2 0 0 r o o i r o s e N o v e m b e r 2 0 0 9
{rr} l e e f s t y l
2 0 1
huis met ’n hartklop’n Neutrale kleurpalet, hope ...
2 0 2 r o o i r o s e N o v e m b e r 2 0 0 9
{rr} l e e f s t y l
N o v e m b e r 2 0 0 9 r o o i r o s e 2 0 3
D
ie Mull...
N o v e m b e r 2 0 0 9 r o o i r o s e 2 0 5
{rr} l e e f s t y l
2 0 4 r o o i r o s e N o v e m b e r 2 0 0 9
Bo Die mu...
2 0 6 r o o i r o s e N o v e m b e r 2 0 0 9
{rr} l e e f s t y l
inspirasie
Werk só met ’n neutrale palet
Titina glo die...
Upcoming SlideShare
Loading in …5
×

House Muller, Kanonberg, Western Cape, South Africa, architecture, design

457 views
349 views

Published on

Project (completed 2009) by architects Jolanda Morkel and Hermie Voulgarelis: House Muller, Kanonberg, Western Cape, South Africa.

Published in: Design
0 Comments
0 Likes
Statistics
Notes
  • Be the first to comment

  • Be the first to like this

No Downloads
Views
Total views
457
On SlideShare
0
From Embeds
0
Number of Embeds
3
Actions
Shares
0
Downloads
1
Comments
0
Likes
0
Embeds 0
No embeds

