Die verbond seremonie . . .
‘n Verbond is volgens ‘n bepaalde verbondseremonie gesluit. . .Hierdie verbondseremonie, en die betekenis daarvan, was van...
Elke deel van die seremonie het ‘n                                                  bepaalde betekenis wat die            ...
Die ruil van mantels of bokleed . . .                                                          • `n Mantel, of bokleed, wa...
Die afhaal en oorhandiging van gordels                                                                  `n Persoon se wape...
Die sny van die verbond. . .`n Dier(e) wat as verbondsoffer gedien het, was geneem en oor die lengte middeldeur gesny endi...
Meng van bloed . . .                 `n Sny is aan die handpalm of voorarm                 van beide persone gemaak.      ...
Die Skrifte verklaar dat die lewe in die bloed is (Lev. 17:1). . .                                                        ...
Aangesien die lewe in die bloed is, het YHVH beveel dat geen mens              bloed mag drink nie (Lev. 17:10 tot 14).   ...
Maak van ‘n litteteken . . .                                      Die snit aan beide se handpalm of                       ...
Ruil van name. . .Beide partye het die naam, of gedeelte van die naam, van die ander             aangeneem of ingevoeg in ...
Beloftes en voorwaardes . . .Die beloftes van die verbond, asook die voorwaardes is opgestel en voorgelees. . .           ...
Plant van ‘n gedenkboom . . .   `n Boom wat besprinkel was met die bloed van die dier wat middeldeur gesny is,        is g...
Volgens oorlewering was die woord vriend slegs gebruik tussen             mense wat `n verbond met mekaar gesluit het. . ....
‘n Verbond is ewigdurend en kan daarom nie ongeldig verklaar word nie. . .       Al die verbonde wat YHVH met die mens ges...
As Verbondsgod wil YHVH ons die vesekering gee dat Hy in al ons behoeftes           sal voorsien volgens sy liefde, genade...
Upcoming SlideShare
Loading in …5
×

Die verbondseremonie

811 views

Published on

Published in: Spiritual
0 Comments
0 Likes
Statistics
Notes
  • Be the first to comment

  • Be the first to like this

No Downloads
Views
Total views
811
On SlideShare
0
From Embeds
0
Number of Embeds
62
Actions
Shares
0
Downloads
0
Comments
0
Likes
0
Embeds 0
No embeds

