is daar „ngedeelte onder die opskrif “Introduction” wat die hele periode in die geskiedenis watons in hierdie studie-eenheid bespreek, opsom. Lees dit deur met aandag.ANT 124 Studiegids Bl 27
  28. 28. Aktiwiteit 4: 40 min. Lees weer die “Introduction” van Haviland (2000:175) en stel ‘n lys van vrae (± 10) op wat jy aan ‘n kenner van die voorgeskiedenis van die mens sal wil vra.2.2 Homo habilis en die oorsprong van kultuurAntropoloë is sterk kultuur-histories georiënteerd. Dit wil sê dat hulle probeer insig indie aard van kultuur bekom deur juis onder andere op die ontwikkeling daarvan te let.Kultuur kan egter nie kultuur skep nie. Die mens skep kultuur en daar vind nvoortdurende wisselwerking tussen kultuur en mens plaas. In hierdie volgendeafdelings illustreer die skrywer hierdie oriëntasie op n insiggewende wyse. Hy wys opdie ontwikkeling van kultuur, maar toon deurgaans die verband daarvan met diemens aan. Probeer kyk of jy hierdie wisselwerking kan raaksien. Langs dié weg sal dieholistiese perspektief in die vak ook vir jou duideliker word.Ek wil graag hê dat jy veral moet let op die versigtige wyse waarop die outeur sygegewens hanteer. Hy skryf nooit in absolute terme nie. Hy gebruik deurgaans diewoorde waarskynlik, moontlik, volgens ons huidige insig, suggereer en so meer. Diefeit dat hy dikwels verwys na antropologiese debatte illustreer ook dat daar geenabsolute duidelikhede bestaan nie. Oor sy vroeëre geskiedenis sal die menswaarskynlik nooit die volle waarheid hier op aarde weet nie. En tog sal dit altyd nopwindende en fasinerende studieveld bly. Jou aandag word daarop gevestig dat die vrae nie alle inligting wat in die voorgeskrewe literatuur aangebied word, insluit nie. In stede daarvan om uittreksels uit die hoofstukke in die leermateriaal in te sluit, is besluit dat die hoofstukke as geheel die leerder ‘n beter perspektief aangaande die verband tussen biologiese en gevolglike kulturele ontwikkeling sal bied. Dit is dus belangrik dat jy telkens sal seker maak van die vrae wat ter sake is, asook die spesifieke bladsye wat uit die literatuur voorgeskryf word. Die vrae wat vir assessering voorberei moet word, word aan die einde van elke studie-eenheid gelys. Die betrokke literatuur is egter heel agter aan hierdie studiegids aangeheg.ANT 124 Studiegids Bl 28
  29. 29. Haviland 2000: 177-197In hierdie gedeelte van Haviland (2000) word drie vrae behandel, naamlik wanneer,waar en hoe het die menslike kultuur ontwikkel? Wanneer het die herorganisering envergroting van die menslike brein begin? Hoekom het die eet van meer vleis tot „nverbeterde brein gelei? Jy sal oplet dat hierdie vrae nie noodwendig in die opskriftevan die hoofstuk weerspieël word nie. Die outeur het met ander woorde nie direk dieantwoorde verskaf nie. Dit is ons taak om deur die gegewens te sif om aan die eindevan die proses die vrae te beantwoord. Ons het ook nie die tyd om aan al die vraeewe veel aandag te gee nie. Slegs één vraag uit hierdie hoofstuk is bepalend vir dieuitkomste van die module, naamlik die verband tussen die eet van vleis enbreinontwikkeling soos dit van toepassing is op Homo habilis.Nieteenstaande die onsekerheid en verskille oor watter spesies in dievoorouergeslagte van die Homo-bloedlyn sou wees, stem meeste paleontoloë saamdat Homo habilis in die direkte bloedlyn van die genus Homo is. Die eerste Homohabilis-fossiele is in die Olduvaikloof (Tanzanië) deur Louis Leakey gevind. Wat hulfisiese voorkoms betref, het Homo habilis „n groter brein gehad (gemiddeld 650-690kubieke sentimeter - cc), kleiner maaltande, sowel as hande en voete met „n bynamoderne voorkoms. Om „n begrip op te bou van die impak van die breinontwikkelingvan Homo habilis, is dit belangrik om die die gedeeltes vanaf bladsy 178 tot bladsy185 in Haviland (2000) te lees. Hierdie bladsye gaan nie die antwoord op ons vraaggee nie, maar verskaf noodsaaklike agtergrond en bykomende gegewens om dievraag goed te beantwoord.Hoe moet jy die vraag benader?Raadpleeg Haviland (2000:185) onder die opskrif “Tools, Meat, and Brains”. Diegedeelte strek vanaf bladsy 185 tot bo aan bladsy 188. Daarna gaan dieverduideliking aan op bladsy 192 tot op bladsy 194. Let egter daarop dat diebespreking onder die volgende bladsye voortgaan al het die opskrifte verander. Metander woorde onder die opskrif “The earliest signs of culture: Tools” (HavilandANT 124 Studiegids Bl 29