No notes for slide

House Muller, Kanonberg, Western Cape, South Africa, architecture, design

  1. 1. 2 0 0 r o o i r o s e N o v e m b e r 2 0 0 9 {rr} l e e f s t y l 2 0 1 huis met ’n hartklop’n Neutrale kleurpalet, hope sagte en aardse teksture en ’n goeie skeut kreatiewe flair skep karakter in ’n ekovriendelike, Kaapse gesinshuis. Deur Marian van Wyk. Foto’s Johan Wilke Die leefvertrek en kombuis waar almal heerlik saamkuier, is die gesin se gunstelingplek. Hier is ’n mooi uitsig op die Bolandse berge, die nabygeleë dam en hoë bome wat wemel van voëls. Rusbank en koffietafel op bestelling van Furno’s; rococo-strooikussings met blommo- tief (R1 099 elk) Pezula Interiors. Die kombuistafel is van ’n ou houtdeur gemaak. Hanglampe van muurpapier, ontwerp deur titina interi- ors en gemaak deur Decadence Boutique; soortgelyke staankandelare (R1 030) Imagenius.
  2. 2. 2 0 2 r o o i r o s e N o v e m b e r 2 0 0 9 {rr} l e e f s t y l N o v e m b e r 2 0 0 9 r o o i r o s e 2 0 3 D ie Mullers se Kaapse huis is ’n vat-en-streel huis - die lae en lae teksture, veral die herwinde boustellasieplanke teen die gangmuur by die groot houtvoordeur, val jou dadelik op. Maar dan spoel die rustig- heid en die dromerige atmosfeer oor jou. Die vrou van die huis, Titina, is ’n binnever- sierder wat glo elke huis het sy eie hartklop en siel - die dekor gaan oor gevoel, nie net oor hoe dit lyk nie. En of dit ’n kliënt se huis of haar eie blyplek is, passie speel ’n groot rol in haar werk. Iets ouds, iets moderns en bykomstighede wat sorgsaam versamel is, word intuïtief saam gebruik vir ’n stylvolle, romantiese en individualistiese interieur. Haar man, Naas, ’n bourekenaar, het op sy beurt ’n oog gehou oor die projek- en kostebestuur en die huis se eko-aspekte: Hier is sonkrag, -geisers en -verhitting wat in die winter die vloere en in die somer die swembadwater verhit. Moderne skuifhor- tjies hou die huis in die somermaande koel, terwyl hoë vensters die lig laat instroom. “Ek het presies geweet wat ek wil hê én nie wil hê nie, en kon die eindproduk visuali- seer nog voordat ons begin het. Ek was toe al besig met die uitsoek van palette en tek- sture,” vertel Titina . “Ons moes op ’n kol net die streep trek met al die teksture en op vyf besluit wat ons oral herhaal het.” Dié aardse teksture – hout, bakstene, glas en Bo Parmiggiana, gnocchi, ravioli … die Mullers se gunstelinggeregte, met letterwerk deur Rich Art Signs & Designs, op die glasskuifdeur na die kom- buis en leefvertrek. Regs In die gang by die voordeur skep her- winde boustellasieplanke warmte by die koel, wit sementvloere. Die swart-wit foto’s is van Margaux en Simon. Bo Feëliggies is oral in die huis op ’n romantie- se, prettige manier gebruik. Toestelle soos die ketel en broodrooster is slim agter ysglas ver- steek. Middel “A meal without wine is like a day without sunshine,” sê die woorde op die wynrak wat deur Jamie Oliver se Londense restaurant geïnspireer is. Letterwerk deur Rich Art Signs & Designs. Onder Die kombuisrakke is vol mooi goed wat Titina oor die jare en met gesinsvakansies bymekaargemaak het. Die stoof is van Eurogas. staal – word afgewissel met sagter, roman- tieser teksture soos fluweel, linne en kant. “Ek het ’n natuurlike, neutrale palet gekies. Dit skep ’n harmonieuse, rustige atmosfeer en laat jou geanker voel,” sê sy en wys na die muurpapier, die boustellasie- planke en die ongepleisterde baksteenmure. Die leefruimtes het ’n gemaklike oor- gang na buite en die argitektuur komple- menteer die huismense se leefstyl. Van die teksture wat binne gebruik is, word buite herhaal, soos hout en ongepleisterde bak- stene. Die argitekspan, Jolanda Morkel en Hermie Voulgarelis, albei dosente in die argitektuurtegnologie aan die Kaapse Universiteit van Tegnologie, laat al die stuk- kies van dié tekstuurlegkaart in mekaar val. “Ons het materiale met integriteit en na hul aard gebruik; die hout en bakstene is nie kunsmatig ‘mooigemaak’ nie,” sê Jolanda. “Ontwerpbesluite hang af van die gewenste leefervaring. Argitektuur gaan oor mense en hul leefstyl, nie net oor geboue nie.” Die gesinslewe speel ’n groot rol in die Mullers se leefstyl. Hul dogter, Margaux, ’n leerlingaankoper by ’n groot klerewinkel- groep, woon nog by die huis. Haar ouer broer, Simon, is ’n projek-en-ontwikkelings- konsultant met sy eie blyplek, maar Titina se lekker kos lok hom gereeld huis toe. Hoewel Titina sonder ’n sweempie van ’n aksent Afrikaans praat, bruis die Die span Argitekte Jolanda Morkel en Hermie Voulgarelis Binnenshuise versiering titina interiors Projekbestuur Muller Du Plessis Bourekenaars Bouwerk Anton Bartel, Pulse Construction Strukturele ingenieur Andre Ekermans, Ekcon Hoewel die erf ’n steil helling het, wou Titina en Naas op al die vlakke