No notes for slide

Die verbondseremonie

  1. 1. Die verbond seremonie . . .
  2. 2. ‘n Verbond is volgens ‘n bepaalde verbondseremonie gesluit. . .Hierdie verbondseremonie, en die betekenis daarvan, was vanaf die begin van die Skepping afbekend, want dit was deur YHVH self ingestel en was dus deel van die leefwyse en kultuur . . .
  3. 3. Elke deel van die seremonie het ‘n bepaalde betekenis wat die verskillende aspekte van die verbond uitbeeld . . . Die verbondseremonie staan ook bekend as die sny van ‘n verbond . . . Dit verwys na die dier, of diere, wat in die verbondseremonie middeldeur gesny word, asook na die bloed waarmee die verbond beseël word. . .Die volgende seremoniële handelinge was tipies van die sluit van `n tweesydige bloedverbond soos wat in die dae van die Skrifte plaasgevind het, maar het nie noodwendig volgens onderstaande volgorde plaasgevind nie. . .
  4. 4. Die ruil van mantels of bokleed . . . • `n Mantel, of bokleed, was beskou as die mees kosbare kledingstuk van `n persoon. . . • Dit was `n meerdoelige kledingstuk en was dikwels `n aanduiding van wie hierdie persoon was, sy familie verwantskap en van sy status en aansien in die samewlewing. . . • Die mantel het die persoon verteenwoordig en was eie aan elke persoon. . .Deur mantels te ruil word alles wat die persoon (groep, volk) is, en wat hulle verteenwoordig, simbolies aan die ander oorhandig om dit deelagtig te word . . . Dit was simbolies van die feit dat beide nou op gelyke voet is & in die regte en vooregte van die ander deel. . .
  5. 5. Die afhaal en oorhandiging van gordels `n Persoon se wapens soos ‘n swaard, dolk en pylkoker, was aan sy gordel gedra . . .Deur die oorhandiging van wapens word die onderneming gegee dat elk sy krag en vegsvermoë sal gebruik om die ander te beskerm en te ondersteun tydens oorlog of vyandskap. . .
  6. 6. Die sny van die verbond. . .`n Dier(e) wat as verbondsoffer gedien het, was geneem en oor die lengte middeldeur gesny endie twee helftes teenoor mekaar geplaas. Die twee persone wat die verbond sluit, het dan rug- teen-rug tussen die twee helftes en in die bloed van die dier gestaan. Beide het dan in `n sirkel geloop om aangesig-tot-aangesig te eindig. Die syfer 8 is op die wyse gevorm Dit simboliseer die sterwe aan die eie ek en die begin van `n nuwe lewe saam as verbondsvriende. . . Dit simboliseer ook die feit dat sou een party die verbond verbreek, die ander die reg het om dieselfde met hom te doen as met die verbondsoffer, naamlik om hom dood te maak.
  7. 7. Meng van bloed . . . `n Sny is aan die handpalm of voorarm van beide persone gemaak. Die bloed van beide was dan in `n glas wyn gedrup en gemeng. Elkeen het van hierdie wyn- bloedmengsel gedrink. Die handpalms of voorarms, waar die sny gemaak was, was teen mekaar gedruk sodat die bloed vermeng.
  8. 8. Die Skrifte verklaar dat die lewe in die bloed is (Lev. 17:1). . . Deur die wyn-bloedmengsel te drink en die bloed te meng, word die ontvangs van die lewe van die ander simbolies uitgebeeld. Beide ontvang die lewe van die ander en begin saam `n nuwe lewe. . .Hierdie gedeelte van die seremonie simboliseer die aflegging van die ou mens en van sy aard en die ontvangs, of aanneem, van die aard van die ander. Dit simboliseer eenwording. Op die wyse is hul verhouding as bloedbroers begin. . .
  9. 9. Aangesien die lewe in die bloed is, het YHVH beveel dat geen mens bloed mag drink nie (Lev. 17:10 tot 14). Hierdie gedeelte van die seremonie is by Israel vervang met die drink van wyn en die eet van brood. . . Dit vorm deel van die verbondsmaaltyd. . . Die wyn verteenwoordig die bloed en die brood die liggaam van beide partye. . .Deur daarvan te eet en te drink word elk simbolies deel van die ander, dit simboliseer dus eenwording, naamlik jy in my en ek in jou. . .
  10. 10. Maak van ‘n litteteken . . . Die snit aan beide se handpalm of voorarm was op so `n wyse behandel dat dit `n litteteken moes vorm . . .Die litteken is dan die teken van die verbond, die bewys dat `n verbond gesny en deur bloed beseël is . . .
  11. 11. Ruil van name. . .Beide partye het die naam, of gedeelte van die naam, van die ander aangeneem of ingevoeg in sy eie naam. . . `n Voorbeeld hiervan lees ons in Genesis 17:5 waar YHVH Abram se naam na Abraham verander het en Sarai se naam na Sarah. . . ‘n Gedeelte van YHVH se Naam is dus ingevoeg in die naam van Abram en van Sarai. Na die verbond het YHVH ook bekend gestaan as die Elohiem van Abraham. . .Dit dien as bewys van eenwording en verwantskap aan mekaar. . .
  12. 12. Beloftes en voorwaardes . . .Die beloftes van die verbond, asook die voorwaardes is opgestel en voorgelees. . . Beide partye het die ondernemeing gegee om daarby te hou en daarvolgens te handel. . . Die beloftes is al die regte en voorregte wat beide partye in deel kan hê indien die voorwaardes nagekom word. Indien die voorwaardes of beloftes van die verbond nie nagekom sou word nie, dan sal die seëninge in vloeke verander. . .Deuteronomium 11, en veral in Deuteronomium 28, is `n goeie voorbeeld waar die beloftes en voorwaardes van die ou verbond uiteengesit word. . .
  13. 13. Plant van ‘n gedenkboom . . . `n Boom wat besprinkel was met die bloed van die dier wat middeldeur gesny is, is geplant. Soms was `n stapel klippe gepak as gedenkmonument van die verbond wat gesny is . . .Dit het gedien as bewys enherinnering aan dieverbond. . . Hiermee saam was die littetekens aan die liggame verdere bewys en herinnering van die verbond. . .
  14. 14. Volgens oorlewering was die woord vriend slegs gebruik tussen mense wat `n verbond met mekaar gesluit het. . . `n Vriend was dus jou verbondsvennoot: iemand wat jou nooit in die steek sou laat of op enige wyse kwaad sou aandoen nie. . .Jy kon altyd op jou bloedbroer se ondersteuning en beskerming staatmaak. . . Bondvennote het alles met mekaar gedeel . . .
  15. 15. ‘n Verbond is ewigdurend en kan daarom nie ongeldig verklaar word nie. . . Al die verbonde wat YHVH met die mens gesluit het is steeds geldig.‘n Verbond kan wel bevestig of hernu word deur ‘n bestaande verbond uit te brei. In die opsig kan dit dan wel as ‘n “nuwe” verbond beskou word, dit is meer korrek om van ‘n hernieude verbond te praat . . .
  16. 16. As Verbondsgod wil YHVH ons die vesekering gee dat Hy in al ons behoeftes sal voorsien volgens sy liefde, genade en ontferming komende uit Sy onuitputlike bron van wysheid, rykdom en almag . . .YHVH ons God en Vader het in Jahushua die Messias met ons ‘n ewige verbond gesluit – ‘n verbond van genade. Jahushua die Messias is ons verbondsverteenwoordiger. . . Met dit voor oë het YHVH met die mens verbonde gesluit. Die Almagtige het Homself moreel en wetlik by wyse van verbonde verbind om in al die behoeftes van die mens van gees, siel en liggaam te voorsien.YHVH het dit vrywillig gedoen sodat die verhouding tussen Hom en die mens herstel kan word, maar ook sodat die mens ‘n onwankelbare geloofsvertroue in Hom kan hê as ‘n God van genade. . . Die Almagtige het dit alles terwille van die mens gedoen . . .

×