  30. 30. 2000:194) word verdere insiggewende inligting verskaf wat jou sal help om die vraagte beantwoord. Trouens tot aan die einde van die hoofstuk (net tot voor dieopsomming) word daar belangrike gegewens deurgegee.Watter gegewens is belangrik en watter is minder belangrik? Lees weer deur al die voorgenoemde bladsye en merk met „n kleurpen of onderstreep met „n potlood die gegewens wat iets oor die brein en vleiseet oordra. Skryf die sinne wat oor vleiseet handel op „n aparte vel papier en die sinne wat oor die brein handel op „n volgende vel papier. Jy kan ook daaraan dink dat vleiseet die oorsaak was en „n vergrote brein die gevolg van vleiseet was. Begin weer by die gedeeltes wat oor vleiseet handel en konsentreer op daardie gegewens wat inligting oordra oor die omstandighede wat vleiseet voorafgegaan het. Op bladsy 192 word byvoorbeeld lank uitgebrei oor die verskil in voedsel tussen manlike en vroulike Homo habilis. Soek weer die sinne uit wat jy dink hierdie inligting verskaf en skryf dit op „n aparte vel papier neer. Die gevolg van meer vleiseet het geleidelik tot „n groter brein gelei. Ons kan dit „sien‟ in die volgende kultuurbewyse: werktuie, samewerking in voedselversamel (arbeid), in die deel van voedsel, asook in moontlike taalontwikkeling. Lees deur hierdie betrokke paragrawe en maak „n opsomming van elk. Fokus telkens op die gedagte dat breinontwikkeling tot sekere resultate gelei het.Semi-Finale stap: Skryf jou antwoord as geheel uit. Lees weer die vraag vervat in leeruitkoms 2 en maak seker dat jy verstaan wat verwag word. Stel „n raamwerk op wat die hoofonderwerp van elke paragraaf opsom. Alle opsteltipe vrae begin met „n inleiding en eindig met „n slot. Besluit self watter onderwerpe belangrik is vir die middelparagrawe. In die inleiding skryf jy gewoonlik die onderwerp van die vraag en dui jy aan hoe jy beoog om dit te beantwoord. In die slot word gevolgtrekkings gestel. In die geval van hierdieANT 124 Studiegids Bl 30
  31. 31. vraag word net verwag dat jy een of twee sinne sal skryf oor die belangrikste gevolgtrekkings waartoe jy gekom het. Lees deur jou aantekeninge van die vorige stadium. Rangskik die gegewens volgens jou paragraafindelings. Begin by die tweede paragraaf en skryf in jou eie woorde al die gedagtes wat op die hoofonderwerp betrekking het. Gaan ook voort met die volgende paragrawe. Hou voortdurend die doel voor oë, naamlik om oorsaak en gevolg bymekaar uit te bring.Finale stap: Kontrole en evaluering Lees jou antwoord deur as geheel. Vra telkens of jy die vraag beantwoord. Gee jou antwoord ook aan ‟n medestudent en vra dat hy/sy dit deurlees en of sy/hy die antwoord verstaan. Bring verbeterings aan en skryf die finale weergawe wat jy vir verder vir die tutor of dosent kan gee om na te sien. Nadat hulle verbeterings aangebring is, is jy gereed om die antwoord te leer.2.3 Homo erectus, jag en versamel en vuur Haviland 2000: 201-222Die fossieloorblyfsels van Homo erectus is op verskeie plekke in Afrika, Europa,China en Java gevind. Die meeste paleoantropoloë is dit eens dat Homo erectusoorspronklik in Oos-Afrika gewoon het en dat groepe vandaar uit Afrika gemigreer hetna Europa en uiteindelik Asië. Die vroegste van hierdie fossielvondse is ongeveer 1.8miljoen jaar oud en dit wil voorkom asof die spesie tot ongeveer 400,000 jaar geledegeleef het. Van sy nek en skouers afwaarts is daar geen onderskeid tussen Homoerectus en sy opvolger Argaïese Homo sapiens nie. Die skedel van Homo erectus hetnog byvoorbeeld prominente oogbanke gehad. Sy brein was ongeveer 895 – 1040ccen dus groter as sy voorganger (Homo habilis) maar nog kleiner as die brein vanmoderne mens.ANT 124 Studiegids Bl 31
  32. 32. Jou eerste taak is om oorsigtelik deur die gegewe bladsye van Haviland (2000) telees. Daarna begin jy weer op bl. 209 by die opskrif “The culture of Homo erectus” ensom die gedeelte op tot by bl. 210 en ook bladsye 214, 215. Laat die gedeelte oor diegebruik van vuur eers uit in jou opsomming (dit is „n vraag wat jy in Aktiwiteit 5 salbehandel) en gaan aan na bl. 217 waar ander kultuuraspekte van Homo erectusbespreek word. Die bespreking eindig op bl. 221. Die uitstaande kenmerke van Homoerectus se kultuur is geleë in die Acheultradisie in werktuie en die gesamentlike jagvan grootwild. Tydens die klasgeleentheid sal hierdie werk ook behandel word. Aktiwiteit 5 : 4 ure Die rol van vuur in die kultuur en fisiese samestelling van Homo erectus Lees in Haviland (2000:215-217) oor Homo erectus se gebruik van vuur en struktureer jou antwoord in ooreenstemming met die volgende raamwerk: (a) Inleiding (b) Vindplekke en bewyse van die gebruik van vuur (c) Voordele en moontlike gevolge van die gebruik van vuur Migrasie na kouer dele Beskerming Lig Kook van voedsel (d) Gevolgtrekkings2.4 Argaïese Homo sapiens (wo. Neandertal) en die middel paleolitiese kultuur (middel-steentydperk) Haviland 2000: 225-246In hierdie hoofstuk behandel Haviland (2000) die Argaïese Homo sapiens watongeveer vanf 400,000 tot 35,000 jaar gelede gelewe het. Hulle was afstammelingevan Homo erectus en het oor feitlik die hele Europa, China en Suidoos-Asië gewoon.Een van die bekende verteenwoordigers van Argaïese Homo sapiens is dieNeandertalmens. Neandertalfossiele is in Wes-Europa (Düsseldorf, Duitsland),Suidoos-Asië (Israel, Irak) en Sentraal Asië (Uzbekistan) gevind.ANT 124 Studiegids Bl 32