kontak hê met die grond. ’n Konvensionele dubbelverdieping-ontwerp was dus uit. Die argitekspan se oplossing was om die huis op drie vlakke te ontwerp, sodat die erf ten volle benut word. Van dieselfde teksture is binne en buite gebruik om ’n samehorige gevoel te verkry tussen die vertrekke binne en die buitewêreld. Italiaanse bloed sterk deur haar are. Sy was drie jaar oud toe haar ouers na Suid-Afrika geïmmigreer het. Tipies van die Italianers se warm geselligheid, wentel alles om die leef- vertrek en kombuis wat met ’n groot, raam- lose glasvoudeur op die kuierstoep uitloop. “Hierdie hele ruimte is vir my absoluut wónderlik,” sê Titina en gooi haar arms wyd oop na die kombuis se kant toe. “Ek is mal daaroor om ’n groot ete vir die hele familie te kook. Die kombuis se eiland-eenheid het ’n spesiale oorhangplek vir my pastamasjien. “My ma is al tagtig, maar sy dra steeds sulke yslike bakke lasagne aan. Sy bly ’n absolute inspirasie vir ons almal en Margaux en Simon geniet dit nog om by Nonna te gaan kuier … en weg te lê aan haar heerlike, Italiaanse kos. Hulle sê altyd my pasta smaak nie heeltemal soos hul nonna s’n nie … ” vertel sy laggend. En dan op ’n ernstiger noot: “As ek na my ma kyk, besef ek jy is ryk wanneer jou kleinkinders jou bel en vra of hulle vir aan- dete kan oorkom, soos Margaux en Simon gereeld met haar doen. Dít is wat belangrik is in die lewe. Ja, ek hou van mooi goed en mooi dekor, maar dit moet daar wees om geniet te word - en om die huis se hart te laat aanhou klop.” Dié stelling is die laaste stukkie van die legkaart: Die hart van die huis is op die ou end sy mense en hul stories. FotoWernerBoshoff
  3. 3. N o v e m b e r 2 0 0 9 r o o i r o s e 2 0 5 {rr} l e e f s t y l 2 0 4 r o o i r o s e N o v e m b e r 2 0 0 9 Bo Die muur wat die bed in die hoofslaapkamer van die stort skei, is met Earthcote se Wallpaper- produk afgewerk. Skuifhortjies hou die hoofslaapkamer koel in die warm somermaande. Traliewerk (sowat R1 500 per vk. m.) Mila Company, lampskerm van herwinde melkbottels (R1 425) Heath Nash. Regs ’n Skuifdeur skei die hoofslaap- kamer van die badkamer. Traliewerk voor venster (sowat R1 500 per vk. m.) Mila Company; spieël (R1 669) Loads of Living; Paradyne Colombe Stone-bad (R9 164), boogvormige waterspuit (R2 820) en Elisse Slimline-was- bak (R935) alles Flush Bathroom Interiors; olyfolieseep met roos- knoppies (R45) in keramiekbakkie (R49) Rain; soortgelyke lang, wit kershouers is by Loads of Living te kry; wit, blomvormige teekersie- houers (R60 elk) Woolworths. FotografieseassistentSergioKirkwood Links en regs bo Verskillende muurteksture is oral in die huis gebruik. Aan die bopunt van die trap skep herwinde hout ’n mooi fokusmuur. Silwer Tord Boontje- versiering (R1 500) op gloeilamp Imagenius.Titina het die ruimte op die trap se oorgang as ’n biblioteek ingerig. Hanglamp met kant en kristal ontwerp deur titina interiors en gemaak deur Decadence Boutique, Joy-woord (R120) Garden Bleu, foto-afdruk deur Smart Art, stoel (vanaf R670) Chair Crazy (ook te kry by Boardmans), letter- werk op muur DewaalArt. Links “In my slaapkamer is ek omring deur alles waarvoor ek lief is,” sê Margaux oor haar gunstelingver- trek. Die woorde op die muur ver- klap iets van haar positiewe lewensuitkyk. Strooikussings (vanaf R198) Tutta Bella. Die baksteen- muur is met die saksmeertegniek afgewerk en die letterwerk is deur DewaalArt.
  4. 4. 2 0 6 r o o i r o s e N o v e m b e r 2 0 0 9 {rr} l e e f s t y l inspirasie Werk só met ’n neutrale palet Titina glo die geheim van ’n neutrale palet is om dit interessant te maak. l Dit is die lae en lae tekstuur van ’n neutrale palet wat jou aandag trek en warmte skep, ongeag wat jou styl is. l Gebruik kontrasterende teksture soos glas, herwinde hout, onge- pleisterde mure. Herhaal dit buite as jy kan. l Kombineer dié harde teksture met sagtes soos linne, fluweel en kant - en herhaal dit in die meeste vertrekke. l Met soveel teksture het jy nie baie kleur nodig nie; net ’n spatsel hier en daar. Tiger Eye-goiingmat (R1 995) Weylandts. Rottangstoel (R1 995) Weylandts. Clarissa-kandelaar (R8 595) Weylandts. Links: Stoel (vanaf R670) Chair Crazy (ook by Boardmans), letterwerk op muur DewaalArt. Traliewerk van Supa- wood met CNC-snywerk (sowat R1 500 per vk.m.) Mila Company. Silwer versiering om gloeilamp (R1 500) Tord Boontje by Imagenius. Paradyne Colombe Stone-bad (R9 164), water- spuit (R2 820) Flush Bathroom Interiors; olyf- olieseep (R45) in keramiekbakkie (R49) Rain; wit teekersiehouers (R60 elk) Woolworths. Kanttafel (R2 990) JVB Furniture Collection. Lampskerm met kantdetail (R1 500) @home. Slaaibak (R99) @home. Heel links: Lamp- skerm van her- winde melkbottels (R1 425) Heath Nash. N o v e m b e r 2 0 0 9 r o o i r o s e 2 0 7

×