  33. 33. Een van die grootste vindplekke van Neandertalle is die Shanidar Grot in noordoosIrak waar die paleontoloog Ralph Solecki die skelette van nege individue gevind het.In sy bestudering van die vindplekke het Solecki beskryf hoedat hy as deel van dieroetine (m.a.w. sonder om te dink dat dit iets sal oplewer) van die grondmonsters indie grot vir ontleding weggestuur. Op daardie stadium was stuifmeelontleding nog nieso omvattend ontwikkel nie. Die resultate was egter opspraakwekkend. Die ontledingshet onder andere getoon dat daar stuifmeel van verskeie soorte grasse en bome indie grond teenwoordig was, maar ook stuifmeel van verskillende blomsoorte. Verdereontledings het aan die lig gebring dat die Neandertalliggame met blomme begrawe is.Solecki skryf so oor dié bevinding: “Here were the first “Flower People”, a discoverywholly unprecedented in archaeology, as well as unexpected. Many thousands ofburials had been unearthed since prehistoric archaeologists began to persue theirprofession scientifically, but nothing like this had even been suspected….With thefinding of flowers in association with Neandertals, we are brought suddenly to therealization that the universality of mankind and the love of beauty go beyond theboundary of our own species” (aangehaal deur Aceves & King 1979:166,167). Uithierdie gegewens is dit duidelik dat die Neandertalmense „n besondere plek in dievoorgeskiedenis van die mens beklee. Verskillende argumente kan aangevoer wordvir hierdie interpretasie. Vir Solecki was hulle die „blommemense‟, vir anderantropoloë was daar weer ander opvallende kenmerke. Voltooi die volgende aktiwiteiten gee ook jou indrukke van kenmerke wat jou met betrekking tot Neandertal opval. Aktiwiteit 6 : 5 ure Neandertal - as voorbeeld van Argaïese Homo sapiens Skryf ‘n opstel (ongeveer 1.5 folio’s) oor die Neandertalmens. Gee onder andere aandag aan fisiese voorkoms, simboliese lewe en taal. Dit word verwag dat jy ten minste een bykomende bron (benewens Haviland) in die biblioteek sal raadpleeg om die opstel te skryf. Leiding in die verband sal tydens ‘n tutorklas gegee word. Die opdrag kan ook in groepe van twee uitgevoer word, wat beteken dat jy en jou maat dieselfde punte sal ontvang.ANT 124 Studiegids Bl 33
  34. 34. 2.5 Homo sapiens en die Bo-Paleolitiese (laat-steentydperk) kultuur Haviland 2000: 249-271Die periode in die mens se voorgeskiedenis bekend as die Bo-Paleolitiese tydperkdateer terug na ongeveer 30,000 tot 14,000 jaar gelede. Een van die groepe mensewat met die periode geassosieer word, staan bekend as Cro-Magnon (vernoem na „nvindplek in Frankryk, Cro-Magnon) wat in voorkoms volledig soos die moderne mensgelyk het. Hoewel die Bo-Paleolitiese kultuur en mense wyd oor die wêreld verspreidgewoon het, was daar variasies in tyd en tipe werktuie. In Afrika praat onsbyvoorbeeld van die Laat Steentydperk en vind ook dat die periode baie vroeër hierontwikkel het as in byvoorbeeld Europa. Ongeag waar hulle gewoon het, het diemense „n jag- en versamelbestaan gevoer, was hulle instaat om hulself met seekos tevoed, en het hulle in rotsskuilings, grotte of hutte gewoon. Ongeag hul omgewing,het hulle ook ooral kleiner en meer tegnologies ontwikkelde werktuie van klip, been,horing en ivoor gemaak.Dit is veral aan die Bo-Paleolitiese werktuie wat ons in hierdie afdeling wil aandagskenk. Lees die voorafgaande gedeeltes uit Haviland (2000) met aandag deur, maarmet die oog op vraag 6 moet jy op bl. 253 begin by die opskrif “Upper paleolithictools”. Lees tot by bl. 258 tot net voor die opskrif “Upper paleolithic art”. Lees „ntweede keer deur die genoemde bladsye en onderstreep die gedeeltes of woorde watjy belangrik ag en verband hou met twee sake, nl. die vervaardigingstegnieke en diewerktuie self. In hierdie proses moet jy ook alle terme wat jy nie verstaan nie, op „naparte vel papier lys en die betekenis daarvan opsoek en uitskryf. Maak „nopsomming in jou eie woorde van die gedeeltes wat jy gelees het en maak seker datjy die volgende hoofgedagtes behandel:  Nuwe tegnieke om lemwerktuie te skep (skilfers geslaan van „n kern; produseer skilfers deur druktegniek)  Gespesialiseerde werktuie, bv. die buryn, spieswerper, jagnette, die pyl en boog (voorkoms? gebruik?)  In watter opsig het die werktuie „n verbetering in oorlewing bewerkstellig?ANT 124 Studiegids Bl 34
  35. 35. Die vroegste vorme van kuns word aangetref gedurende die Bo-Paleolitiese periode.Krale en ander gebruiksartikels is kunstig uitgekerf uit been, horing of ivoor. Diebekendste voorbeelde is egter die muurskilderinge wat in grotte in byvoorbeeldSpanje, Fankryk, Australië en Suidelike Afrika aangetref word. Die muurskilderingeword hoofsaaklik op drie plekke in die grotte aangetref: In bewoonde rotskuilings engrotingange (sogenaamde kuns ter wille van kuns); in „gallerye‟ direk aangrensend totbewoonde areas of grotte; en diep agter in grotte waar dit moontlik vir religieusedoeleindes benut is.Uit hierdie voorgaande gegewens is dit reeds duidelik dat die kuns van die Bo-Paleolitiese mense van besondere betekenis is en van so „n aard is dat dit baie vandie leefwyse van hierdie periode oordra. Tog is daar nog heelwat kennis wat ontbreeken waarskynlik nooit ten volle beantwoord sal kan word nie.Jy moet by die deurwerk van hierdie gedeelte in Haviland (2000:258-265) veral let optwee sake: Eerstens moet jy die algemene kenmerke van die kuns identifiseer. Dit ismet ander woorde daardie eienskappe wat die kuns van ander vorme van kunsonderskei. Die kenmerke is nie net geleë in die tipe kuns of die onderwerpe nie, maarook in die gebruik daarvan. Tweedens word vereis dat jy die verklarings vir diebestaan van die kuns sal nagaan. In sommige gevalle is daar groter sekerheid oor diedoel van die kuns omdat ons lewende kulture in byvoorbeeld Australië en SuidelikeAfrika het wat die kuns na duisende jare nog beoefen of nog in historiese tyd (mawsodat onderhoude met kunstenaars gevoer kon word) daaroor kon rapporteer. In baiegevalle is dit egter net moontlik om te bespiegel oor die doel en onderwerp vanskilderinge. Jy moet instaat wees om aan die hand van Haviland (2000) verder hieropuit te brei. Let wel, daar is ook in hierdie gedeelte oor kuns heelwat terme watmoontlik vir jou vreemd mag wees. Weet jy byvoorbeeld wat die volgende beteken:oker (ocher), pigment, figuratiewe skilderinge (figurative pictures), gravures(engravings), shamanisme, distorsies, bison, mammoet, ens.? Probeer self diebetekenis vasstel deur middel van verklarende woordeboeke of Antropologiewoordeboeke in die biblioteek. Indien jy steeds nie regkom nie, moet jy by die dosentaanklop vir hulp.ANT 124 Studiegids Bl 35
  36. 36. Studie-eenheid 3 DIE AARD VAN KULTUUR Algemene uitkomsDie algemene uitkoms van die module is dat leerders in staat sal wees om ‘n begrip vir die aard, betekenis en funksie van kultuur te demostreer sodat persektief en waardering vir die betekenis en rol van kultuur in universele en uniek verband en veral in multikulturele kontekste bevorder kan word. Eenheid Sessies leeruitkomstes Studie Bronne uitkomstes eenheid en aktiwiteiteDie eenheid uitkoms Met betrekking tot die sessies leer uitkomstes, sal Studie eenheid Hulpmiddels:van hierdie module is leerders die vermoe he om: 3: Die aard van  Lesingsdat leerders in staat  Transpirante  die begrip kultuur soos dit in die Suid- Antropologiesal wees om:  Groepwerk Kultuur te Afrikaanse konteks van toepassing is te  Video definieer asook Aktiwiteite  Tutors definieer en verduidelik. die aard en  aan die hand van voorbeelde die kenmerk dat  Akt. 9 kenmerke van Literatuur:  Akt. 10 kultuur te kultuur gedeel word te verduidelik.  Ember &  Quizz beskryf. Ember 2000  aan die hand van voorbeelde die kenmerk dat Die faktore en  Haviland houdings wat die kultuur aangeleer word te verduidelik. 2000 bestudering van  die probleme verbonde aan die twee begrippe  Hunter & kultuur kan etnosentrisme en relativisme te bespreek. Whitten belemmer te verduidelik.  kortliks die volgende beginsels wat in Die antropologiese navorsing in ag geneem moet antropologiese word te beskryf: beskrywing van (a) Individuele variasie kultuur te (b) Kulturele beperkinge bespreek. (c) Ideële versus werklike kultuurpatrone (d) Ontdekking van kultuurpatrone  met verwysing na die gevallestudie oor die !Kung die aanname dat kultuur aanpasbaar is te verduidelik.  met verwysing na die gevallestudie oor die !Kung die aanname dat kultuur geïntegreerd is te verduidelik.  Verduidelik met verwysing na die gevallestudie oor die !Kung die aanname dat kultuur altyd veranderlik is te verduidelik.ANT 124 Studiegids Bl 36
  37. 37. Spesifieke leer uitkomsteMet die voltooiing van Studie-eenheid 3 moet jy instaat wees om die volgende vraete bemeester met die oog op assessering:9. Definieer en verduidelik die begrip kultuur soos dit in die Suid-Afrikaanse konteks van toepassing is.10. Verduidelik aan die hand van voorbeelde die kenmerk dat kultuur gedeel word.11. Verduidelik aan die hand van voorbeelde die kenmerk dat kultuur aangeleer word.12. (a) Bespreek die probleme verbonde aan die twee begrippe etnosentrisme en relativisme en (b) toon aan hoedat dit ‘n rol kan speel in die toepassing van internasionale kodes vir menseregte.13. Beskryf kortliks die volgende beginsels wat in antropologiese navorsing in ag geneem moet word: (e) Individuele variasie (f) Kulturele beperkinge (g) Ideële versus werklike kultuurpatrone (h) Ontdekking van kultuurpatrone14. Verduidelik met verwysing na die gevallestudie oor die !Kung die aanname dat kultuur aanpasbaar is.15. Verduidelik met verwysing na die gevallestudie oor die !Kung die aanname dat kultuur geïntegreerd is.16. Verduidelik met verwysing na die gevallestudie oor die !Kung die aanname dat kultuur altyd veranderlik is.3.1 AgtergrondIn die vorige afdeling het ons baie oor prehistoriese kultuur en die ontstaan daarvangeleer, maar in werklikheid sal dit moeilik wees om op grond van hierdie gegewensdie aard en kenmerke van kultuur as „n universele verskynsel te beskryf. In die beginANT 124 Studiegids Bl 37
  38. 38. van hierdie studiegids (Studie-eenheid 1) het jy reeds „n bietjie moes nadink oor joueie kultuur. Dit is presies waarna antropoloë streef – „n beter begrip van onsself enons eie kultuur. Die interessante gegewe is egter dat dit taamlik moeilik is om onsselfte verstaan, hoofsaaklik omdat „n mens nie „n mate van afstand oor jou eie lewe hetnie (jy aanvaar kultuur as vanselfsprekend). Antropoloë het dus tot die gevolgtrekkinggekom dat as ons ander kulture bestudeer, dan belig dit onder andere die verskille enooreenkomste tussen ons en die ander kulture. Op dié wyse word ons meer bewusvan die sake wat vir ons belangrik is (waaraan ons waarde heg), wat ons onderskeien uiteindelik ook „n gevoel van eie waarde en „behoort aan‟ gee.Hierdie besef van „n eie, waardevolle plek in die heelal is al genoeg rede om teverklaar dat „n studie van kultuur vir enige persoon insiggewend behoort te wees.Soos reeds in die eerste studie-eenheid duidelik gestel is, is Antropologie (en byimplikasie die studie van kultuur) egter nie net „n verrykingskursus nie. Dit het ookpraktiese waarde in die sin dat kennis van en waardering vir die uniekheid van andermense se kultuur jou instaat stel om beter interpersoonlike verhoudinge met mensete kan ervaar. Gevolglik behoort jy in „n multikulturele Suid-Afrika „n beterwerknemer/gewer, ongeag jou tipe werk, te wees.In die besigheidswêreld is daar byvoorbeeld heelwat geld en besigheid op die spelindien maatskappye nie kultuursensitief is nie. In die V.S.A. het al dit praktyk gewordom kruiskulturele konsultante aan te stel om maatskappye wat hul produkte in anderlande wil bemark van advies te bedien. „n Groot elektroniese maatskappy het „n duurles in dié verband geleer in hul onderhandelinge met „n Japanese maatskappy. Na „nlang proses van onderhandeling het die V.S.A. maatskappy die kontrak gekry. Op diedag van ondertekening van die kontrak het die Japanese hoofbestuurder die kontrakstadig woord-vir-woord bestudeer. Die Amerikaanse hoofbestuurder het sosenuweeagtig geword, dat hy aangebied het om $100 van die prys van elke item teverminder. Wat hy nie geweet het nie, was dat die Japanees nie die inhoud van diekontrak bevraagteken het nie, maar net sy gesag wou demonstreer („ngedragspatroon wat in sy kultuur heeltemal aanvaarbaar is). Ook die Coca-Colamaatskappy het al probleme ervaar nieteenstaande hul produk se wêreldwyeANT 124 Studiegids Bl 38
  39. 39. gewildheid. Met hulle laat toetrede tot die Chinese mark, het hulle verkoopsafdelingdie naam van die koeldrank vertaal met vier Chinese karakters wat fonetiesuitgespreek word as “Ke Kou Ke La”. Die ware vertaling van hierdie karakters hetegter gesê “Bite the wax tadpole” – woorde wat niks beteken het nie. Met swakverkope het die Coke maatskappy weer probeer en die naam geskryf as “Ko Kou KoLe” wat beteken “May the mouth rejoice”. Daarmee het die Chinese verbruikers nieprobleme gehad nie en verkope het gestyg.Uit hierdie twee voorbeelde kan jy aflei dat mense bewustelik of onbewustelik hul eiekultuurgedrag navolg en dat dit in kruiskulturele situasies dikwels tot verleentheid enrisikos kan lei. Dit kan egter ook „n geleentheid vir persoonlike en gemeenskapsgroeiwees. Dit hang net af van ons waardering vir kultuur en die plek wat ons daaraangee. In die hoofstuk van Ember & Ember (2000) wat ons vir hierdie Studie-eenheidgaan bestudeer begin die skrywers met „n kort inleiding wat aansluit by dievoorafgaande bespreking. Hulle stel twee belangrike gedagtes wat jy nuttig sal vind.Eerstens maak hulle die stelling dat kultuur unieke en universele kante het. Hoe weetons dit? Tweedens herhaal hulle „n idee wat reeds gestel is, naamlik dat antropoloëaltyd vergelykend werk. Dit is juis deur vergelyking dat ooreenkomste en verskille navore kom wat in werklikheid die bestaan van unieke en universele kultuureienskappebevestig.ANT 124 Studiegids Bl 39
  40. 40. 3.2 Bepaalde kenmerke van kultuur Ember & Ember 2000: 146-149(a) Definisie van kultuurDie bespreking van kenmerke begin met „n kort gedeeltjie oor die definisie vankultuur. Voordat jy verder lees, handel eers die volgende aktiwiteit af. Aktiwiteit 7 : 1 uur Dink na oor enige gewone dag wat jy in die afgelope week gehad het. Maak eers ‘n lys van die onderstaande sake wat jy self gedurende die betrokke dag beleef/gedoen het en vergelyk dit daarna met die lyste van lede van ‘n groep studente tydens ‘n klasgeleentheid. (a) Alle handelinge (wat jy gedoen het), bv. eet ontbyt. (b) Objekte wat jy gedurende hierdie handelinge hanteer het, bv. motor, beker, boek. (c) Gevoelens/emosies wat jy gedurende die dag ervaar het tydens watter handeling, bv. ongeduld in die oggendverkeer. In die vergelyking met die ander studente se lyste sal jy agterkom dat jy sekere dinge doen wat ander nie doen nie, maar dat daar ook baie handelinge en emosies is wat julle deel. Identifiseer al die ooreenstemmende sake.Lees nou die gedeelte in Ember & Ember (2000) en let op die volgende:  Kultuur is nie net die sogenaamde hoë kultuur nie (bv. die kunste).  Kultuur is nie net tradisionele kultuurgebruike nie (bv. inisiasieskole, volkspele).  Ons totale lewenswyse is kultuur.  Kultuur kan gekategoriseer word in - aangeleerde gedrag (wo. handelinge) - opvattinge/oortuiginge, waardes en ideale - objekte.Maak seker dat jy die gegewe definisie (Ember en Ember 2000:147) uit jou kop ken.ANT 124 Studiegids Bl 40
  41. 41. Aktiwiteit 8 : 2 uur Kultuurdefinisie in Biblioteek Die definisie van kultuur wat in Ember & Ember verskaf word, verteenwoordig ‘n bepaalde siening van kultuur. Antropoloë stem nie altyd saam oor watter kultuurdefinisie bruikbaar is nie. Om enigsins hierdie stelling te bewys, maar ook bewus te word van ander formulerings, is dit jou taak om ander antropologiese definisies van kultuur in die biblioteek te gaan opspoor. Soek in die Kovsiekat boeke met titels soos “Introduction to Anthropology” of “Cultural Anthropology”. Meeste sodanige boeke het ‘n afdeling oor kultuur en sal dit ook definieer. Skryf ten minste twee ander definisies van kultuur neer en bring na die klas vir bespreking. Dit is belangrik dat jy jou definisies met die een van Ember & Ember vergelyk en instaat sal wees om verskille en ooreenkomste aan te dui.(b) Kultuur word gedeel Kultuur is „n eienskap van individue wat tot „n groep behoort en is nie dieeienaardighede of individualistiese kenmerke van individue nie. Kultuur is dus daardiegedrag en idees wat ons met ander in gemeen het en wat ons tot „n groep saambind.In die handboek word die voorbeeld van „n opvatting genoem, naamlik die idee dat „nhuwelik „n verbintenis tussen slegs een man en een vrou behoort te wees. Om teweet of jy ook ernstig voel oor hierdie gebruik dink vir „n oomblik na wat jou reaksiesal wees as „n man met twee of drie vrouens jou buurman word. Hoe sal jy optree?Sal jy die mense aanvaar en graag vriende met hulle wil wees? Sal jy hulle vermy enontuis laat voel? „n Gedagte wat verder ook jou aandag vra, is wat is die kriteria vir hierdie groepwaaraan jy sou behoort of met wie jy sou wil assosieer. Dit is met ander woorde „nbepaalde groep mense wat kultuur deel en nie enige groep mense nie. Byvoorbeeld,dink jy die Bergklimklub, die Studenteraad of die Shimlarugbyspan deel elk „n kultuur?Die kriteria waarvolgens groepsdefiniëring plaasvind, is gewoonlik gemeenskaplikeetniese of streeksherkoms, religieuse affiliasies en beroepe. Die samebindende kragvan „n kriterium sal natuurlik van groep tot groep wissel en verder sal „n groep mensesterker saamgebind word as al die kriteria (en waarskynlik nog ander ook) by dieANT 124 Studiegids Bl 41
  42. 42. betrokke groep teenwoordig is. Kan jy aan tipiese groepe in Suid-Afrika dink wat aandie gestelde kriteria voldoen? Een van die verwarrende groeperinge wat oor die wêreld aangetref word, issubkulture. Dit is gewoonlik „n uitsonderlike groep binne „n groter kultuurgroep.Lede van hierdie subgroep deel meeste van die kultuureienskappe van die grotergroep, maar hulle het ook „n stel bykomende kultuureienskappe wat hulle onderskei.Bekende voorbeelde is die Rastafariërs en die Amish in Noord-Amerika. Wat deel hulleen wat onderskei hulle? Soms gebruik ons die term kultuur verkeerdelik of dra dit nie die volle betekeniswat ons aan die definisie gegee het nie. Om te praat van „n „armoedekultuur‟ of die„kultuur van nie-betaling‟ of die „kultuur van geweld‟ is nie in ooreenstemming metons gegewe definisie nie. Wat is na jou mening die verskil? Watter kultuureienskappedeel lede van hierdie groepe? Dink ook na oor die terme Westerse kultuur enAfrikakultuur. Watter eienskappe deel lede van hierdie kulture. Beantwoord die termeaan ons definisie van „n kultuurgroep? „n Belangrike aangeleentheid wat die outers in die laaste paragraaf uitwys is diegedagte dat al deel ons kultuur met ander lede van ons kultuurgroep, dit nie van onsfotokopieë van mekaar maak nie. Met ander woorde binne die gemeenskaplikheid vankultuur is daar nog altyd ruimte vir individuele variasies. Kan jy aan voorbeelde in joukultuur dink? In die moderne samelewing is dit juis „n eienskap wat groter dinamikaen verandering in kultuur meebring. In Studie-eenheid 4 sal ons meer aandag geeaan hierdie gegewe.(c) Kultuur word aangeleer Ember en Ember (2000) maak die onderskeid tussen biologiese behoeftes (bv. diebehoefte om te eet) en die kulturele gevolg daarvan. Om sekere soort voedsel asaanvaarbare voedsel te beskou (di. die opvatting/geloof), is dus onder anderekultuur. Anders gestel: Ons menslike biologiese behoeftes stel eise van oorlewing aanANT 124 Studiegids Bl 42
  43. 43. ons en die wyse waarop ons dit bevredig is deur middel van kultuur. Kan jy aan vandie ander biologiese behoeftes dink wat mense in die algemeen (maw ongeag hullekultuur) het, en die kulturele resultaat daarop? „n Tweede gedagte is die vraag of diere nie ook gedrag kan aanleer nie en hoe ditdan verskil van die gedrag wat mense aanleer? Wat is die verskil tussen miere enmense se gedrag? Wat is die verskil tussen mense se gedrag en dié van die anderprimate, soos sjimpansees? Een van die sterkste argumente waarop verskillegebaseer is, is die besit van taal. Taal soos mense dit gebruik, is hoogsgesimboliseerd en speel „n bepalende rol in die oordrag van kultuur. Deur middel vantaal kan ons ervaringe kategoriseer en name gee. Dink maar aan die woord Kersfeesof Nuwejaar en watter ervaringe en konnotasies dit alles in jou geheue oproep. Taalis „n instrument wat ouers gebruik om die werklikheid vir „n kind bekend te stel. Aktiwiteit 9 : 50 min. Die aard van kultuur Berei vir hierdie aktiwiteit voor deur Ember and Ember (2000:146-163) saam met die relevante gedeeltes uit die studiegids (studie-eenheid 3) te lees. In ‘n tutoriaal sessie, kyk video 2 ‘The Nature of Culture’ in die Faces of Culture reeks (# 1614). Terwyl die program gekyk word behoort jy aandag te skenk aan: a) Wat antropoloë bedoel as hulle meen dat kultuur aangeleer word. b) Integrasie as ‘n kenmerk van kultuur. c) Aanpassing as ‘n belangrike aspek van menslike kultuur. d) Kulture wat almal oor tyd verander. e) Etnosentrisme en kulturele relativisme. Na afloop van die program, besin oor wat jy geleer het oor die kenmerke (aannames) van kultuur, asook die waarde van kulturele relativisme versus etnosentrisme in jou alledaagse lewe.ANT 124 Studiegids Bl 43
  44. 44. 3.3 Houdings wat die bestudering van kultuur belemmer Ember & Ember 2000: 150-151 Dit is belangrik dat jy die term etnosentrisme kan definieer. Daar is tweegedeeltes in hierdie definisie waarna jy moet oplet. Eerstens sê die handboek (bl.150) dat dit iemand is met „n houding wat ander kulture beoordeel in terme vansy/haar eie kultuur. Dit kom neer op „n oorwaardering van die eie kultuur. Slegs dieeie kultuur is goed en het die beste oplossings. Tweedens volg dit dat etnosentriesepersone (en meeste mense het hierdie probleem) negatief reageer op die gebruikevan ander kulture. Hulle maak hul eie gevolgtrekkings en reageer met afkeer,verwerping of meerderwaardigheid. Die teendeel van etnosentrisme word nie breedvoerig behandel nie, maar dieouteurs gee wel „n belangrike leidraad wat ook deur antropoloë onderskryf word.Onder aan bl. 150 sê hulle dat „n mens altyd behoort te vra hoekom mense diebetrokke gebruik of gedragspatroon volg. Kyk weer na die voorbeeld van die„eienaardige mondritueel‟ en identifiseer die hoof denkfout wat die waarnemergemaak het. Wat kan jy aflei van die waarnemer se kultuur? Daar is ook die gevaar in die beoordeling van kulture dat ons hulle kan idealiseer.Met ander woorde ons dink hulle het „n wonderlike kultuur en dat hulle in vergelykingmet ons leefwyse baie beter af is. Een van die bekende voorbeelde wat ons dikwelssien as „n ideale tipe kultuur (vir verskillende redes), is die kultuur van die !Kung watin Botswana en Namibië woon. Hoekom dink jy is ons geneig om hierdie kultuur teidealiseer? Hoekom is dit verkeerd?ANT 124 Studiegids Bl 44
  45. 45. 3.4 Kulturele relativisme Ember & Ember 2000: 151-153 Kulturele relativisme is die standpunt dat die waardes en standaarde vankulture verskil en gerespekteer behoort te word. In „n poging om etnosentrisme teente werk het antropoloë die beginsel van kulturele relativisme geformuleer. Indien „nkultuur byvoorbeeld menslike offerande as „n aanvaarbare praktyk beoefen, het vroeëantropoloë gemeen moet „n mens nie dadelik die gebruik verwerp en veroordeel nie.In die beoordeling van kulture is die idee dat die navorser of beoordelaar eers sal vraonder watter omstandighede die betrokke kultuur mense offer en wat hulle norme isvir die neem van lewens. Die belangrikste is egter om te onthou dat die beginsel van relativisme slegs „nnavorsingsinstrument is. Dit verwag nie van die antropoloog om geen standpunt tehuldig of sogenaamd neutraal te staan nie. „n Posisie van ekstreme relativisme souwees dat „n kultuur wat menslike offerandes lewer, slegs in terme van sy eiestandaarde beoordeel behoort te word. So „n posisie van neutraliteit kan egter nieaanvaar word nie. Waarteen ons moet waak is om aanvanklik, sonder veel kennis oordie kultuur in die algemeen, dadelik te beoordeel. In hierdie fase val die klem opgeduld en toleransie om eers te wag met ongegronde beoordeling. Wanneer „n mensegter meer ingelig is, word antropoloë nie weerhou van beoordeling, verwerping ofverandering nie, maar selfs dan behoort dit nie akkurate beskrywing en verklaring van„n spesifieke kultuur te verhoed nie.3.5 Beskrywing van kultuur Ember & Ember 2000: 153-158Dit is vir studente moeilik om hulself in die rol van navorser in te dink. Enersyds sienhulle dit as „n bepaalde beroep en andersyds dink hulle dat dit iets is wat hulle nieooit nodig sal kry nie. Die teendeel is egter waar naamlik dat ons almal op „n redelikANT 124 Studiegids Bl 45
  46. 46. gereelde basis inligting moet insamel, hetsy in ons persoonlike lewe of in „nwerksopset. Die volgende beginsels is uiters belangrik in antropologiese navorsing,maar het eweneens waarde in die alledaagse lewe. Dit is veral ook belangrik in dieontwikkeling van gesonde interkulturele verhoudings. Die sleutelwoorde/frases saltelkens verskaf word. Dit word van jou verwag om daarop uit te brei.(a) Individuele variasie Beperkte afwykings/uitsonderings in groepsgedrag (verwys na die voorbeeld van sokker) Individuele afwykings of variasies is nie onbeperk nie, maar word deur die kultuur binne aanvaarbare grense beperk. Voorbeelde? Implikasies vir navorsing? Die antropoloog teken alle individuele variasies op en sal mettertyd, nieteenstaande die variasies, wel reëlmatighede raaksien. Laasgenoemde is in werklikheid die kultuur wat vir almal in daardie kultuur aanvaarbaar is. Verduidelik hierdie gegewens met verwysing na die navorsingsproses oor hofmakery en die huwelik.(b) Kulturele beperkinge Kultuur oefen druk uit (beperk) op individue om aan die algemene kultuurstandaarde en opvattinge te konformeer. Die druk van kultuur kom meestal in die vorm van norme wat die gedrag van „n individu voorskryf. Beperkinge is direk of indirek van aard. Gee voorbeelde van elk. Wat is die implikasies van kulturele beperkinge vir navorsing?(c) Ideële versus reële Definieer ideële kultuur. Definieer reële kultuur. Illustreer beide met „n voorbeeld.ANT 124 Studiegids Bl 46
  47. 47.  Implikasie vir navorsing? Indien onderhoude met mense gevoer word, is hulle geneig om die ideële kant van kultuur te gee. Hoe sal jy seker maak dat jy ook die reële kant van kultuur bekom?(d) Ontdekking van kulturele patrone Die vasstelling van kulturele patrone is een van die uiteindelike oogmerke met antropologiese navorsing. Opsigtelike, overte gedrag en gebruike is relatief maklik om op te teken en patrone (reëlmatighede) te bepaal. Gee „n voorbeeld. Indien kultuurgebruike nie so opvallend sigbaar is of bewustelik deur kultuurdraers nagevolg word nie, is dit moeiliker om die patrone te bespeur. Gee „n voorbeeld. Om met groter presiesheid „n sekere kulturele reël te bepaal, maak navorsers gebruik van „n statistiese konsep naamlik die bepaling van die modale respons of die modus. Waarna verwys dit? Pas hierdie gegewens toe op die voorbeeld van liggaamsruimte. Wanneer het „n mens „n ewekansige steekproef nodig? Hoe hou „n steekproef met veralgemenings verband?3.6 Aannames oor kultuur Ember & Ember 2000: 158-163Aannames is stellings wat „n navorser aan die begin van die navorsingsprosesformuleer en wat by implikasie sê hoe die navorser die onderwerp van studieverstaan. Dit beteken onder andere dat navorsers se aannames van projek tot projekkan verskil, omdat hulle nie dieselfde onderwerp bestudeer nie, die ondersoek inverskillende geografiese omgewings plaasvind, en hulle die vak (wo. kultuur)verskillend sien. Met betrekking tot kultuur is daar sekere aannames waaroorantropoloë redelike eenstemmigheid het. Hierdie aannames het oor die tyd heentelkens na vore gekom as bepalend vir ons bestudering van kultuur en daarombespreek Ember & Ember (2000) dit. Die drie aannames is ook nie die enigsteANT 124 Studiegids Bl 47
  48. 48. aannames oor kultuur waaroor eenstemmigheid bestaan nie. Hoekom is dit belangrikdat jy van hierdie aannames kennis neem? Die vernaamste rede is dat die aannamesverdere belangrike insigte in die verskynsel van kultuur aan jou gee wat deur meesteantropoloë gehuldig word.(a) Kultuur is in die algemeen aanpasbaar Een van die basiese redes waarom ons kultuur het, is om ons instaat te stel om te oorleef of aan te pas. Sekere handelinge, gebruike en opvattinge van kultuur speel „n groter rol in aanpassing en sal gevolglik meer sensitief wees vir oorlewing. Die outeurs noem reproduksie as een van hierdie handelinge. By die meeste kulture is die ekonomiese en sosiale lewe van bepalende belang in aanpassing. Daar is ook kultuurgebruike wat neutraal is t.o.v. aanpassing. Die aard van die fisiese omgewing is eweneens van belang in aanpassing omdat dit bepaalde eise aan die kultuur stel. In moderne samelewings (maar selfs in die lewe van bv. die !Kung) bestaan die omgewing ook uit „n sosiale kant. Met ander woorde ander groepe mense vorm „n omgewingsfaktor wat aanpassing beïnvloed. Om aan te pas by die omgewing is steeds onderworpe aan die mens se keuse, omdat die mens per slot van sake ook kultuurskepper is. Dit kan dus gebeur dat mense besluit om nie nuwe kultuur te skep of aanpassings te maak nie.(b) Kultuur is meestal geïntegreerd Kultuurgebruike is nie net „n versameling gebruike en oortuigings wat los staan van mekaar en geen samehang toon nie. Die geïntegreerde aard van kultuur beteken dus dat die religieuse oortuiginge, politieke en regspraktyke, ekonomiese en sosiale handelinge en opvattinge, ens. vervleg is met mekaar. Die implikasie van hierdie vervlegdheid is dat wanneer aanpassing of verandering in een aspek (bv. ekonomiese) van kultuur plaasvind, dit ook „n wesentlike invloed op die ander aspekte van kultuur sal uitoefen. Die hegtheid waarmee „n kultuur geïntegreerd is, verskil van kultuur tot kultuur. In baie moderne kulture is die samehang losser en beleef mense meer wanbalansANT 124 Studiegids Bl 48
  49. 49. en teenstrydighede in hul kultuur as harmoniese geïntegreerdheid. Dié wanbalans tree gewoonlik in met intense kultuurverandering (bv. kontak tussen twee uiteenlopende kulture).(c) Kultuur is altyd veranderlik Jy behoort reeds bewus te wees van hierdie gegewe omdat dit indirek in die grootste deel van hierdie module geïllustreer is. Mense vind dit nodig om voortdurend veranderinge in hul kultuur aan te bring. Die stimulering om te verander kan van buite die kultuur of vanuit die kultuurlede self kom. Die grootste hoeveelheid veranderinge in die laaste ongeveer vyf eeue word teweeg gebring deur faktore buite „n kultuur. Dink maar aan ons blootstelling aan nuwe idees via die media. Die kontak tussen kulture word gesien as van die grootste beïnvloedende faktore om verandering te bewerkstellig. Ongelukkig was/is die kontak selde tussen gelyke kulture. Een sal altyd byvoorbeeld „n hoër tegnologie en ekonomie besit en sodoende direk of indirek veranderinge op die „ondergeskikte‟ kultuur afdwing.ANT 124 Studiegids Bl 49

×